Plaasmoorde-boek wys hoekom dit ‘unieke’ misdaad is

kill-the-boer-james-kemp

James Kemp, hoofredakteur van Pretoria FM se Klankkoerant, sê die boek is ʼn aanklag teen die regering. Foto: Reint Dykema.

“Soms voel dit dat om ʼn plaasmoord te oorleef is erger as om vermoor te word want jy moet elke dag daarmee saamleef.”

Dit is die woorde van Mariandra Heunis wat saam met haar drie dogtertjies ʼn plaasaanval op hulle kleinhoewe in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, oorleef het. Sy was hoog swanger tydens die aanval. Haar man, Johann, is egter voor hul oë doodgeskiet. Die egpaar se seuntjie is vyf dae ná Johann se begrafnis gebore.

Heunis se verhaal is saam met talle ander oorlewendes se verhale in Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, se boek Kill the Boer opgeteken.

Die boek dokumenteer nie net die gewelddadige en ontstellende aanvalle nie, maar verduidelik in drie dele waarom plaasmoorde ʼn unieke soort misdaad is; die kulturele en politieke landskap waarin plaasaanvalle plaasvind; en hoe om die vlaag aanvalle te stuit en ook oplossings daarvoor te vind.

Die boek is amptelik Saterdag by die Rademeyers-restaurant in die ooste van Pretoria bekendgestel nadat dit ook vroeër verlede week aan die media bekendgestel is.

James Kemp, hoofredakteur van Pretoria FM se Klankkoerant, sê die boek is ʼn aanklag teen die regering.

“My eerste gedagte oor die boek is dat dit beslis nie leesstof vir sensitiewe lesers is nie, maar ek sal nie enige iemand afraai om hierdie boek te lees nie. Ons is reeds so gedesensitiseer oor plaasmoorde en daar is tekort aan trane en verontwaardiging oor die misdaad.”

Hy reken die brutaliteit van plaasaanvalle is beslis iets om van kennis te neem, veral omdat dié soort aanvalle en moorde so gereeld plaasvind.

“Ons moet onsself bemagtig met kennis en die kennis gebruik om druk op die regering te plaas om dit te erken vir die ernstige misdaad wat dit is.”

kill-the-boer-hulde

Daar is tydens die bekendstelling van ‘Kill the Boer’ ook hulde gebring aan die minstens 34 mense wat in plaasaanvalle gesterf het sedert Januarie vanjaar. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Gaste wat die geleentheid bygewoon het, het ook hulde gebring aan die minstens 34 mense wat in plaasaanvalle gesterf het sedert Januarie tot Junie vanjaar.

Roets en Kemp het tydens hul bespreking van die boek gevra dat mense die boek moet aanskaf en oor die onderwerp praat.

“Daar is niks verkeerd om oor die feite te debatteer nie, maar lees asseblief net eers die boek voordat jy tot die debat toetree,” het Roets gesê nadat hy ook uitgevra is oor die debat wat die boek sedert Donderdag op sosialemediaplatforms soos Twitter ontketen het.

Volgens Roets het die skryf en navorsing van die boek hom drie jaar geneem en bevat dit sowat ʼn duisend feitelike verwysings en vertellinge van eerstehandse ervarings van slagoffers van plaasaanvalle.

Die skokkende vertellings en navorsing vorm deel van Roets se dwingende argument dat plaasaanvalle ʼn unieke misdaad is wat eintlik voorkeur en ʼn spesiale teenstrategie behoort te geniet.

Die regering se versuim om plaasaanvalle as ʼn prioriteitsmisdaad te identifiseer is deel van die aandadigheid tot die krisis meen Roets. “As daar net een ding is wat ʼn regering behoort te doen, dan is dit om die land se burgers te beskerm en as hul belastinggeld vir een ding moet gebruik, is dit om burgers te beveilig.”

Roets argumenteer verder in sy boek dat die plaaslike regering bydra tot die krisis deur negatiewe stereotipering van veral wit boere, romantisering van geweld tenoor boere, propaganda van haat vanaf politieke platforms te versprei en veragting en bespotting van slagoffers van hierdie aanvalle toe te laat.

Hy sê dit is ook onrusbarend dat geen pogings nog aangewend is om die herhalende aantygings van politici se betrokkenheid by plaasaanvalle te ondersoek nie.

Dié boek staan ook ʼn hoofstuk af aan hoekom Suid-Afrika nie plaasaanvalle en -moorde kan bekostig nie.

Volgens Roets het die misdaad ʼn direkte impak op die ekonomie.

“Die landboubedryf verskaf tans werk aan sowat 800 000 mense en die regering wil hê die sektor moet nog ʼn miljoen werkgeleenthede skep – dít, terwyl die werkskeppers van hierdie geleenthede geteiken word.”

Alhoewel dit moeilik gekwantifiseer kan word, reken hy die ekonomie verloor elke keer sowat R2 miljoen as ʼn boer vermoor word.

kill-the-boer-adam-tas

Die sanger Adam Tas het ‘n spesiale lied vir slagoffers van plaasmoord en -aanvalle gesing. Foto: Reint Dykema.

