‘Plaasmoorde in 2017 reeds soveel as in 2016’

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die mediakonferensie. Foto: Reint Dykema

AfriForum het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie die organisasie se statistieke bekendgemaak van die aantal plaasaanvalle en -moorde wat tot dusver vanjaar in Suid-Afrika plaasgevind het.

Dit kom nadat daar 11 plaasaanvalle net in die afgelope vyf dae in die land plaasgevind het. Vier mense het in dié plaasaanvalle gesterf.

Volgens AfriForum was daar sedert 1 Januarie 2017 minstens 341 plaasaanvalle waartydens 70 mense vermoor is. Dit beteken daar was in 2017 tot dusver reeds soveel moorde tydens plaasaanvalle gepleeg as die totale aantal plaasmoorde gedurende 2016.

Volgens Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is hierdie syfers van AfriForum konserwatief aangesien die organisasie slegs plaasaanvalle aanteken wat hy kan verifieer. Roets het genoem dat sommige aanvalle nie aangemeld word nie of nie geverifieer kan word nie en daarom is die syfers wat deur AfriForum bekendgemaak word moontlik minder as die ware aantal plaasaanvalle wat plaasgevind het.

Volgens AfriForum se syfers was daar oor die afgelope ses jaar ʼn skrikwekkende toename in plaasaanvalle. In 2011 is 96 plaasaanvalle en 48 plaasmoorde aangeteken. Dit het in 2012 aansienlik gestyg na 174 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde. In 2016 is 357 plaasaanvalle en 70 plaasmoorde aangeteken.

Grafiek: AfriForum

Roets het hom ook uitgespreek teen Fikile Mbalula, minister van polisie, se “traak-my-nieagtige houding” teenoor plaasaanvalle. Hy het verwys na ʼn mediakonferensie verlede maand waar Mbalula verduidelik het dat boere beskerm moet word “omdat nie alle boere rassiste is nie”.

“Ons sien hierdie uitspraak van minister Mbalula as ʼn patetiese poging om ons te oortuig dat hy omgee, wanneer al wat hy doen is om sy eie vooroordeel teenoor boere in Suid-Afrika ten toon te stel,” het Roets gesê. Hy het beklemtoon dat Mbalula tydens dieselfde mediakonferensie gesê het daar sal binne die volgende week ʼn nuwe landelike veiligheidstrategie bekendgestel word. ʼn Maand later is hierdie strategie steeds nie bekendgestel nie.

Foto: Reint Dykema

Roets het na Mbalula gekap deur te sê dat misdade wat Mbalula en die ANC se politieke agenda ondersteun opgeblaas word tot “ʼn nasionale skouspel”, maar misdade wat nie hierdie politieke agenda ondersteun nie, word op die agtergrond geplaas of heeltemal geïgnoreer. “Ons kan nou ʼn misdaad opmaak wat Mbalula se politieke agenda dien en hom daaroor twiet en dan kan ons die minute tel wat dit vat voordat hy reageer,” het hy gesê.

Op ʼn vraag aan Roets wat volgens AfriForum ʼn effektiewe strategie sal wees om plaasaanvalle en -moorde te voorkom, het hy gesê daar is verskeie aspekte, reaktief sowel as pro-aktief, wat aandag moet kry. Hy het gesê AfriForum meen plaasaanvalle moet as ʼn prioriteitsmisdaad geag word aangesien dit ʼn unieke misdaad is wat onder unieke omstandighede gepleeg word en dit dus nie op dieselfde manier bestry kan word as ander misdade nie.

