‘Plaasmoorde het niks te doen met ras’

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Bheki Cele, adjunkminister van landbou, het Dinsdag gesê aanvalle op plase, wat dikwels met die moord op plaaseienaars gepaardgaan, het niks met die slagoffers se ras te doen nie.

“Ons doen ʼn beroep op almal, ook die media – om die raskwessie uit plaasmoorde te haal. Die mense wat doodgemaak word, is boere,” het Cele aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons het gesien boere kom onder aanval, hetsy hulle wit, swart, geel, groen of pers is, en ons hanteer dit so. Op ons grondgebied van boerdery, neem ons dit ernstig op.”

Cele het gesê die departement van landbou het ʼn beperkte rol in die bestryding van plaasmoorde. “Landbou kan nie sê ons gaan diegene wat die boere vermoor in hegtenis neem nie. Ons wens ons kon, maar ons kan nie. Ons kan nie sê ons gaan hulle skiet nie,” het hy gesê. “Daar moet goeie kommunikasie wees tussen boere en hul plaaswerkers. Daar is ʼn behoefte aan vinnige reaksie deur polisiestasies rondom die plase.”

Senzeni Zokwana, minister van landbou, het Dinsdag gesê die aanval op boere is ʼn kommerwekkende neiging. Zokwana het tydens die mediakonferensie gesê hy is nie bereid om besonderhede te gee oor ʼn strategie om plaasmoorde te beveg nie.

“Ons het nie hierheen gekom met spesifikasies nie. Onthou dat van die spesifikasies vir die hantering hiervan by die polisie lê,” het Zokwana gesê. “Ons sal met hulle vergader om te kyk na maatreëls wat proaktief is. Ons moet ʼn forum op die been bring waarin boere, plaaswerkers en die gemeenskap om die plase as ʼn span kan saamwerk. Ons moet die boerderygemeenskappe harmoniseer. Ons het begin om met ander departement saam te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bekommerd ·

Wat rook die man? En, is dit die gevolg van liedere soos “Kill the boer” ???????????

ek se so ·

jan nee se ek ook. soos byvoorbeeld daardie meisies wat uit die pukke geskop is oordat hulle soos bruin vrouens aangetrek het na n dressup party toe, want dis glo rasisme, maar wat van die bruin mannetjies langs die pad wat hulle self wit verf en dans soos hoenders wat is dit? dit is ook mos rasisme, die plaas moorde vind plaas asgevolg van daardie lietjie kill the boer kill the farmer maar net wit mans en vrouens en kinders word vermoor. jan nee sit ma die land verder in sy dinges in. dit is al kla so erg vermoor maak dood wi jy wil want jy gaan nie toe gesluit word nie lekker man lekker

Vic ·

Kan miester Cele vir ons die syfers verskaf oor die swart, geel, groen en pers boere wat vermoor is asseblief?

anet ·

Bheki Cele, die afgelope tyd is dit Blanke boere wat vermoor word en nie swartes nie. Gaan lees maar die statistieke, as jy statistieke kan verstaan. Hoekom se julle maar liewer niks, praat net ‘n spul nonsies. Julle sal vinnig reageer as die swart boere so uitgemoor word, en belonings sal volg vir die wat kan help om moordenaars op te spoor.

Willie ·

…”Zokwana het tydens die mediakonferensie gesê hy is nie bereid om besonderhede te gee oor ʼn strategie om plaasmoorde te beveg nie”…

Zokwana, daar bestaan nie so iets soos ‘n strategie van regeringskant om plaasmoorde te beveg nie want jy en jou regering is onbevoeg om ‘n werkbare strategie op die tafel te sit en suksesvol deur te voer.

rienie ·

Izzit!!!!!!! kan enige regdenkinde jou glo? Se altyd, moet nooit mense se intellegensie onderskat nie…………

carel ·

Bheki Cele jy is seker nie baie slim nie – vergelyk hoeveel wit ooms en tannies dood gemaak word met hoeveel swart op plase – hoekom wil jy vra dat die media goed moet wegsteek – waarvoor is jy bang of skaam – die rasiste in die land het baie meer wit mense vermoor as wat wit mense ooit swartes gedood het

zahn ·

Nou toe nou. Ons moet ‘n forum tot stand bring. Forums maak kollektiewe besluite , wat vir die individu wat bedreig word, niks beteken nie op daardie oomblik nie. Los die forums, bring terug die kommandos. Eenvoudig. Maak hierdie kommandos kleurblind, ek is seker ons sal almal hieraan wil deelneem, ook die van die ander kleur wat al net so Gautvol is vir dieselfde deuntjie.

WILLEM,,NAmibia ·

Soos ek dan voorheen gese het ek geniet hul uitspraak in die media lig..Hul bewys aan ieder en elk hul onbevoegdheid om die pos te beklee wat hul wel tans beklee,
Dit is kommer wekkend hoe stupid hul is en dan as a minister wil ge titel word.
Skrik wakker bheki cele en zenseni sit tie kongkrete bewyse op die tafel neer en kom staaf jou uitlating. DIT IS DIE WIT BEVOLKING WAT UIT GEMOOR WORD,, Die goed moet vol acid gegooi word om die brand merk mee gemerk te word,,Hul is barbaars..,

AndreR ·

Wat is die ras van die oortreders? Ek wil eerder met ‘n oplossing kom. Laat die boere bietjie ophou kos mark toe stuur sodat daar ‘n tekort ontwikkel. Verhoog dan maar die pryse van die mielies en koring en gebruik die ekstra inkomste om lyfwagte te kry (soos elke politieke p-all het). Plaas ‘n heffing op lanbou produkte en skep ‘n boere beskermingsmag!

Leon Rheeder ·

My question is how many of these farm attacks took place on farms where great effort was put into securing the house? I Have driven past many a farm house and noticed there was no fencing or visible security measures in place.
Make sure your farm house is fenced off with 10foot double fencing, both toped with razor wire , double gates (automated), motion beams are installed, energy efficient spotlights are erected to illuminate all areas. Place warning signs stating anybody entering without permission will be shot. If you detect someone on the inside of your fenced off area, shoot them, you feared for your and your families lives and the job security of your workers.

thomas ·

dink hulle regtig ons is ongeletterd,manne bring asb die commando’s terug,dit was in plek,maar cancer het dit verwyder,hoekom?ons weet hoekom,die ruseltate is daar!

Jannie ·

Ek het nog nooit gehoor van n swart boer wat aangeval was deur blankes nie , en met die grondhervormings uitsprake van Zuma word daar aangeneem dat die blanke boere sonder slag of stoot hulle grond gaan prys gee.

Lindie Lourens ·

“hetsy hulle wit, swart, geel, groen of pers is”- ‘n regte reënboognasie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.