Plaasmoorde: ‘Elke Suid-Afrikaner ly daaronder’

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die VF Plus sê hy het met skok en afgryse verneem van die gru-plaasmoord in Balfour, Mpumalanga, wat die lewens van vier mense geëis het.

Die moord op die Smuts-egpare van Mpumalanga volg kort na ʼn aanval op die Van der Merwe-egpaar van Marquard, wat ʼn noue ontkoming met die dood gehad het, sowel as plaasaanvalle in Luckhoff en Hertzogville in die Vrystaat.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat en self ʼn boer, het sy meegevoel met die slagoffers van hierdie afgryslike en sinnelose misdade uitgespreek.  “Die land staan geskok en moedeloos na die soveelste aanval.”  Hy het gesê mens kan nie anders as om woedend en wanhopig oor die elf plaasmoorde in die afgelope twee weke te voel nie, om nie eers te praat van die duisende voorafgaande plaasaanvalle en –moorde nie.

“Die uitwerking van so ʼn aanval is baie meer verreikend as wat ʼn mens sou dink.  Voedselsekerheid en die bydrae tot die BBP is van die faktore wat skade ly, maar die sosiale en sielkundige uitwerking op plaaswerkers en landbouers en hul gesinne is onherroeplik.

“Op dieselfde dag het Statistiek Suid-Afrika die werkloosheidsyfers vir die vierde kwartaal van 2016 bekend gemaak. Die werkloosheidskoers is 1,4% hoër as dieselfde kwartaal in 2015. Die landbousektor het 919 000 werknemers in diens en verskaf jaarliks werk aan 6.9% van die arbeidsmag, die tweede meeste van al die nywerhede in Suid-Afrika. Met slegs 35 000 kommersiële boere in Suid-Afrika is die skade wat ʼn enkele plaasmoord aan werksekerheid en die welstand van werkers se gesinne aanrig, onherroeplik,” het Van Niekerk gesê.

Die landbousektor is reeds onder soveel druk met grondhervorming, die gevolge van die droogte en die konstante bedreiging van boere en plaaswerkers se veiligheid en daarom kan ons nie bekostig om terug te sit en die status quo verder te aanvaar nie, meen Van Niekerk.

“Elke Suid-Afrikaanse burger moet besef hy of sy word indirek deur elke plaasmoord geraak.  Dit is tyd dat ons as landsburgers opstaan teen hierdie sinnelose geweld, wat tot hoër voedselpryse, onsekere ekonomiese toestande, toenemende misdaad en die uitmoor en verarming van ons medemens lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Aster ·

Ek stem. Dis nou tyd vir aksie! Kom aan Boere die vuilgoed is ons nie werd nie. Kom ons staan op en veg vir ons volk. Afriforum? Solidariteit? VF? Asb mense kom ons hou net ‘n optog of iets. Sê net waar en wanneer en ek is daar!

Louise ·

Daar is nie n oplossing vir die plaasmoorde nie…want die PRESIDENT doen NIKS daaraan nie…en optogte teen plaasmoorde ens help ook nie en so word plaasboere en gesinne vermoor…so gaan plaaswerkers ook agteruit want soos die boer vermoor word…raak hul werkloos…plase wat eens op n tyd kos voorsien het…gaan agteruit. Sien dit self met n gedeelte wat ons verkoop het. Tot die dag wat jy dit afgee en gesorg het alles lewe nog en lyk skoon en netjies aan nuwe eienaar en sogenaamde struggle kids pas dit op. Ag aarde…daar is niks tuin oor nie. Deure ens is stukkend…hoe dit so kom ..geen mens weet hoekom so afbreek nie. Maar ja.. soms dink ek mens moet net alle plase verkoop. Laat die regering mos nou betaal en al is dit nie eers die grond se waarde werd nie. Jou geld vat en iets anders begin. Dan weet ek net nie hoe almal gaan kos kry eendag nie. Dan wil ek sien waar ons almal dan kos kry.

