Plaasmoorde: ‘Genoeg is genoeg’, sê TLU SA

Argieffoto: Reint Dykema

TLU SA het Maandag sy kommer uitgespreek nadat daar vandeesmaand reeds vyf plaasaanvalle en een plaasmoord aangemeld is.

“Die nasionale moordsyfer van ongeveer 53 mense per dag is vir ons onaanvaarbaar. In Mei-maand alleen was daar 46 aanvalle en sewe moorde op plase. Junie het skaars begin en daar is reeds vyf aanvalle en een moord op plase en kleinhoewes,” het Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA, in ’n verklaring gesê.

Volgens Geldenhuys is dié landbou-organisasie bekommerd oor die toename van plaasaanvalle en -moorde sedert 2012. Hy is veral onrustig oor die toename van dié voorvalle ná afloop van vanjaar se verkiesing.

TLU SA het dus ’n beroep op die regering, polisie asook die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gedoen om binne die volgende maand ʼn doeltreffende en werkbare oplossing te implementeer. “Die totale verval van wetsgehoorsaamheid in ons land kan nie langer met gevoude hande aanskou word nie,” het Geldenhuys gesê.

TLU SA se uitspraak volg kort nadat die wynboer Stefan Smit (62) van die Louiesenhof-wynlandgoed Sondag buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor is.

Smit is in sy huis doodgeskiet nadat vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het.

Agri Wes-Kaap het ná die moord op Smit ook sy stem dik gemaak. “Agri Wes-Kaap versoek pres. Cyril Ramaphosa om sy uitsprake op Dinsdag 9 April by Beyerskloof naby Stellenbosch te verduidelik toe hy gesê het wit landbouers het ʼn toekoms in die land en dat hy wil verhoed dat hulle die land verlaat.

“Agri Wes-Kaap wil ook by mnr. Ramaphosa weet hoe ʼn organisasie soos Agri Wes-Kaap produsente moet aanmoedig om in ʼn land te bly waar hulle en hulle plaaswerkers se lewe elke dag bedreig word.”

TLU SA het boere en plaaswerkers gemaan om hul veiligheid op te skerp asook diegene betrokke by landelike veiligheid versoek om druk op die regering uit te oefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Diefie ·

Die regering gee nie eers om vir hul eie mense wat vermoor word nie, waar sal hulle nou omgee as ons boere uitgemoor word nie.

Piet ·

Die staat borg die plaasmoorde…. Ondersoeke is gedoen op mislukte aanvalle op plase en signal jammers en hoogs moderne wapens word gevind.. Wie verskaf aan hulle daai tegnologie… Die boere moet begin om hulle self met geweld te verdedig. As dit nie al telaat is nie..

Emma ·

Net soos die bendes wat n skrik bewind voer so wil hulle ons boere dreig en vermoor. My hart gaan aan elkeen wat sy lewe verloor het op so n wreedaardige manier. Daar moet iets wees wat gedoen moet word .

Abel Gouws. ·

Ek glo nie sie reg gestem kaart sou hier werk nie.Wie sou in elk geval die regte party wees.Saamstaan is wat ons moet doen.En nie soos hier berig word die maand nie,maar dadelik.Ek weet self nie wat die plan van aksie moet wees nie, maar dit moet begin.

jAN ·

plaas moorde………trokbrande…….dit sal nie tot n einde kom , vergaderings word gehou president en ministers sit met mond vol tande .trokke in konfooi moet begelei word deur sekuriteits maatskappy voor en agter.talk is cheap and money bys the whiskey

So what ·

Stem saam jou Jan.
Dis net Praat…praat..praat

Lippe diens tot vervelens toe.
Ek sê nie…skop..skiet en dood slaan nie.
Kry net n mag bymekaar wat bevoeg genoeg is en die wet afdwing…sonder vel kleur oordeel

Erick ·

Psalm 52 (liedpsalms)

1. Wat roem jy, wreedaard, so hooghartig?
God guns duur vir my voort!
Jou tong is vlymend soos ‘n skeermes,
net valsheid is jou woord.
Net kwaad,geen goed ; net leuens, geen reg

2. Jy hou van woorde skerp soos swaarde,
o tong, aan tug ontwend!
God sal jou neerwerp, wegruk ewig,
jou uitsleep uit jou tent,
ontwortel totdat daar van jou
geen wortelvesel hou.

