AfriForum het Woensdag ʼn dringende afspraak met Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, versoek om moontlike oplossings vir die plaasmoordkrisis te bespreek.
Dit volg nadat daar in die afgelope twee weke ten minste sewe plaasaanvalle was, wat een moord insluit. Dít, ondanks ’n onlangse bewering deur Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, dat die stryd teen plaasmoorde gewen word.
ʼn Afspraak is ook met Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, aangevra.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat plaasmoorde nie slegs landelike gemeenskappe raak nie, maar die hele Suid-Afrika. “Ten spyte van verskeie wekroepe, blyk dit steeds dat die regering ’n traak-my-nieagtige houding teenoor die lewens van boere het,” het Roets gesê.
Plaasaanvalle vir 2015 staan reeds op 38, waartydens 12 moorde gepleeg is.
Wat van die boere betaal nie meer belsting nie, totdat daar weer n struktuur, soos die komandos weer ingestel word?
Die regering sal niks daaraan doen nie,want hulle gee die opdrag om die boere van die plase te verdryf.
Wat van die hele WIT Suid Afrika betaal nie meer belasting nie totdat ons DIT kry waarvoor burgers gewoonlik belasting betaal. SA is die enigste plek in die wereld waar die 90% wat die belasting betaal nie vir die regerende party stem nie. Hoe kan n mens vir misdadigers stem?
Ek wil ook ‘n kruisie daar gaan sit vir my oupa.
Die ANC sal hulle nie aan AfriForum of die boeregemeenskap steur nie. Dis dan een van die ANCse opdragte aan hulle ondersteuners: KILL THE BOER, KILL THE FARMER!! Dalk moet AfriForum die ANC voor die Hof sleep en HULLE dagvaar vir die plaasaanvalle.