Andre ·

My vraag is Wat sal die ander volk gedoen het as hulle in ons skoene was. M.A.W wat as hulle al geslagte lank op n plaas woon en die grond bewerk en die land van voedsel verskaf en hulle word by die dag wreed uitgemoor. Sal hulle soos hoenders op n stilasie sit en wag om gemòor te word???

humor ·

Van verhoog tot verhoog, van die verre Noord Transvaal tot in die kaap en selfs in die destydse SWA het E. T Dit duidelik uitgespel wat die gevolge van oorgawe gaan wees. Die politisie het dit as belaglik gemaak en dit het nou n pynlike werklikheid geword. Maar die volk kan nog steeds op dieselfde wyse georganiseer word. Hierdie oproep om saamtestaan het regtig nou noodsaaklik geword.

Hendrik ·

Hendrik ek dink ook die oplossing vir ons probleme van buite die parlement moet kom. In die 2019 verkiesing gaan die ANC en EFF in kwoalisie die grondwet verander. Die ander minderheidspartye insluitend die DA gaan geen indruk maak nie. Die analiste voorspel dat die DA se top punt in verkiesingsgetalle bereik het. Die oplossing juis om by die Solidariteisbeweging (Solidariteit, Afriforum, Helpende Hand, FAK) aan te sluit om deur die howe die diskriminasie teenoor die minderhede te beveg. Ek stem natuurlik om nie te stem en nie my tyd op die demokrasie te mors nie maar ons tyd en geld moet gebruik word om onsself weer te bemagtig en selfstandig in ons eie gebiede te vestig en werk.

Boerseun ·

Sit sommer jou dstv af. Skenk daai geld aan n volkseie saak en sluit aan by n paar aksies. Maar ek is bly jy sien die lig

natasha ·

Ek stem ons sal iets moet doen, dit het lankal begin handuitruk, maar nou is te erg ook te erg. Se waar wat wanneer….maak nie saak wat julle besljit nie ek is in!!!!!!!

natasha ·

Ek stem ons sal iets moet doen, dit het lankal begin handuitruk, maar nou is te erg ook te erg. Se waar wat wanneer….maak nie saak wat julle besljit nie ek is in!!!!!!! Ek hoop regtig ons doen iets mense ons praat te lank hulle planne is klaar gemaak

Lou ·

“Tyd dat ons landsburgers opstaan”. Waar? Hoe? Nie om net simple te wees nie, maar hoe om ‘n verskil te maak – veral aan jou nageslag se wel en weë. Kom Jan – sit bietjie meer vleis aan jou praatjie. Gee vir ons ‘n werkbare oplossing asb.

Thinus ·

Ek dink na verdere ondersoek sal daar eendag gevind word dat die moorde gedryf is van bo in ons regering. Dit maak geensens sin dat daar geen belangstelling is om dit te probeer keer, beveg of ten minste te veroordeel nie behalwe as dit die eind doel is. Hoekom sal hulle iets ondersoek of enigsins aandag gee as dit dalk die soeklig op die verantwoordelikke party kan plaas? Beter om dit te ignoreer en grond hervorming te verspoedig deur die paar wit boere wat nog probeer te verjaag of te vermoor. DIe tyd is min in die land of mense dit wil glo of nie. Daai lig aan die einde van die tonnel is n trein nie sonlig nie.

gatiep ·

Ons gaan nie hulp van die wereld kry nie.
Dit is ons probleem die en ons sal dit self moet oplos. Hoe weet ek nie maar om so aan te gaan gaan ons einde beteken.

Johan ·

Ek stem saam Lou dis nou genoeg. Gaan kyk my blaai plaasmoorde en praat as jy onveilig voel sodat ons mekaar kan help. Nou moet ons saam staan en God as ons leier kan niks in ons pad staan nie. Dis nou of nooit.

humor ·

Is dit nie moontlik dat daar n geheime liggaam tot stand gebring kan word wat die nodige spionasie diens kan verrig om die wortel van al hierdie misdaad oop te vlek nie.