Elize ·

Derf dit maak nie saak wat gestem is nie, dit was in elk geval n klug gewees. Gaan lees gerus Wynand se 2 boeke. Alles was vooraf beplan gewees. Ongeag ons stem, SA moes aan ANC gegee word.

Judge Dredd ·

Dit maak wel saak, net soos dit die laaste verkiesing saak gemaak het dat mense ten minste gaan stem – maar nee – toe laat die nee stemmers toe dat die ANC/EFF ‘n tweederde meerderheid kry.

Ella ·

wie is die skrywer Elize en die twee boeke se name? wil graag die twee lees. laat weet my groot seblief.

jean ·

Hoeveel lewens te laat is dit om nou te sê “genoeg is genoeg”? Hulle sien daar word nie eers ondersoeke gedoen of oortreders gevind nie…nou word dit net gedoen om die blankes een vir een uit te roei.

@ Elize…jy is reg. Niks gebeur “sommer net” in die wêreld nie.

Gogga ·

Ons land word net erger en erger. Die president het dan ontken hier is plaasmoorde toe hy in Amerika was – hoekom sal hy jou iets anders sê? Ons sal onsself moet verdedig en verder op ons knieë moet bly- ons gaan geen hulp van regering kry nie. Waar is die Ja Stemmers – hul moet nou kom help!!

Ek stem ·

Genoeg is genoeg! Ons het nog baie lede van die ou garde hier oor wat ‘n ruggraat het. Nie hierdie klomp bangbroeke van vandag nie. Ons moet nou asb saam staan en iets begin doen. Ons ondersteun organisasies wat ons belange op die hart dra en wag nou in spanning wat julle voorstel is ons doen. Maar as ons nie nou begin opstaan en ingryp vir ons landsburgers wat so uitgemoor word nie, gaan niks daarvan kom nie en niemand gaan oorbly nie. Die landelike mense voel alreeds hulle kry niks ondersteuning van die res van die land se mense nie, so nou is die tyd dat ons begin saam staan en hulle verdedig. Wie gaan die voortou neem? Ons het leiers nodig nie planne nie. Maar miskien is dit die probleem – ons het nie meer leiers onder ons wat voortou kan neem en iets kan doen nie. Wie verteenwoordig hierdie mense? Nog ‘n probleem – almal is so verdeeld en versplinter dat nie een kan saam stem wie hulle moet lei nie. En dit daar is hoekom dit gaan soos wat dit gaan. Ons sal oor tien jaar nog hieroor praat…..

Helene ·

Ek stem saam met jou. Ons het regtig ‘n klomp slap….. Afrikaners in ons midde!

Devill ·

Dit is die belangrikste vraag!

Wie gaan ons lei, wie gaan ons oproep tot aksie en wie gaan kom op die ou einde van die dag.

Ek hoor gereeld van die Boere Legioen, maar ons mense is te bang om deel te raak, want dan gaan ons mans, broers and seuns moet gaan veg as hulle op geroep word en dit gaan nie ‘n maklik taak wees wat voor hulle lê nie!

Wat gaan van ons Afrikaners word?!

Vintcent ·

Daar was vanoggend weer ‘n aanval by Klapmuts, naby Stellenbosch. Voordat daar nie behoorlike leiers handopsteek en die huidige gespuis verwyder word nie, sal SA nooit vrede en vooruitgang ervaar nie. Die feit dat mense dom genoeg is om vir dwase te stem, is net so kommerwekkend as diegene wat heuel met politici om gesig te koop.

Essie ·

Ek vra net een vraag hoekom word die doodstraf nie weer ingestelnie onskuldige mens word op plase vermoor

Selektief ·

Essie.

Sodra die doodstraf weer herleef…sal dit van toepassing wees op die 2% van die bevolking in SA.
Dit sal ni van toepassing wees op die meerderheid van die volk nie

Helena. ·

EK STEM, Wie keer jou om te begin..talk is cheap. Almal sit en kyk vir mekaar om n begin te maak..dis so duidelik soos daglig dat mense niks kan of gaan doen nie..behalwe praat..want tronk straf is jou voorland as jy iets waag. So hou tog op om bevele te skree wat jyself nie kan uit voer nie..