Hy het ook genoem dat spesialiseenhede vir landelike veiligheid op die been gebring moet word en ʼn unieke teenstrategie teen plaasaanvalle ontwikkel moet word. Roets het genoem dat daar in ag geneem moet word dat daar ʼn groter probleem in Suid-Afrika is in terme van ʼn kultuur van geweld wat in die land heers wat ook aandag moet kry. “Ons sien invloedryke politici wat by openbare geleenthede uitsprake maak waarin geweld teenoor boere aangehits word,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is ook belangrik vir mense wat in landelike gebiede woon om betrokke te raak by hul plaaslike veiligheidstrukture en aktief deel te neem om misdaad in hul gemeenskap te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

hannes marais ·

erns roets.jy moet onthou dis nie net plaasmoorde wat plaasvind nie..daars moorde elke dag op blankes in dorpe en stede..ons kan nie baklei vir een groep van n bevolking en die ander los nie,dan moet ons eerder praat van n genocide

Johan ·

Hannes. Dis so waar jou opmerking. Ek kan net sê “hoor-hoor”. Die boerdery gemeenskap is die kleiner segment van die blankes in Suid-Afrika. Tog verhef ons die boer se dood emosioneel bokant ‘n blanke in die dorp. Die meeste Afrikaners is getraumatiseerd deur moorde in dorpe en stede stede, maar simpatie en empaties word slegs gefokus, met baie tyd en baie bemarking, as ‘n boer net aangeval word en nie eers dood is nie. My punt is dat jy nie dieselfde reaksie van almal kan verwag as almal se seerkry nie konsekwent dieselfde geag word nie.

Penellope Jones ·

Ek glo nie die “regering” steur hulle veel nie – dinge sou anders gelyk het sou hulle enigsins aandag daaraan gegee het, werklik met toegewydheid gedink en opgetree het.

Johannes ·

Botterblommetjie, miskien eendag, ver, ver in die toekoms, in ‘n republiek wat die Boere weer regeer sal dit so werk.

HENNA ·

Wat word gedoen – die grafiek styg net by die dag ?? Volg ons nou maar Zim tot daar geen boer meer oor is om te boer !!

Villiecia Booysen ·

Sue Visser Die is sopas op maroela media se status geskryf

Ek is ‘n advokaat wat vir 11 jaar ‘n lid van die Johannesburg Balieraad was. Ek het in 2016 my LLM (Meestersgraad in Internasionale Publiekereg [Menseregte]) voltooi en het my thesis gedoen juis oor die kwessie van plaasmoorde. In my thesis het ek ‘n internasionale menseregtebeginsel, met al die navorsing en internasionale hofsake daaroor, gevind wat gebruik kan word in die Hof (asook die African Court of Human Rights) om die SA Regering direk aanspreeklik mee gehou kan word op ‘n plaaslike en internasionale vlak. Ek was deurentyd in kontak met Solidariteit gedurende die skryf van my thesis, en het ook my finale thesis aan hulle gestuur. Hulle het dit ontvang, want daar is ‘n epos aan my gestuur waarin hulle my bedank daarvoor en sê hulle sal konsulteer daaroor. Ek het ook my bereidwilligheid om as advokaat in ‘n hofsaak oor plaasmoorde aan hulle aangebied. Dit is nou al meer as ‘n jaar later en absoluut niks het daarvan gekom nie!! Ek verstaan dit nie; hulle het AL die regsnavorsing en regsremedies in ‘n thesis om die kwessie van plaasmoorde mee aan te spreek en daar word absoluut niks daarmee gedoen ??????

Anelle Willemse Ag tog hulle beteken niks ni ek dink as die families en sommer elke blanke wat sterk voel oor plaasmoorde kan saamstaan en skrywer ondersteun en die regering aanvat sal daar iets gebeur maar om vir afriforum te wag is tyd mors

vra maar net ·

Na skrywe van Villiecia Booysen kan solidariteit net aan ons vedydelik hoekom daar nie ag geslaan word op hulp wat aangebied word nie Woorde betekin niks ons wil nou daade begin sien

Swart Piet ·

Villiecia Booysen – Dis nou absoluut wonderlik om hierdie stuk van jou te lees. Ook nooit geweet dat daar regs gronde is waarop die staat aanspreeklik gehou kan word vir plaasmoorde nie. Dit is ook een van die redes dat Solidariteit en Afriforum sukkel om lede te kry. Sodra hulle begin om vir die witmense te begin baklei dan kan hulle lede tal en finansies dalk baie beter begin lyk.