Jan S ·

Kom ons kyk klinies hierna: 1) Nee, elke Suid Afrikanes ly nie onder plaasmoord nie, dis ‘n boere probleem. Vd nagenoeg 50 moorde en 50 pogings tot moord daagliks (amptelike statistiek, 2015-16) is plaasmoord ‘n betreklike klein deel en dit traak die algemene publiek nie meer as enige ander moord nie. 2) Boere word aangeval omdat hulle afgesonderd bly en maklike en sagte teikens is. 3) Op die oog af is die meeste boere nie paraat nie – die probleem natuurlik dat dit baie geld, moeite en tyd verg om voorbereid te wees. 4) Julle kan kla soveel as wat julle wil, maar tot boere hulself begin verdedig gaan die moorde onverpoosd aangaan.

Sarie ·

Toe die kommandos weggeneem is het die boere meer weer loos op plase geraak. Snaaks dat in Tainted Heroes die ANC praat van die kommandos as die vyand. Die ANC is nog nie klaar met hul revolusie nie en die slagting op plase is nog een daarvan. Die media is so gebreinspoel dat jy nooit van die moorde op die Engelse nuuskanale hoor nie.

Lienkie ·

Elke plaasmoord wat gepleeg word raak my en almal wat ware AFRIKANERS is! Dit gaan nie hier oor of daar oor nie, dit bly ons volk wat uit gemoor word. Tot en met die Afrikaners weer leer om saam te staan en saam te baklei sal niks in die land verander nie. Boere word nie aangeval omdat hulle afgesonderd leef nie, maar omdat hulle BOERE is! Dis nie net die Boere wat hulself moet verdedig nie maar ook elke Afrikaner in die land!

Willie ·

Ek stem saam dat die DA pateties is,. Die doodskis geval het hulle en hulle broers Getoy toy sodat hulle daai mense regte beskerm . Waar is die DA wanneer wit lewens elke dag vermoor word. ,,,,,!!!!!??????. Ooooo Ja. Hulle sal mos nie reageer nie, te min media publusiteit. DA is pateties

Johanna Botha ·

Die nuwe SA is BAIE siek ! ! FW help ASB …its not working ! ! Ons het nie vir dit gaan ja stem nie !

At ·

DA skitter in hul afwesigheid!!! Soek seker iewers weer ‘n blanke, wat Facebook wat iets kwytgeraak het, wat hul aan MRK kan rapporteer!

Johann ·

Tyd geword dat Suid-Afrika ‘n bid dag uitroep, soos op een plek, ons verlede weerspieël die krag van gebed. Ek wil net vir Suid-Afrika sê “DAAR IS ‘N GOD IN DIE HEMEL”

Johannes Meintjes ·

… en tog kom ons net nie tot optimale gekoordineerde burgerlike beskerming (rampbeheer) aksie wat op nasionale vlak bestuur word en tot op laagste grondvlak deur elke GPF/ Buurtwag/ Plaaswag en gemeesnakpsamewerking ge-implimenteer word nie. Persoonlike en wettige vuurwapens word nie gebruik nie. Niemand adviseur werklik die landsburgers sonder agendas nie! Groot egos verhinder samesprekings. Die Volk bloei dood. Leiers pronk rond. Randeiergroepies kul hulself en die mense rondom hulle wat beloftes van beveiliging betref. SAPD, SANW en Metro beskerm die regring.

Anoniem ·

Die regering van die dag is verantwoordelik vir die al die gebeure wat in sy grense plaasvind.

L J ·

Ons vra vir n oplossing, die enigste oplossing is terug na GOD en op ons kniee voor hom. Vir HOM is niks ontmoontlik. Kom ons vetrou die HERE in die saak. As ons n bid dag vir reen kan hou, hoekom nie n bid dag vir beskerming vir ons boere en vir elkeen van ons.

