Plaasmoorde en eiendomsregte ook in Vlaandere bespreek

heinrich-matthee

Dr. Heinrich Matthee. Foto: Verskaf.

Kort voor Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake, gesê het sy departement ondersoek maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinniger na dié land te emigreer, het die Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA) ook ’n seminaar by die Belgiese parlement in Brussel gehou oor plaasmoorde én die ANC se beleid van eiendomsonteiening sonder vergoeding daartydens bespreek.

Die N-VA is die grootste party in Vlaandere en deel van die Belgiese koalisieregering. Boonop het die amptelike Vlaamse Radio en TV-omroeporganisasie ná die byeenkoms Dinsdag vir die eerste keer in jare dekking gegee aan die gebeure.

Die byeenkoms is ingelei deur Mark Andries, die stafhoof van die Vlaamse streekpremier, Geert Bourgeois. Sy optrede was ’n belangrike teken van besorgdheid by die Vlaamse regering oor die situasie in Suid-Afrika. Andries, wat Suid-Afrika en sy geskiedenis goed ken, het die historiese bande tussen Vlaandere en Suid-Afrika onderhoudend uitgebeeld.

Daarna het Heinrich Matthee, ’n politieke ontleder vir bedryfsinstellings, die plaasmoorde en die ANC se onteieningsbeleid in besonderhede bespreek. Hy het die skokkende gebeure rondom die moorde op Willemien Potgieter, Sue Howarth, Loryn Tsiloane en Joubert Conradie beskryf. Die vele uitdagings van landbou in Suid-Afrika en die situasie van bedreigdheid op talle plase is ook genoem.

Die gehoor het met skok en ontsteltenis reageer op die hoë getalle van plaasaanvalle en plaasmoorde. Matthee het beklemtoon dat die Europese media meer aandag behoort te gee aan hierdie skendings van menseregte en burgerregte, waaronder boere en werkers uit alle groepe ly.

Matthee het verder die politieke dryfvere beskryf agter die ANC se onteieningsbeleid by sy kongres in Desember 2017 en in die parlement in Februarie 2018. “Die ANC probeer reeds jare lank deur die dominate eenpartystaat sy greep op die privaat sektor en burgers se bates vergroot. Dit is sigbaar in vorige wetgewing. Die sakekamers van Europese en Amerikaanse bedryfsinstellings het al hulle kommer oor hierdie tendens uitgespreek.

“Die ANC het baie munisipale betrekkings of posisies en dus toegang tot bronne in 2016 verloor. Die ANC is ook diep verdeeld, want mense stry oor betrekkings en bronne. Hulle wil daarby die steun van nuwe kiesersgenerasies tydens die 2019-verkiesing verkry.”

Matthee meen die verswakking van eiendomsregte sal die ANC meer kans gee vir selfverryking binne ’n stagnerende ekonomie. “Die ANC se wanbestuur oor jare het reeds groot onveiligheid en ʼn ekonomies lae status verseker. Nou gebruik die ANC sy eie wanbestuur ook in grondsake as alibi waarom die Grondwet en eiendomsregte verswak moet word.”

Volgens Matthee berus die Grondwet op ’n vredesverdrag uit die 1990’s. Volgens die Grondwet kan grondhervorming plaasvind, maar met behoud van eiendomsregte. Dit is ook steeds prakties moontlik. Die ANC se aandrang om nietemin die Grondwet te wysig en eiendomsregte te verswak, verbreek wesenlik die vredesverdrag van die 1990’s.

“Dit laat die Nasionale Demokratiese Rewolusie voortrol. Dit is dan ook waarom FW de Klerk in Januarie 2018 verklaar het dat die Afrikaners en ander groepe nou op hulle eie is. Die ANC se gedrag sal verdere spanning plaas tussen die vele groepe in Suid-Afrika.”

Matthee het genoem dat verskillende Europese rolspelers ’n positiewe rol kan speel. Meer media-aandag, die bou van kultuur- en opvoedingsbande, druk op die ANC oor burgerregte en eiendomsregte, en projekte met gemeenskapsorganisasies sou moontlikhede wees.

Die N-VA-gasheer en N-VA-parlementslid, Peter Luykx, het die byeenkoms soos volg afgesluit: “Die plaasmoorde in Suid-Afrika is een beklemmende problematiek wat nog veel te onderbelig word in die media en beleidskringe.”