Grassie ·

Die term “genoeg is genoeg” is die afgelope klompie jare al honderde kere gehoor en gelees, maar die probleme het gebly en ook drasties toegeneem. Die regering gaan beslis nie die boere, huisbewoners en voertuigbestuurders die nodige beskerming bied nie. Veral nie die boere nie, want hulle is mos “gronddiewe”. As ‘n huis of plaasopstal behoorlik omhein is sodat ‘n betreder dit moet stukkend maak of oor ‘n hoë heining moet klim om in te kom, veral snags, behoort dit aanvaar te kan word dat dit die begin van ‘n gewelddadige aanval is. Aangesien dit reeds algemene kennis is dat sulke aanvalle tot dood en/of beserings van die slagoffers lei behoort ‘n hof regterlike kennis te neem van die opset van die aanvallers en dat die bewoners geregtig is om hulself te verdedig, met wapengeweld indien nodig, selfs voordat die aanvallers reeds in die huis is. Dit sal in enige beskaafde land so hanteer word, maar nie in ons land nie. Miskien kan regskenners aandag gee aan hierdie aspek en een of ander ooreenkoms met die regering probeer bereik. Maar ek het nie veel hoop nie.

Nel ·

Ek is bevrees Suid Afrika is soos ‘n bus sonder ‘brieke’ reguit afgrond toe…en daai bus kan nie meer deur die spul ruggraatlose lamsakke in die parlement gestop word nie. dus spring af en laat spaander oorsee of waarheen ookal.

Spike ·

cyril en comrades en kaders sal nie ñ woord sê nie, want dan sal hulle hulle eie mense moet aanspreek.

Jaco ·

Hoe kry die vragmotorbedryf skielik so baie ministers en Polisiekommissaris bymekaar en die boerderygemeenskap word nie na geluister nie.

StaanOp ·

Ek praat dalk gou want ek bly nie op ‘n plaas nie, maar al wat ek in my binneste weet is dat die boere moet opstaan en hulle-self verdedig. Totdat hulle dit nie doen nie gaan hierdie ding nie einde kry nie

Koos de Meyer. ·

Ons moet nie sit en kyk nie. Wees gewapend en paraat. Die dae om sonder ‘n vuurwapen te loop is lankal verby. Vertrou niemand nie want hulle kom met die slinkste manier uit. Ons bly alreeds in tronke en die kriminele loop buite rond.

Hansie ·

Daar word ondersoeke gedoen na trokke wat aan die brand gesteek word, maar nie oor plaasmoorde nie!!
Wys net waar die prioriteite lê.
Ek se nie trokbestuurders is minder belangrik nie, maar dit lyk my die boere is!!

Faan ·

Hèlena, ten minste gee Ek Stem n ander perspektief op die probleem en steek nie vas op die ou retoriek nie. Nie almal is drywer-persoonlikhede nie en daar is ook analiste nodig. Ek beskou nie sy kommentaar as die skree van bevele nie maar eerder n ander dimensie waaraan in eie geledere aandag aan bestee behoort te word.

Kiewiet ·

Nee wat dit bly net by GENOEG IS GENOEG . Waneer gaan dit genoeg wees . Wanneer daar nie een Blanke Boer meer oor is nie. Wanner almal uitgemoor is. Dan sal dit seker genoeg wees. Hirdie moordenaars steur hulle nie aan GENOEG IS GENOEG nie, vir hulle beteken dit niks.

All ·

Ons praat en praat en is bekommerd, maan boere om paraat te wees.
En niks gebeur nie.
Plaasmoorde is niks anders as georkestreerde georganiseerde misdaad (nogal met vuurwapens) met ñ sinistere agenda.
So sit ons en kla en sug. Watter effektiewe optrede gaan ons doen om regering te laat luister?

KrokodilBotha ·

Daars baie soortgelyke aanvalle daagliks wat nie eers die nuus haal nie. Druppel in die emmer. Party dink nog die regering of bv. TLU gaan haar af maak. Almal praat in die wind. Party dink bid sal help, ander se mos ons het polisie. Tyd het lankal aangebreek om na jouself te begin kyk.