Nog ʼn hoofstuk in die boek handel oor die mite van ʼn sogenaamde volksmoord. Roets het tydens die media- en openbare bekendstelling van sy boek benadruk dat hierdie boek nie argumente maak vir ʼn volksmoord of enige sinistere plan vir etniese suiwering nie.

“Daar is egter kommerwekkende gevaarligte wat flikker oor plaasaanvalle en my navorsing het getoon dié misdaad het definitief ooreenkomste met etniese aanvalle.

“Wat egter vir my meer ontstellend is, is dat daar boere is wat elke dag in vrees lewe en werklik glo hul lewens word bedreig. As hulle hul vrese deel, word daar vir hulle gelag en gesê hulle is dom.”

Roets het ook navorsing gaan doen en gevind dat soveel as 6% van die slagoffers van plaasaanvalle swart mense is, hetsy boere of plaaswerkers.

“Onthou, plaaswerkers word erg getraumatiseer as hulle op die slagoffers afkom en word ook dikwels aangeval as hulle probeer om boere te beskerm of te help. Dit is ʼn belangrike deel van die debat wat ook aandag moet kry.”

Die boek het ook egter ʼn boodskap van hoop, sê Roets. Hy staan baie tyd in die boek af om te verduidelik wat gedoen kan word om die vlaag van aanvalle te bekamp.

“Ons het gesien daar waar gemeenskappe betrokke raak by hul eie veiligheid en veiligheidsnetwerke skep, gaan dinge definitief baie beter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Patriot ·

Ek sal graag die boek wil lees. Ons ou volkie bly maar deurloop. Vat maar die van Rensburg moorde as voorbeeld tydens Die Groot Trek, Piet Retief en sy mense. Toe kom die engelse se konsentrasiekampe. 26000 vrouens en kinders. Hoeveel duisend plaasmoorde is dit nou al? Boervolk… Dis tyd om op te staan !!!

Ella ·

@Patriot dit was presies my gedagte n paar dae gelede: ons voorsate het uit
EUROPA gevlug weens vervolging. Hier het hulle hard gewerk om n lewe te skep want die meeste van ons is nie bang vir werk en is pligsgettou en toe begin n “vervolging” deur die Engelse en nou hierdie nuwe “vervolging” wat ons moed breek. Dis oms mense wat vermoor word.
Met genade van Bo en deursettingsvermoe het ons dit nog alryd “gemaak”. Nou weet ek nie so mooi nie.
Mag die Vader Hom oor ons ontferm.

Basjan ·

Versprei die boek so wyd as moontlik. Mense, insluitend die buiteland, moet kennis dra van wat in ons samelewing aangaan.

Volksmoord ·

Daar sal seker nou weer een of ander oningeligte akademikus kom wat die bewyse in die boek aanval, soos nie te lank gelede nie … Ek hoop hierdie boek en volgehoue aksies om plaasmoorde onder die wereld se aandag te bring, word internasionaal versprei. Die outeur/ Afriforum moet asb kopieë stuur an elke internasionale leier wat iets beteken

Emmy Holliday ·

Kan die boere nie ‘n klasaksie teen die regering indien by die Internasionale hof nie? Kla hulle aan vir moord!!

Ella ·

@ Emmy vra ek ook.
Ek dink ons moet nie wag vir die boere. Hoekom doen die burgers van SA dit nie? Wie gaan ons help om dit te doen? Afriform. Solidariteit of ons wat ook bang en bedreig voel.
Ek sien gisteraand op die nuus in Parys Frankryk is die straat by die Triomfboog gesluit, n skerm is opgesit, stoele uitgepak en nou fliek hulle onder die sterrehemel. Wanneer gaan ons weer sulke dinge doen

Rassie ·

So volgens die boek is volksmoord ‘n mite en is daar net ‘n dreigende etniese suiwering? Interessant.

DC ·

Benut die boekinhoud om immigrasie v 3de wereld burgers vir gasheerlande uit te wys. Met deurdagte bestuur en bemarking kan die boek wereldwyd opslae maak.

