Plaasmoorde: Die trauma en verreikende gevolge van geweld

berading-01

Foto: Joe Houghton/Flickr.com

Agter elke syfer in die statistiek oor plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika is daar ʼn naam, ʼn gesin, ʼn familie en ʼn hele gemeenskap wat deur die misdaad geraak word. As hulle daarin slaag om die aanval te oorleef, is hul lewens dikwels onherroeplik verander en neem dit jare om die trauma van die aanval te verwerk.

Volgens Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoek- en trauma-eenheid, is hul beraders deesdae dikwels die eerste mense wat die polisie uitroep om slagoffers van plaasaanvalle by te staan. Beraders van die eenheid help die polisie om met die nodige deernis ʼn volledige verslag oor die aanval van die slagoffers te kry. Hulle hanteer ook die naasbestaandes op die toneel en staan slagoffers van plaasaanvalle tot in die hof by.

“Ek dink mense onderskat die trauma van ʼn plaasaanval. Hierdie mense kan dikwels eers die glasskerwe van hulle lewens begin optel nadat die hofsaak afgehandel is. Soms wens ek ʼn mens kon die familie en gemeenskap by die syfers oor plaasmoord inreken, want die invloed wat die brutale misdaad op hulle ook het, word nêrens verreken nie,” het Kelder gesê.

Kelder meen plaasaanvalle word al hoe gewelddadiger. “Die martelings raak meer en min of bykans niks word gesteel nie.” Hy sê die toneel by die Balfour-plaasaanval in Mpumalanga was een van die grusaamste wat hy nog op ʼn misdaadtoneel beleef het.

Hy reken ʼn mens kom nie oor iets soos ʼn plaasaanval nie: “Jy leer net om daarmee saam te leef, om aan te pas. Ek dink jy besef later as jy nie self aangaan nie, gaan jy nie oorleef nie.”

Slagoffers wil aan die begin vir die samelewing wegkruip. “Die mans voel magteloos, moedeloos en hulpeloos. Hulle sê vir my hulle moes hul gesinne teen die aanvalle beskerm het, maar moes toekyk hoe word die mense wat hulle liefhet gemartel, hoe word hul vroue verkrag of ʼn pistool teen hul kinders se koppe gedruk.

“Hulle sê vir my: ‘Nantes almal kyk vir my en hulle weet wat met my gebeur het. Ek wil nie uit my huis uitkom nie, ek wil nie meer dorp toe gaan nie.’ Ek en jy weet dit is nie die werklikheid nie, almal weet nie wat met hulle gebeur het nie, maar hulle voel asof ʼn bord om hul nekke gehang is wat uitbasuin ‘ek was in ʼn plaasaanval’ of ‘ek is verkrag’.”

Kelder begin dan met die slagoffers werk, want hulle mag nie langer wegkruip nie – hulle kan dit nie bekostig nie, want hulle moet oorleef, anders kan hulle in depressie verval. “Ek nooi ʼn boer byvoorbeeld om saam met my na ʼn boerevereniging te gaan of by ʼn restaurant te eet. Ek trek die slagoffers stukkie vir stukkie uit hul dop sodat hulle weer kan leer om die lewe in die oë te kyk.”

Statistiek SA het verlede week sy jongste Slagoffers van Misdaad-verslag bekendgestel. Luidens die verslag is ʼn derde van huishoudings in Suid-Afrika te bang om alleen in openbare plekke of parke te loop, omdat hulle bang is hulle sal aangeval word. Verder is ʼn vyfde van huishoudings te bang om hul kinders alleen buite te laat speel in die omgewing waar hulle woon, omdat hulle misdaad vrees. “Misdaad het ʼn direkte negatiewe impak op ons kinders se vermoë om te lag, speel, leer en ontwikkel.”

Kelder stem heelhartig saam met die stellings in die verslag. “Plaasaanvalle laat die slagoffer uit die samelewing onttrek. Ek moes al ʼn halfuur lank aan ʼn slagoffer verduidelik die man wat saam met my by haar huis opgedaag het, is ʼn polisieman wat ek vertrou.”

