Plaasmoord-slagoffers se name bekend gemaak

Argieffoto: Kent Williamson

Die name van ʼn bejaarde egpaar wat Dinsdag dood aangetref is op hul plaas in die Vanstadensrus-omgewing, tussen Zastron en Wepener in die Vrystaat, is bekend gemaak.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê dié organisasie betuig sy meegevoel met die naasbestaandes van Gabriel Daniel Bruwer (78) en Marian Rabie (Coetzee) Bruwer (67). Die organisasie se slagofferondersteuningseenheid wat die naasbestaandes bystaan, sal berading bied aan die familie en AfriForum sal ook reël dat die misdaadtoneel skoongemaak word.

Maroela Media het vroeër berig sers. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het bevestig die egpaar se huiswerker het vanoggend op die egpaar afgekom en dadelik die polisie ontbied. “Die egpaar is albei met ʼn kopwond in hul slaapkamer aangetref. Hulle was albei in hul stoele vasgebind,” het Ntsika gesê.

Ntsika het gesê daar was geen teken van gedwonge toegang aan die buitekant van die huis nie, maar dat ʼn veiligheidsdeur aan die binnekant van die huis na bewering oopgedwing is.

Die egpaar se voertuig, ʼn silwer Chevrolet Spark met die registrasienommer FWZ 736 FS, is gesteel sowel as vuurwapens en die egpaar se selfone. Die voertuig is nog nie gevind nie.

Die polisie ondersoek ʼn plaasaanval en twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is ook nog nie duidelik hoeveel aanvallers by die moorde betrokke was nie.

Altesaam 34 mense, dié egpaar ingesluit, is vanjaar reeds op plase landswyd vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Han ·

En so word boere die een na die ander vermoor en ons geagte regering sê nie ‘n woord nie! Maar, soos ons minister van landbou gesê het: geen kos word van die wit boere verkry nie, ons kry dit by die supermarkte. He-he-he!

Hanna Hoekom ·

Geen, maar geen kommentaar vanuit die hoogste geledere nie… Cele en CR, moet ons dus aanneem dat die regering hierdie barbaarse optrede goedkeur? Of selfs daar agter sit? Ek begin dit glo. Is dit hoe julle Boere van hul grond gaan afkry? Bewys my verkeerd.

PJC ·

Ek dink iemand moet dringend die inisiatief neem en iets op die been bring wat dringend alle plase en kleinhoewes kan besoek en kyk hoe mense hulself kan beveilig. Baie duidelik is mense nie veilig nie en weet hulle ook nie hoe om hulself te beveilig met dit wat hulle tot hul beskikking het nie. Baie van hulle besef nie eers hoe weerloos hulle is en hoe groot die gevaar is nie. Iemand moet drngend iets doen hieromtrent. Iewers moet daar een of ander organisasie wees wat die wil, mannekrag en middele het om iets te doen.

Cj ·

Weer en weer en weer… Elke dag neem die frekwensie van hierdie wreedhede toe! Mag God ingryp en Hom oor ons mense op hulle plase onferm en hulle beskerm en bewaar teen hierdie hartelose wreedaards! My ontsteltenis hieroor is grensloos! My innige simpatie met ons mense wat geliefdes oor die afgelope week deur hierdie wreedhede aan die dood moes afstaan. Mag God hulle vertroos en versterk. My hart en gebede gaan uit na hierdie naasbestaandes!

D V ·

Geen mens kan 100% paraat weet nie. In die weermag gesien en ondervind as gewaar af neem meen pataarheid af.
Net ons Hemelse Vader van nooit sluimer of slaap nie kan ons 100% beskerm en pataat maak. Ons moet natuurlik ons kant bring.

Chilli ·

Geen boer geen kos maar die moordenaars is seker te ongeletterd om dit te verstaan so gee dan weer vry opleiding wat ook weer deur belasting betalers verskaf word ons bly in n gemors land

ES ·

En ons liewe president beweer dat plaasanvalle nie op sy agenda is nie en dat hy eerder fokus daarop om die land se ekonomie te verbeter… Om vir mense grond te gee om armoede te verlig is soos om vir iemand ‘n kookboek te gee om hongerte te verlig… mentaliteit kewssies. Dit is waarmee ons sit.

Sus ·

PJC ek is bewus van so ‘n privaat organisasie wat poog om opgeleide veiligheidswagte op plase te ontplooi maar hulle sukkel om voldoende fondse te bekom. Atlas7 is hulle naam. Hoekom is ons mense traag om by te dra?

Bekommerde Landsburger ·

Ek voel die beklemming in my hart! Wat is eintlik aan die gang met die moorde op ons plaasmense? Eerbare hardwerkende mense word net uitgewis! Hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.