Hy meen dit is belangrik dat ʼn regerende party in Europa hom hieroor uitspreek. Dit word verwag dat hierdie tema voortaan meer aandag sal kry in Vlaandere en ander lande in Europa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Lollie ·

Pragtig! Iewers is ń begin en ek hoop dit hou iets goeds in vir elke blanke in SA!
Ander lande kan die boere help om daar weer ń begin te maak maar wat van al die ander wat nie boere is nie? Word hulle maar aan hulle eie lot oorgelaat? Hulle lewe is in SA net so min werd soos die boere sn.

Amelia ·

Dit is iets waaraan ek die heeltyd dink vandat die praatjies rondbeweeg.

Cornelia ·

Sal ook wil weet, wat word van alle wit mense na die boere uit die land is, daar word ook in dorpe en stede mense aangeval en vermoor.

Anna ·

So bly die wereld besig om kennis te neem, baie dankie Maroela.

Eish ·

Dit is besondere verblydende nuus dat die waardheid na soveel moorde en jare begin seëvier.
Weereens groot waardering aan al die instansies wat betrokke was en is om die waarheid uit te dra en daardeur begrip vir ons as minderheidsgroep te skep. Ek sien reikhalsend uit na die ” druk op die ANC en betrokkenheid by gemeenskapsprojekte”
van die ander lande.

White Rhino ·

Mooi so!!!!
Ek het baie berigte na mense wat ek ken in Duitsland gestuur wat dit toe verder versprei het!!!
Ek is seker baie ander lesers met kennisse en familie oorsee het dieselfde gedoen.
Dankie tog!!!!!

Elizabeth ·

Ek het ook oorsee toe gestuur, elke aanval elke moord het ek na 2 lande deurgaan! Tot tussen comments ingedruk en hulle vertel!

Pietman ·

Dit sal bty praat bly. Op watter wyse dink ons gaan die mense hoegenaamd enige verskil maak?

Dink 'n bietjie ·

200 000 ex-Suid Afrikaners is woonagtig in Australië. Hulle het nou ʼn baie sterk Weskus Politieke drukgroep geword. Dié mense is besig om die Australiese regering te peper met ongemaklike feite.

Globaal is die witman se wittebrood met volksvreemdes verby. Noudat bykans elke blanke staat ter wêreld, begin om emigrasie beheer te verskerp, a.g.v. mislukte sosiale integrasie & die dramatiese toename in geweld misdaad . . . begin die blanke se oë oopgaan.

Putin & sy Poolse eweknie praat selfs van ʼn globale aanslag teen die blanke (& veral die blanke man)
Die wiel is besig om te draai

[email protected] ·

Die ANC was voor 1994 hoogs suksesvol om die buitelandse beleidmakers te oorreed van die ANC se standpunt. Waarom? Want die ANC het volhoubaar tyd en energie ingesit om die buiteland na hul kant oor te hel terwyl ons sport en braaivleis gehou het. Die ANC het homself voorgedoen as die fakkeldraer van demokrasie en menseregte. Sedert 1994 het hul ware kleure en motiewe na vore gekom. Die buitelandse besluitnemers is nie heeltemal oningelig en onnosel nie. Die wiel gaan draai. Ons moet die wiel help draai in belang van reg en geregtigheid. MAAR ons moet ten alle tye eerlik en opreg bly en toon dat ons erns is met naasteliefde en wedersydse respek.

Goottrek2 ·

Ons moet met europese lande onderhandel om ons almal wat wil emmigreer terug te vat. Hulle bevolkings raak kleiner en ons word uitgedruk, so dis n wen wen situasie.

Maggie ·

Terug te vat? Ek is hier gebore en geen ander land kan my “terug vat” nie!

Johann ·

Ons agbare Minister Sisulu beter leer hoe om te Copy en Paste… dis nou die briefie wat al haar ontsteltenisse teen wat. die WERELD van haar en haar ANC KADERS op FEITELIKE WAARNEMINGS se!!!! DOM ASTRANTE ARROGANSIE van Sisulu om meer bekommerd te wees oor wat die WERELD van die ANC se as om die vrese van ons as burgers oor moord en verminking aan te spreek. SO WORD DIE LEUN EN LEUNAARS ontbloot!

