Plaasmoorde het afgeneem, sê Phiyega

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Plaasmoorde het die afgelope vier jaar afgeneem, het Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, Maandag aan die Menseregtekommissie (MRK) gesê.

“Wanneer ons na data verwys was daar ʼn geleidelike afname in plaasmoorde,” het Phiyega tydens die MRK se verhoor oor plaasmoorde gesê. Volgens die polisie se voorlegging tydens die verhoor, het plaasmoorde tussen 2010 en 2013 afgeneem.

Volgens die polisie was daar 71 plaasmoorde tydens 665 aanvalle in die 2010/11-periode. Dit het glo gedaal tot 56 plaasmoorde tydens 514 aanvalle in 2011/12. In die 2012/13-periode was daar glo 60 plaasmoorde tydens 556 aanvalle en 58 plaasmoorde tydens 402 aanvalle in 2013/14.

Die polisie het gesê alle sake van geweld op plase en kleinhoewes word op ʼn databasis ingevoer en geanaliseer voor dit aan die landelikeveiligheidsprioriteitkomitee verskaf word. Phiyega het ontken dat plaasmoorde nie by die jaarlike misdaadstatistiek ingesluit word nie.

Volgens Phiyega volg die polisie ʼn inklusiewe en geïntegreerde benadering en kan plaasmoorde nie uitgesonder word van ander misdade nie.

Dr. Johan Burger, navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, het gesê die uitfasering van die kommandostelsel het ʼn leemte veroorsaak wat nie deur die huidige nasionale landelikeveiligheidsplan aangespreek word nie. Die kommando’s was reserviste van die weermag wat verantwoordelik was vir landelike veiligheid en die stelsel is in 2003 deur oudpresident Thabo Mbeki uitgefaseer.

“Die probleem met die nasionale landelike strategie is dat dit te breed is en te min hulpbronne het,” volgens Burger. Hy het gesê daar is geen amptelike rede gegee hoekom die kommando’s uitgefaseer is nie, maar daar was glo bewerings dat hulle bande gehad het met regse groepe. “Dit is onwaar, aangesien swart mense deel was van die kommando’s, hoewel die bestuur meestal wit was,” het Burger gesê.

Kliek hier vir meer berigte wat oor plaasmoorde handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theresa ·

Jy bly agter ‘n klip man. Waar kom jy aan hierdie verdomde snert…..???
1 Plaasmoord is 1 te veel. Kom by en doen bietjie vir ‘n slag julle werk.

wessel ·

wat snuif sy daar is tenminste een n dag. hulle moet aan gaan hulle gaan nog by lee winkels aan kom dan wil hulle weer toi toi omdat daar nie kos is nie. Mens kry nie meer onosel as die goed nie

anet ·

Me.Riah Phiyega, ek dink dit het nou tyd geword dat die polisie besef dat ons nie meer die polisie vertrou nie, daar is soveel korrupte amptenare, en julle persentasie berekeninge agv plaasmoorde is nie korrek nie. Stuur almal terug Kollege toe dat hulle kan leer om somme te maak. As die regering swak is en ook nie ‘n voorbeeld stel in leierskap nie, waar gaan die polisie leer wat regte waardes is om jou landse mense te beskerm. Daar is aan ons bewys dat daar baie korrupsie en selfs moorde gepleeg word deur ons eie Polisiemanne.

CR ·

Me. Phiyega – in Afrikaans noem ons mense soos jy SPONS KINDERS! Want jy kan blykbaar nie dink nie. Ek se jou wat – pak jou tassies en gaan bly op ‘n plaas vir so maand (of langer), verskieslik in ‘n area met die hoogste syfer plaasmoorde sover, dan kyk ons hoe hou jou emosies dit. Vat sommer jou hele uitgebreide familie saam asb. Ongelukkig weet ons almal jy sal dit nie doen nie want jy het die mentaliteit van ‘n Suid-Amerikaanse grond pad kriek.

Pieter ·

Die anc beheer plaasmoorde en kan dit stop as hulle wil. Hoekom was daar amper geen moorde tydens die wêreldbeker sokker nie? Of die koerante was verbied om daaroor verslag te doen of die anc het al hulle makkers beveel om ‘n maand lank vakansie te vat en op te hou met die sinnelose moorde.

Right Wing Resistance Valkyrie ·

WAT ‘n POT SNERT ! …. Maar nou ja, laat ons in gedagte wie dit is wat die “tel werk” doen …. dan kan ons verstaan hoekom die getalle so verkeerd is.

Vanaf Sunette Bridges:

“16 259 moorde – 45 per dag.
16 363 pogings tot moord – 45 per dag.
60 262 gevalle van roof in ‘n publieke plek – 165 per dag.
17 950 huisrowe – 50 per dag.
66 387 seksuele misdrywe – 182 per dag.
377 inbrake by besighede – 1 per dag.
262 113 inbrake by huise – 718 per dag.
9 990 motorkapings – 27 per dag.
185 893 ernstige aanrandings – 509 per dag.
172 909 aanrandings – 474 per dag.
53 540 diefstal – 147 per dag.
58 370 motordiefstal – 160 per dag.
29 894 veediefstal – 82 per dag.

Dus, op enige gegewe dag in die land is minstens 2 600 mense in die land, slagoffers van misdaad! …en dit is maar die sake wat aangemeld word en die syfers wat die SAPD bereid is om te erken…”

veronica ·

Ek snak na my asem! Goeie Gawie Gortsop! Waar kom hierdie imbesiel vandaan!! Net ‘n idioot sal haar MISKIEN glo!! En sy vertel die snert met ‘n poker gesig??!! Haai weeeet jy!!

anet ·

Me. Phiyega, wat se jy nou???Plaasmoordenaar die uwe Petros Mamaru draf nou vry rond om die volgende moord te beplan, nadat hy uit die Belfastse gevangenis ontsnap het, Nee was gehelp om te ontsnap, seker die vriendelike maatjies aan diens. Nou gaan hy weer moor. Mense Afri-forum waarsku die landelike mense in BELFAST om hulle self te beskerm, wees paraat!!!!

Maggie ·

Ja sure. En die Tokoloshe, Kersvader en die Paas Haas bestaan regtig.

Heidi ·

DIT is nou presies wat gebeur as ‘n land deur ‘n klomp ongeletterde goed geregeer word!
Ek was nou net op die Red October Webblad en het my naam op die petisie gesit. Laas jaar het hul dieselfde gedoen maar dit help veel as die Hoof van die Polisie nie Statistieke kan lees nie!
Ek wonder of sy kan lees punt! Die polisie is die grootste kriminele maar hoe gaan die gesegde:
Dit vat ‘n krimineel om ‘n krimineel te vang.

elza nortje ·

Elke landbouer wat vermoor word is een te veel! Dit is save the rhino, maar wat van die boere?

HEVW ·

Het jy al gehoor van n volstruis kop in die grond en kastrol in die lug. Met n klomp moetswilligheid vermeng met onnoselheid daarby. Ek glo daar is instansies met die korrekte gegewens. Vat haar aan asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.