Plaasmoord: Verdagtes wil borg vra

plaasmoordeDrie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Vrystaatse boer en sy vrou vermoor het sal na verwagting die week om borgtog aansoek doen.

“Hulle sal Woensdag in die Dewetsdorp-landdroshof om borg aansoek doen,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Ismael Mafosi, Teboho Khoantle en Johannes Pitseng het glo op 6 Mei vir Andrew Monokara en sy vrou Loryn op hul plaas Graigmont aangeval.

Die drie verdagtes het die egpaar glo met draad vasgebind en geskiet. Andrew is op die toneel dood. Loryn is ook verkrag en is ‘n paar dae later oorlede. Die verdagtes het met ‘n televisie en ‘n vuurwapen in die egpaar se bakkie gevlug. Die verdagtes is op 19 Mei in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes het op 21 Mei die eerste keer in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, roof en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Ramaloko sê ondersoekers wag op die uitslae van DNS-toetse om die verdagtes aan die verkragtingsaak te verbind.

Volgens die burgerregte-organisasie AfriForum is die Monokaras die eerste swart boere-egpaar wat in ’n plaasaanval in dié provinsie vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Aansoek vir borgtog. Wat ‘n helse grap. Laat ons sien…………….

Chalkie ·

Sonder om ongevoelig te wees, hoeveel swart boere is al vermoor oor die afgelope 20 jaar?

Justi ·

Plaasmoord bly plaasmoord. Mag die vuilgoed wat sulke dade pleeg nooit weer die sonlig aanskou nie.
Die swak verskonings wat hul opper in die hof. Moet nie eers na geluister word nie.
Niks regverdig moord nie. Niks regverdig die wreedheid van hul dade nie.

Belinda ·

Jis kan die mense nie besef boere sit kos op ons tafels nie, en hulle word altyd maar altyd gevang………………..en mens weet ook 80% van die gevalle is dit altyd werkers wat betrokke is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.