S.A.Portugees ·

Wil net nog ‘n plaasaanval byvoeg wat in geen nuus media of koerant verskyn het nie.
Heitor Daniel Pinto Leite is ‘n 80 jarige wat in Bredell kleinhoewes Kempton Park.
22 Januarie wreed gemartel en vermoor is op sy kleinhoewe.

Johann Jordaan ·

Ek wil nie onsimpatiek klink nie , daar was groot gewag gemaak oor Joost s afsterwe.Loftus is volgepak met hooggeplaastes en ondersteuners maar daar is glad nie so ‘n massa aksie oor plaasmoorde nie. Ek wonder of dit nie saak maak vir die breë bevolking nie of gebeur dit so dikwels dat ons gedesentiseer is?

L J ·

Gebed vir ons boere in Suid-Afrika. Here vandag het U my hart weer kom wakker ruk. Vader op daaglikse basis word ons boere gemartel op die wreedste denkbare maniere. Hul word voor die voet vermoor. Gesinne word uitmekaar geskeur. Here ek weet dat U by elke boer stil gaan staan. Maar vannaand wil ek bid vir beskerming Here U almagtige beskerming oor hul lewens hul huise voertuie en plaasgrond. Here plaas U engele op elke boer se grond sodat daar geen skade of seer meer kan kom nie. Vader ons lewe in n stukkende wereld maar U is ons hoop en ons bergvesting. Vader maak ons boere paraat gee hul die nodige kennis en wete om hulself te kan beskerm teen n oormag wat verwoesting en moord saai. Here ek pleit U kosbare bloed oor elkeen n vrou . Man kind ouers elke liewe een en ek vra genade Here U onbeskryflike groot genade in hierdie tyd. Here hou ons by U voete ons dank U daarvoor in Jesus Naam bid ek dit Amen.

Stuur asb hierdie gebed aan sodat ons soveel moontlik mense kan kry om saam ons te bid vir ons boere. 2017 sover n bloedige maand vir ons mense. Wees paraat pas julself op en mag die Here elkeen se uitgang en ingang beskerm. Gebedsgroep

werkself ·

Laat ons saamstaan teen hierdie verskriklike geweld. Werk self en help mekaar by groter take. As hulle so voortgaan met die moorde moet werkloosheid die hoogte inskiet, want ons vertrou hulle net glad nie meer nie.

Natasha ·

Almal stem saam op pappier en media oor die ongelukkigheid van al die plaasmoorde en geweld, maar wanneer die tyd kom om regtig iets daaraan te doen, is ons volk die eerste wat weg hardloop. Ons kan maar net nie saam staan nie. Ek verstaan almal is bang om iets te sê teenoor die ander rasse want dit word so gou in ‘n russie omgesit en ons word uitgemaak as die verkeerde party, maar iets moet verander. In plaas van om my kinders wiskunde te leer eb hoe om hulle kinderjare te geniet leer ons hulle nou hoe om te skiet en te baklei vir sy gesin en sy eie lewe, want ek sidder om te dink wat van hulle gaan word die dag as ons as ouers nie meer daar is nie.

Maria Van Dieweeck ·

Ek stem saam Johann, anc gebruik elke moontlike oomblik (soos begrafnisse, partytjies ens) om politiek te praat, ons Afrikaners is stil. Ons glo mos jy praat nie politiek en godsdiens nie. Nou hoe nou? Ons MOET van ons laat hoor, maar hoe?

Elsa ·

Tyd het aangebreek dat AANDAG gegee word aan al die sinnelose dade , zuma moet opstaan uit sy stoel en begin besef hy moet sy aanhangers aanspreek en weet erger straf wag op die belhammels wat boere en onskuldige mense teiken….wees gewaarsku zuma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.