Plaasmoorde het “onaanvaarbare vlakke” bereik

Argieffoto

Argieffoto

Die landbou-organisasie TLU SA het Dinsdag gesê plaasmoorde en -aanvalle het toegeneem sedert verlede jaar en het onaanvaarbare vlakke bereik.

“Die situasie vererger elke jaar,” het adjunkpresident Henry Geldenhuys gesê. “Volgens TLU SA se statistiek is 42 mense sedert Januarie 2014 op plase vermoor. Daar was reeds 158 plaasaanvalle in vergelyking met die 142 plaasaanvalle oor dieselfde periode in 2013. Hy het gesê mense word ook gemartel tydens die aanvalle.

Geldenhuys sê boere moes hul veiligheidsmaatreëls verskerp en die regering swyg oor die kwessie. “Die regering se prioriteite is verkeerd,” het Geldenhuys bygevoeg. “Ons is besorg daaroor dat president Jacob Zuma oorsee uitlatings maak oor die Israel-Palestina-kwessie, terwyl hy swyg oor onsekerheid in sy eie land, veral op plase waar die land se kos vervaardig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Ek stem 100% saam met Mnr Geldenhuys – verskoon die Engels – CHARITY BEGINS AT HOME, maar Zuma besef dit nie ! Hy is nie eers in staat om hierdie eens mooi land te regeer of misdaad onder beheer te kry nie, maar wil sy stem dik maak wat ander lande aanbetref.

Soveel vir ‘n president – tsk !

Nogals ·

Daar is eintlik ‘n baie eenvoudige antwoord. He who sits on the sack of gold is king! Laat die persoon op sy belastingnommer stem. As jy aan ons grond vat, betaal ons vir 3 maande nie belasting nie. Hulle sal kruip om ons happy te maak solank die geld net nie ophou nie. Dan kan die omkoop geld nie betaal word nie en staan hulle tou om mekaar in die rug te steek. Plaasmoorde sal ophou want wie gaan die moordenaars betaal. Crime pays big time. Dis waarom alle crime eskaleer. Die goverment maak baie geld en sodoende word plase ook verkoop. Nog ‘n manier van onteiening. Ons moet slim dink.

Trippie ·

Dit sou goed wees indien ons, ons belasting kon weerhou, maar die werkgewer trek dit outomaties af – wat nou ?

JC. ·

Ons moes n besluit neem 9 jaar gelede toe ons aangeval is in my pa se kantoor. Ons was almal hoogs geskok na n voorval waar 4 gewapende krimenele ons oorval het op ons plaas en ons met wapens op die grond vasgedruk het. Ons was daardie dag amper almal bokveld toe. Die besluit was,ek gaan my familie uit die wrede land neem wat my geboorte land was en imigreer, laat ek se,dit was die beste besluit wat ons gemaak het. Na amper 10 jaar,kyk ons nie meer terug nie. Ek het al my plase daar verkoop en van ontslae geraak,en die guts gehad en beweeg. Ons sal nooit weer terug gaan nie, die voordele hier is te groot om te beskryf. Ek sluit nie my voertuig nie,ek los my sleutel in my bakkie. My stoor staan somtyds in die nag oop op my plaas,niemand steel my gereedskap nie,ek kan ry en loop en gaan waar ek wil in die aande sonder vrees,en ons het baie vriende. My vraag is,hoe dink mense.Kyk na die werklikheid,gaan die misdaad ooit stop in Suid Afrika? Net om te se,dit was my besluit.

Tokkie ·

JC – Good for you – ons ander arme drommels het nie plase en plase en…….. om te verkoop om iewers anders ‘n begin te gaan maak nie en moet maar die “punch’ vat. Jy openbaar swaak smaak om jou geluk so in ons kele af te druk – bly net stil en sê elke aand dankie aan ons Skepper dat Hy dit vir jou moontlik gemaak het om te ontvlug!

Eben ·

JC ek gun jou dit alles. Ek wens ek het die geleentheid gehad om weg te kom. Die vraag is ek moet eers n werk kry en dis moeilik op my ouderdom (54) … so as jy n werkie het vir n FM laat weet, ek is nou nou daar! (ernstig)

Theresa ·

Dit is verdomp lankal onaanvaarbaar. Watse gevlakke is dit nou. Die eerste plaasmoord was al onaanvaarbaar. Dis ons kos wat uit ons monde gevat word en mense wat hulle lewe omgewerk het op die plase. Party bereik die wonderlike ouderdom van 80 + en moet dan so wreed vermoor word. Die Regering voel niks – hulle soek net grond en op hulle pligstaat staan net een ding: “Verryk jouself elke dag”.

william ·

Kyk maar net in ons buurland . Toe Bob oorgeneem het ,het hulle kos uitgevoer. Nou staar mense hongersnood in die gesig. As Zuma en die regering nie iets wil of gaan doen omtrent die plaas moorde hier nie , dan kan ek nie anders om te glo dat die regering deel is van die aanvalle. Hoekom is die kommandos ontbind.? Hoekom word mense ontwapen. ? Dit laat n mens dink.

sarie ·

Zuma wil net gesien word in ander lande,vir sy eie land beteken hy (nul) daar word niks gedoen vir ons nie want ons hoort mos nie hier nie,maak maar blikkies groente by mekaar ,dis al groente wat ons gaan he om te eet.Al die weerlose oumensies word dood gemaak en die boere word van hulle plase gejaag of dood gemaak.

Grassie ·

Ek verskil so ‘n bietjie van TLU se stelling – plaasaanvalle het nie nou ‘n onaanvaarbare vlak bereik nie, dit het laaaankal daardie vlak bereik. Soos wat werkloosheid en misdaad toeneem gaan dit nog veel erger word. Dan word dit nog verder aangevuur deur politici met aanmerkings soos “skiet die boer” en “julle het die plase by ons gesteel.” Van owerheidsweë kan nie veel optrede verwag word nie. Hulle het die hele regstelsel, van Polisie tot by Justisie, so opgevoeter dat hulle nie kan help nie, al wil hulle (en ek glo nie hulle wil nie). Ek sal graag wil hoor of enigiemand aan ‘n haalbare oplossing kan dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.