Lee ·

Hy slaan die spyker op sy kop. So bly die res van die wêreld sien wat die ANC doen.

Mielie ·

Wonderlik Afriforum! Die ANC het die reaksie nie verwag nie. Maar ek glo ook dit was nie net Afriforum se werk nie. Daar word baie berig in die media oor grondvergrype en hier is ook ambasades van ander lande wat weet wat gaan aan in SA. So dis n kombinasie van beriggewing en bekommernisse. NEWS24 berig selde oor plaasmoorde maar vandag word daaroor berig en sommer terloops noem hulle dis nie rasgedrewe nie. Hulle werk met die polisie se “betroubare” nommers. Die wêreld is nie stupid nie, hulle het dit al telkemale gesien. Die ANC is nou verontwaardig omdat die wêreld uiteindelik begin piep. Hoe lekker kry ek nou. Ook JM word onder die vergrootglas bestudeer. Dat die ANC so n roekelose mens in sy geledere wil hê sê ook waarheen hierdie land oppad is.

CHRISTA ·

Ek luister in die oggend en middag na 702 en jy hoor NOOIT NOOIT NOOIT van ENIGE plaasmoord wat gepleeg was nie. Maar toe die plaasboer ‘n oortreder vang en dreig om hom aan die brand te steek was dit ELKE HALFUUR vir meer as ‘n week op hulle nuus. Toe Australië hierdie week ons blanke boere beloof dat hulle verblyfpermitte (of wat jy dit ook al noem) voorkeur sal kry omdat hulle lewens hier in gevaar is, gooi ons regering hulle “toys” uit die kot!! En 702 het vir dae besprekings daaroor gehad en ontken dat die plaasaanvalle en plaasmoordsyfers korrek is!! Wat ‘n grap!!!

ChrisE ·

Ek vertrou nie die mooi gebare van Europese lande nie. Waar was julle van 1962 tot 1994. Ons land is verguis, vertrap en as die muishonde afgemaak. Julle die Europeers het die bevrydingsoranisasietjie befonds, gehuisves en opgehemel as die beste uitkoms vir die land. Die Australiers dieselfde. Ons gevloek en vervloek. Wat nou. Wat het nou jul opinies laat verander. Ons vertrou nie op ons Hemelse Vader nie maar wend ons na mense. Dit is hoekom ons nog swaarder in die land gaan kry.

CHRISTA ·

Toe ek in 1990 die eerste keer in Italië was, wou my man se neef my ook kruisig oor ons beleid toe hy hoor ek is ‘n GEBORE Suid-Afrikaner!! Toe ons in 1996 weer daar gaan kuier het, sing hy HEELTEMAL ‘N ANDER DEUNTJIE!! Al die gevegte wat hier in Afrika begin het, het honderdduisende Europa toe gedryf en hulle MAKLIKSTE NAASTE oorgangspunt was Italië!! Hoe het daardie nefie van my man TOE sy toys uit sy kot gegooi!! Toe ek vir hom vra wat NOU sy probleem is was sy klagte: Hulle kom plak net daar in Italië, probeer werk kry sodat hulle vir hulleself kan sorg nie, verwag net donasies en gratis verblyf om aan die lewe te bly!! Ek het net vir hom gelag en gedink “Talk is cheap!” As die skoen aan die ander voet is, druk hy AL die liddorings!!

Lolla ·

Hahaha Malema…!!!!! Jou mos gese “WEES JY GEWAARSKU”…. As jy gedog het jy is n denker, hierdie ouens gaan jou breindood laat lyk op internationale vlak.

TLC ·

At last daar is lig in die tonnel . Laat ons sien at gaan CR se verduideliking wees en laat ons sien of hy hom gaan verwerdig om SA weer trots te maak deur te begin om al die Zimbabwers terug te pos want n halwe glas water is beter as n leë glas

Amelia ·

Wel die buiteland moet maar sanksies toepas teen Suid Afrika. Dan kan die regering mos gedwing word, soos ons destyds gedwing was.