Volgens hom is een van die grootste uitdagings om slagoffers van plaasaanvalle te oortuig dat hulle wel trauma-ontlonting en berading nodig het. “Ons mense het in ʼn era grootgeword waarin mens nie vir sielkundige hulp vra nie en boonop is dit ʼn lang proses. Dit is nie ʼn geval van gisteraand was die aanval en vandag doen ons gou die berading en ontlonting en dan kan jy die boeke toemaak daaroor nie.”

Kelder pleit ook by die families en geliefdes van slagoffers om versigtig te wees wat hulle vir die mense sê. “Jy kan nie net vir ʼn persoon sê dit is nou tyd om oor die aanval te kom nie. Moet ook nie net vir hulle sê dit gaan oukei wees nie. ʼn Ma van twee klein kindertjies, wat sopas haar man en pa verloor het, kan beslis nie op daardie stadium insien hoe alles weer reg gaan wees nie.

“Jy moet ʼn pad met hierdie mense stap en jou woorde mooi kies. Die belangrikste is om ondersteunend te wees. As hulle ʼn honderd keer vir jou wil vertel wat met hulle gebeur het, moet jy eenvoudig luister. Dit is deel van die beradingsproses. En soms as hulle klaar vertel het, sê hulle sommer ook vir jou dankie dat jy geluister het, want nou voel hulle sommer klaar ʼn bietjie ligter.”

Kelders wil hê slagoffers van plaasaanvalle moet weet hulle hoef nie alleen deur die trauma van so ʼn aanval te werk nie. “Daar is mense wat hulle kan help. Hoewel dit jy is wat daardie paadjie na herstel moet stap, hoef jy dit beslis nie alleen te doen nie.”

  • Lesers wat AfriForum se ondersoek- en trauma-eenheid wil kontak, kan 086 10 200 30 bel en vra om na die eenheid deurgeskakel te word of besoek afriforum911.co.za vir meer inligting.
  • Hierdie artikel is deel van ʼn reeks oor plaasmoorde wat dié week op Maroela Media gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

20 Kommentare

Asjas ·

Gaan lewer kommentaar op die Daily Mail berig asseblief mense? Ons MOET die buiteland se aandag probeer trek. Gaan vertel dit soos dit is. Noem statistieke, gee links na berigte. Wat het ons om te verloor op hierdie stadium? Dit wat is SA gebeur is strafbaar in ander lande en groot koppe het al gerol oor volksmoorde in ander lande.

Vic ·

Niks om te verloor nie maar doen dit sonder om rassisties te wees

Cherokee ·

Vergeet dit Vic. Daar’s nie ‘n manier nie. Nie as jy realisties kommentaar wil lewer nie.

anon ·

ek het by die Daily Mail die berigte oor hierdie moord aangegee by [email protected] omdat dit britse burgers is. Dalk het ander mense ook. Elke liewe oorsese aanlyn koerant soek tips. Stuur berigte vir hulle – maak dit ‘n daaglikse taak

Gemmertjie ·

Dit veroorsaak dat mens met Haat in jou Hart teenoor almal van hulle loop.Jy skeer almal onder dieselde kam deur.

cor ·

Gemmertjie ek en sekerlik die meeste blanke suid afrikaners stem 100% saam met jou. Dit is ook een van die redes hoekom die regering van die dag wil ontrek aan die internasionale straf hof sodat hulle nie verantwoordelik gehou kan word vir die dade nie.

Judy-Anne ·

Die Here sien wat die goed doen Hy slaap nie, ek hoop elkeen wat ooit so iets doen aan iemand brand in die Hel vir ewig!!!!

Melanie ·

Dit is so onnodig die brutaliteit van die moorde op ons mense,elke boer en blanke(asok ander rasse) betaal belasting aan die regering en hulle kan nie eens ons burgers se veiligheid waarborg nie.My vraag is hoeveel meer blankes gaan sterf voordat daar op getree gaan word,kan die regering nie hof toe gevat word of SA burgers weier om belasting tebetaal aangesien ons onveilig voel in ons eie land?

