Plaasmoorde het afgeneem, sê polisie

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, glo die polisie se veiligheidsplanne werp vrugte af aangesien plaasmoorde volgens hul statistieke met 30% afgeneem het sedert 2010, het Beeld Maandag berig.

“Dit is positief. Daar was sedert 2003 ʼn jaarlikse afname, afgesien van een finansiële jaar [2012-2013],” het Phiyega aan Beeld gesê. Volgens haar kan dit toegeskryf word aan die werk wat gedoen word rakende landelike veiligheid, gemeenskappe se waaksaamheid en ander veiligheidspogings.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope sewe jaar nie statistieke rakende plaasmoorde bekend gemaak nie, maar volgens Beeld wel rekord gehou.

Volgens die rekords is 271 mense die afgelope vyf jaar op plase of kleinhoewes vermoor. Plaasmoorde het glo van 71 in 2010/11 tot 48 in 2013/14 afgeneem. Die jongste inligting wys 36 is tussen April en Desember 2014 vermoor.

Die SAPD se jongste statistieke wys 36 mense is tussen April en Desember 2014 op plase of kleinhoewes vermoor.

TLU SA het egter die statistieke bevraagteken en meen volgens sy rekord was daar minstens 63 plaasmoorde in 2012, 62 in 2013 en 67 in 2014. TLU SA se syfers sluit 45 moorde in wat in die polisie se inligting ontbreek. TLU SA se syfers is volgens kalenderjare en nie boekjare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Manie ·

Wat die Polisie sê en wat die realiteit is, is twee verskillende Statistieke. TLU is ‘n meer realistiese opname.

Grassie ·

Sy lieg soos ‘n tandetrekker. Sonder om amptelike statistiek in ag te neem blyk dit duidelik uit nuusberigte dat daar ‘n groot toename in plaasaanvalle is. Ek sien sy praat net van moorde, nie van aanvalle nie, ook ‘n manier om statistiek af te water. Dink maar net aan die mense wat ernstig beseer en ook dames wat erg verneder is (ek dink lg. is erger as moord) en die statistiek lyk heel anders.
Haar statistiek kan ook nie nagegaan word nie want die polisie mag nie plaasaanvalle apart spesifiseer nie. Sy kan dus enige syfers sommer uit die lug gryp en niemand kan dit betwis nie.

SNEL ·

Hierdie is n leuen!!!!! Lees hulle die ding reg? Draai hom om en probeer weer. Daai plaasmoorde het verdubbel.

boer ·

Nou wie probeer hulle nou m die bos lei met hierdie statestieke???? Dink hulle nou regtig ons is so stipid?

Hulle hou al lankal nie meer track van plaasmoorde nie?

boer ·

Nou wie probeer hulle nou m die bos lei met hierdie statestieke???? Dink hulle nou regtig ons is so stupid?

Hulle hou al lankal nie meer track van plaasmoorde nie?

Elsie ·

Hulle wil daarmee voorgee die blankes kla oor iets wat nie ‘n probleem is nie. Indien die rolle omgeruil was het die blankes nou tot die buiteland op hulle gehad! As almal net saam gestaan het, maak nie saak wat jou ras is nie, sou die land baie beter gewees het. Sien elkeen as ‘n mens en kyk nie teen velkleur vas nie!

CHRISTA ·

Julle moet maar die minister verskoon. Onthou: hulle het mos nie onderwys gehad nie. Hoe verwag julle dan dat hulle moet kan tel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.