Carol ·

Donald Trump hey be rig op CRISES SOUTH AFRICA Lees dit op FB

Alida ·

Ek wens al die lande wil dieselfde doen. Sweet Cyril en Julius jul ignoreer ons mos. Lekker

Hanna ·

Uiteindelik is daar n klein liggie aan die einde van hierdie donker tonnel! Wonder of die ANC besef hoeveel hy aan belasting gaan verloor as blankes padgee? Sisulu het ook duidelik die mentaliteit van Europa en Australie onderskat: jy kan dalk die deursnee ANC kieser maklik aan die neus lei, maar nie die res v die wereld nie. Hier is GROOT probleme in Suid-Afrika en dit kan nie meer weggesteek of toegesmeer word nie!

Connie ·

Ek wens Donald Trump wil ook kennis neem oor wat in ons land aangaan.

Marinda ·

Thank you, let’s hope this is not all talk and no action

Ben ·

Die probleem is nie net by die wit boere nie, maar die hele Suid-Afrika word af gebreek!

Amanda Joubert ·

Ek is beried om na enige land te gaan wat my en my gesin sal aanvaar. Ek is egter bekommerd oor diegene wat nie eers meer geld oor het om te vlug nie. Hoe kan hulle so gelos word? Ons hemelse Vader ons pleit U genade!

Abie ·

Daar is geen manier hoe ek my land sal verlaat nie, beslis nie lewend nie. Ek glo die meerderheid wittes voel ook so. Laat die wereld sien wat die anc aan ons land doen. Tyd vir sanksies teen die anc en eff.

jaco ·

Gaan kyk op die website van business tech. Die kriteria, koste ens vir Australiese visums vir boere word daar uiteengesit.

jaco ·

Kom ons hou op kla en beskuldigings na die ANC en EFF gooi. Hulle steur hulle in elk geval nie daaraan nie. Kom ons begin voorstelle deel oor hoe ons kan oorleef, selfs al beteken dit ons moet die land verlaat.
1. Hierbo is ‘n voorstel van lorrie ry in Amerika. Kan ons meer info daaroor kry?
2. Ek is self op soek na meer info oor plaasarbeid in Amerika. Ek weet dit betaal goed. Ek sal alles deel wanneer ek meer info het.

Deon ·

Ek glo dat ons familie en vriende in die buiteland nie sal toelaat dat ons uitgemoor sal raak nie. Ek glo ons sal internationale hulp ontvang.

Wilmar ·

In ñ vrystaatse dorpie is die opname gemaak. 100 boere met gemiddeld 15 mense in diens. R4.5 mj gaan in dorp in. Hul kdrs gaan skool en onderwysers ry karre. Karre moet brandstof kry en gediens word. Boere ry met implimente wat herstel moet word. Gaan werk uit hvl mense word direk beinvloed op ñ plattelandse dorpie indien bdry tot ñ val kom. Die dorpie is vernietig.

Alida ·

As nog lande druk op CR plaas sal hy moet swig en werk skep deur weer die kommandos en die SAPD beter oplei. Die skelms sal gou agterkom hulle is aan die verloorkant.

Elvira ·

Wonderlik. Uiteindelik word daar gepraat oor die slagting van blanke boere. Sisulu is steeds blind en doof oor hierdie kwessie.

JOHAN BESTER ·

Kan net met CHRIS E saamstem .Vertrou hulle nie en die boere is so angstig om hulle slawe te gaan word .Onthou daar werk jy self nie Jonas wat op jou 3 miljoenrand trekker ry nie.

Johannes ·

Moenie sit wens dat Pres Trump iets moet sê, skryf vir hom ‘n brief, CNN sal maar te gretig wees om iets oor hom uit te spoeg, hy is elke dag in die nuus.
Kom mense die pen is magtiger as die swaard , skryf , skryf , SKRYF!

Antoon Meert ·

De gebeurtenissen in Zuid-Afrika worden in Vlaanderen van dichtbij gevolgd. Het enige wat wij in Europa missen is een permanente vertegenwoordiging die als taak heeft in alle Europese landen persconferenties te organiseren en de media op een neutrale en objectieve manier in te lichten over wat in Zuid-Afrika gaande is.

Deon Meyer ·

Dankie Antoon Meert -Ek stem heelhartig met jou saam.Dit is tyd dat die situasie in Suid Afrika so wyd moontlik in die EU gerapporteer word.

Johan ·

Antoon Meert , dat is juist hier in Holland is het zelfde gaande.Het nieuws komt in stukjes en beetjes.Echter er is geen orgaan dat de taak op zich neemt om standpunten middels een officiële vertegenwoordiging uit te dragen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.