Cherokee ·

Melanie, hou tog op met daardie ‘nie belasting-storie’ tensy jy voorskrifte kan byvoeg om aan werknemers te verduidelik hoe hulle belastingaftrekkings op hul betaalstate gaan stopsit.

Janneman ·

Cherokee, sy praat natuurlik van mense wat voorlopige belasting betaal – waar die meeste belasting vandaan kom.

Hendrik ·

gemmertjie en cor. ek stem met jou volmondig saam. ek was gister en vandag by 2 staatinstellings. ai ek kan die belaglikheid nie oorvertel nie. die houding van die mense. “ek is in beheer” jy sal maak soos ek sê. nee ek raak sommer weer……………..
bv. ek vra onder andere, gee net vir my n bewys, al is dit op toiletpapier met jul stempel dat ek wel by julle was. nee dit kan nie gedoen word nie. kan jy glo. eindelik het ek dit gekry, sê nie hoe nie.

Hendrik ·

gemmertjie en cor ek kan nie met julle verskil nie. ek was gister en vandag onderskeidelik by 2 staatsdepartemente. die belaglikheid kan ek nie oorvertel nie. bv. ek vra vir n bewys, enige iets wat net as bewys kan dien dat ek wel daar was. dit kan nie gedoen word nie. aan die einde het ek dit gekry maar sê nie hoe nie.

Alida ·

Moorde en aanvalle is baie erg. Enige aanval deur hierdie mense hoe klein ookal bly traumaties en mens vergeet dit nooit. Glo my.

Cherokee ·

Die feit dat die regering geen word daaroor sprak bewys hul eendersheid.

Peet J ·

Berading is ‘n sielkundige terapie om die naasbestaandes van ‘n slagoffer te beïnvloed om nie wraakgedagtes teenoor ‘n aanvaller te koester nie want dit is ‘n belangrike uitgangspunt van demokrasie nl. alle indiwidue word op ‘n gelyke voet gerespekteer.
Die instansies wat belang het om die kriminele dade te bekamp behoort sonder versuim met die ANC regering in verbinding te tree dat die herverdeling van landbougrond ‘n prioriteit gemaak word sodat dit voor die einde van 2017 kan realiseer. Om plaasmoorde d.m.v. samewerking van die publiek, sekuriteit, polisie e.d.m.te probeer bekamp is alleenlik ‘n langtermyn proses wat nie ‘n daadwerklike oplossing bied nie.

trudie ·

Ai ek kry almal so jammer. Ek het probeer op die Daily Mail.maar sukkel want my wagwoord wil nie werk nie. Kan nog iemand probeer asb? Die berig het alles beskryf en dit is verskriklik. Se tog asb vir hulle dat di n “genocide” is.

Katjie ·

Ek wens net die kerke wil ook meer betrokke raak !! Gemeenskappe wil saam werk om die mense te help en die kerk kan ñ groot rolspeel om mense saam te trek !! Ek sê nie almal help nie uit nie , want daar is wat doen . Jy hoor net te min van die kerke soms of hoe ?

dirk ·

google die woorde : daily mail woman-killed-husband-left dead-South -Africa, sal sal daar uitkom

Heleen ·

My hart pyn vir my mense en my land..ons word ‘n tweede Zim…

Pieter ·

Na my mening moet die hele plaasaanvalle&moorde op ‘n wetenskaplike basis geplaas word -om te dink en te vermoed is nie goed genoeg nie – die data moet ordentlik ingesamel en verwerk word. Al die geleerde vermoedens moet op wetenskaplike maniere getoets kan word.
Voorbeelde: As Plaasaanvalle& moorde dan gewone misdaad is hoekom korrelleer dit glad nie met enige van die ander SAPS misdaad kategorie nie.
As plaasaanvalle&moorde gewone misdaad is hoekom was daar daan geen sulke indidente gedurende WB sokker nie?
So kan ons voortgaan en bykans elke studie wat ek nog bestudeer het erken onmiddelik nie- ewekansigheid en gevolglik guestimates.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.