Elize ·

Ella, ek hoop maroela plaas dit. Skrywer Wynand du Tout. Judasbok en Josefskleed.

humor ·

Liewe land mense is dit dan tog so moeilik? Ja gee die regering en verantwoordelike departemente gas! Maar die eintlike oplossing is in ons self gelee. Boereverenigings, Landbou-unie AfriForum Solidariteit moet saam kom en n oorkoepelende liggaam stig, Daar moet in kleiner streke opgedeel word met elk sy verantwoordelike liggaam. Eersten moet van plaas tot plaas gery word en by elke plaas inspeksie gedoen word en aanbevelings gedoen word, want 80% plaaswonings het nog nie eens n behoorlike heining nie. Elke boer moet besef hy het n verantwoordelikheid teenoor sy naasbestaandes, boerderysektor se voortbestaan. Dit moet afgedwing word om te beveilig. Soos in die geval van die weermag destyds was daar n dwingende element. Jy word opgeroep. Baie boere kan dit eenvoudig bekostig, Daar moet n fonds gestig word waar mense dit nie kan bekostig nie. Inspeksie moet herhaal word Opskerpings vergaderings moet gereeld gehou word Ens ens ens. Daar bestaan tog genoeg hundigheid gaan en DOEN!!!!!

ryan ·

Dis laaaankal genoeg! Ek kan nie byhou nie, ek treur nog oor ‘n boer wat ek geken het wat 2 en ‘n half jaar gelede gemartel is. Dis hartseer dat soveel mense dood is en nog moet dood voor almal besef hier is ‘n stadige oorlog aan die gang.. net stadig genoeg om nie die buiteland in te roep nie, net stadig genoeg dat mense nie agterkom nie. Mense,daar is talle aanvalle wat nie eers die nuus haal nie. Danksy maroelamedia weet ons van baie.

ryan ·

so elke nou en dan word daar ‘n bekende vermoor, dan sê ons “genoeg is genoeg” dan word daar maar net intussen nog 300 aangeval/vermoor, dan sê ons weer “genoeg is genoeg”. Daar word soms belowe om die aanvallers/moordenaars te vang, maar die skade is reeds gedoen. Ons soek aksie. Ons is moeg gepraat, moeg getreur.

PieterJohannes ·

Hoeveel jong mense werk vir groot boere? Hulle bly in ‘n huis iewers op ‘n afgeleë plaas en moet hulle kinders op ‘n plaas grootmaak. Hulle los hulle vrou en kinders vroeg oggend alleen en kom saans laat in. Die eienaars van die boerdery lewe in goeie, veilige areas met heinings, kameras en selfs wagte. Daar is nog steeds klein boere en voormanne wat regtig nie veiligheids tegnologie kan bekostig nie. As die boer met al sy tegnologie in gevaar is, hoeveel te meer sy mense wat vir hom werk. Hulle moet baiekeer die raas werk doen en is dan nie gewild nie en raak outomaties teikens. Elke boer behoort voltydse wagte te hê sodat hy ongestoord sy boerdery kan hanteer. Net so ook sy voormanne met hulle klein kindertjies. Dan is daar nog sy werkers wat geintimideer kan word, en as hulle nie beskerming het nie, sal hulle eerder die inligting deurgee as om hulle eie gesinne of eie lewens te verloor. Dit is die realiteit van die situasie waarin ons tans is. Dit is ook nie net die boerdery gemeenskap nie. As jy vandag ‘n pap band kry op die verkeerde plek, is jou lewe in gevaar. As jy tegnologie kan inspan bv. paploop bande vir jou voertuie, battery aangedrewe domkragte en wielsleutels, goeie opleiding met jou handwapen ens. kan jy jou risiko verminder omdat jy verander van ‘n sagte teiken na ‘n klipharde teiken. Kom ons help mekaar regtig sonder om by praat te bly.

Anoniem ·

Niemand sal iets doen nie – treurig, pateties, anargie !!

hercu ·

as ek dit nie mis het nie, het dit in Zimbabwe presies gebeur soos wat nou besig is om in SA te gebeur!

boere moes ses voet heinings en veiligheids ligte ens. installeer en self verdedig

ek lê die hele gemors in ons land voor die deur van die ANC – eendag sal hulle rekenskap moet gee!

al wat ek intussen kan doen is om te bid, want fisies kan ek nie meer veg nie!

Eugene ·

Hierdie hele spul is georganiseerd – baie goed beplan soos ‘n militere operasie…en daar is verseker politieke organisasies agter dit. Daar sal teen-aksie eenhede gestig moet word met goeie intelligensie en ons moet die ware politieke organisasies identifiseer en uitwis.. al is dit met geweld…dis al!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.