Sarie ·

Wonder hoekom die boek nie in algemene boekhandelaars beskikbaar is nie

Jerry ·

Suid Afrikaners staan nie onverskillig teenoor plaasaanvalle en die slagoffers daarvan nie. Inteendeel is die meerderheid Suid Afrikaners getraumatiseerd oor die grusaamheid van die moorde wat dui op haat en wraak en op die aandadigheid van verskeie rolspelers, waaronder die regering vir die ontbinding van die kommandos en die forum vir swak plaasbeveiliging. Die vraag oor hoekom Suid Afrikaners op sosiale media so negatief oor die boek reageer is omrede die skrywer deel is van n burgerregte organisasie wat van die begin af n skoorsoekende en ondermynende benadering gevolg het en wat plaasmoorde verpolitiseer het en inisiatiewe geloods het wat ander groepe uitgesluit het. Deur slegs die belange van wit te beskerm het die forum wit teen swart opgesweep en het die forum witbelange n groter teiken gemaak. Die forum het weliswaar intussentyd n paar aanpassings gemaak wat dit laat lyk of hulle nou meer uitreik en ook na die belange van ander minderheidsgroepe kyk. Dit is egter te min en te laat. Die eerste indrukke wat geskep was, is ongelukkig blywend en Suid Afrikaners sal nie hulle opinies oor die forum verander nie. Die forum word beskou as n regse rassistiese burgerregte groep wat net soos die EFF wigte indryf tussen wit en wit en wit en swart en konflik nastreef. Enige inisiatiewe waarby die forum betrokke raak word met wantroue bejeen deur Suid Afrikaners omrede daar iewers n verskuilde rasmotief skuil. Die Afrikaner benodig leiers met hoe emosionele intelligensie vlakke wat afwesig blyk te wees by die forum.

Lana ·

Ou Jerry, praat maar vir jouself. Ek ken ‘n klomp mense wat van jou verskil.

RM ·

Die ANC het ons gelok met ‘n ree”nboog nasie en gee ons nou pak todat ons patriotisme breek.

Cornelia ·

Jerry, jy onderskat die Afrikaner se intelligensie. Sy leiers is lank tevore voorsien. Hulle is wakker en opgewasse vir die Nuwe Suid Afrika se realiteite. Hulle dra die belange van alle mense op die hart van onvervalste Christenskap en stry hard met elke wapen tot hul beskikking om die regerende party tot verantwoording te roep. Die ANC en sy meelopers, verduister hul eie geloofwaardigheid. Jou herhalende en neerhalende pogings om Afrikaner leierskap af te trap, bring jou tot daar waar jyself skuldig word aan die lyding wat mense onder jou “voete soen strategie” en jou gedwepe eengesprek, moet verduur. Die wa kraak waarop jy sit en byt.

c ·

Ek hoop die boek is ook in Engels bekombaar dan kan ons dit aan die buiteland stuur sodat hulle dit kan lees wat in ons land aangaan en hoe wreed ons mense vermoor word en dit om op die einde net te vlug met ‘n selfoon! Dink dis tyd dat ons moet terug gaan na landlyne toe want dit lyk of ons mense net vermoor word vir selfone!!!!

Joshua ·

Hierdie boek moet vertaal word in al die amptelikke tale in SA en onder alle bevolkingsgroepe versprei word en deel maak van ons skole se geskiedenis onderrig asook gestuur word vir mnr Dunn in Australie wat ons boere help met immigrasie asoook vir Ramaphosa en alle Westerse lande se regerings.

karen ·

Ek het die film Treurgrond gesien ‘n paar jaar gelede. Al is dit ‘n film, is ek seker dat daar elemente van werklike voorvalle beskryf word. Die film het my laat regop sit.

Gerda ·

Wanneer ek Ps80 81 lees dan sien ek ons volk hier in SA. “n wingerdstok” wat hier geplant is in SA eeue gelede. Ons voorvaders se “wortels het gegroei en die land ingeneem” Maar ons mure is afgebreek. “verbygangers stroop, …wildevarke verwoes, …gediertes uit die veld vreet” ons op.
God se daar mag vir ons GEEN ander God wees nie en dat wat ons nodig het Hy in oorvloed sal gee. Maar ons het soveel afgode ons besef dit nie eens nie.
Ons volk wil “….niks met My te doen he nie…”
God self bevestig “hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die kniee bring en hulle teestanders met my eie hand verslaan nie.”
Ons staan nie meer op teen dit wat verkeerd is nie. Ons praat nie meer oor God en Sy wonderdade – iets so “eenvoudig” soos opstaan soggens sonder voorval of skade deur die nag. Dis mos n sonde om oor God by jou werk te praat; n no-no om van God te praat by ‘n kuier of in geselskap. Dis nie meer n skande om God se Naam te misbruik.
Ek weet dat God sien wat gebeur. Ek glo dat sodra ons werklik terugkeer tot die ware Allerheiligste God Hy ons sal red van hierdie moordenaars. My hart breek vir die verskriklike verliese wat gesinne en families deurgaan. Maar ek sal aanhou bid vir my mense en hul geliefdes in hierdie land.
Sterkte aan al ons boere daar buite xXx

RM ·

Hier maak ek ‘n belofte om 50 boeke te koop. Ek gaan 50 boeke na elke Governor in Amerika met gerigestsreede pos stuur met die hoop dat die regte mens dit sal lees.
My familie lede wat blind rondloop kry ook ‘n boekie. ‘n Mens kan nie stil sit terwyl onskuldige, lieflike mense geskend word deur gruwelike misdaad nie.

RM ·

1 Boek vir elke staat in Amerika. As jy gerigestreede pos na ‘n staat se kantoor toe stuur moet ‘n werknemer dit oop maak en verklaring daaroor gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.