Schalk van der Merwe ·

Jy was in kontak met Solidariteit – ‘n werkers vakbond – nou wag jy vir Afriforum om reaksie te toon. Miskien moet ons almal ophou wag vir iemand anders om iets te doen.

morne ·

Julle het nou die statistiek Mnr Ernst Roets…..die vraag is WAT julle nou daaromtrent doen???So kan dit die … weet nie aangaan nie…..dit voel soos oorlog!!

Susan de Klerk ·

Jaar na jaar het AfriForum dieselfde “sing song” oor en oor . Statistieke maak hulle vreeslik opgewonde maar as dit by aksie kom is hulle stil. Julle planne is afgewater en holgery.

susan de klerk ·

Statistieke maak AfriForum vreeslik opgewonde!! Julle planne vir bekamping is holgery en elke jaar dieselfde.

Schalk van der Merwe ·

Hi Susan, kan nie wag om jou plan te hoor nie

marous ·

Stuur die fotos van die slagoffers met toestemming van die naasbestaandes , wereldwyd elke dag. Plak dit teen die parlement se mure op elke dag.

Vermeende ·

Ek bid dat daar vir ons n doener gegee word om te ly want tot op hede het ons nog net praters gehad wat voor wil loop, mense wat vrek oor hulle eie stem.
Dit is goed om statestiek by te hou as bewys maar bewys vir wat, jaar op jaar gee julle vir ons die syfers maar wat doen die leiers daaraan, praat en gesels nie, vra almoese hier en daar om die stryd voort te sit en niks gebeur nie, steeds is die syfers hoer die jaar teen laas jaar.

Ek is dankbaar dat ek n aanval tot nou tou vrygespring het. Hoeveel geld moet ek aan die praters gee om my stem stil te maak en nog geld te vra.
Julle sal moet begin praat want ons mense is g@tvol verby!

vra maar net ·

Kan ons as blankes nie n betiesie optrek wat deur alle blankes ondertekin word om hulp van buiteland aan te vra nie buite land kan mos darem nie net hulle oe toemaak en die versoek verwerp nie en hulle voorsien van statistieke soos dit in suid afrika gaan nie

stefanie ·

Ons soek reaksie van solidariteit op bo genoemde skrywe Antwoorde ASB

Shaun ·

Om deel te neem aan die veiligheids strukture is ook nie die antwoord nie. Ons was deel van die AfriForum Buurtwag. Daar is soveel onmin tussen die lede , dat ons genoodsaak was om te bedank . Ek het aangebied om hulle takties op te lei . Gratis en verniet . Meer as n jaar later , en nog steeds ZERO belangstelling. Dus beveilig ek maar my eie plasie . En dit werp vrugte af . Ongeveer ses voorvalle van diefstal , drade knip , merkers op heinings plaas die laaste week. Oral om my . Ook my direkte bure . By my niks . Wees paraat en maak staat op jouself .

Johan ·

Shaun kan jy my jou nr gee wil graag bietjie advies he en met jou skakel,elke dag is daar nuwe merkers op by plaas wat ek huur en ook in ons tuin om die plaashuis en het geen plaaswerkers so iemand wat ons dophou lyk dit my.

Stem nogal saam ·

Villiecia Booysen, ek is ‘n IT student wat my meesters doen in plaasveiligheid. Ek het AfriForum gekontak verlede jaar om meer raad en advies in te win om die stelsel so te ontwerp dat alle senarios gedek kan word sodat die boere proaktief kan optree voor die diewe by die huis kom. Daar was gesê hulle gaan in kontak wees, maar tot vandag toe het ek niks gehoor nie. Ek gaan voort met my stelsel en een van die dae gaan dit realiseer. :)

Vermeende ·

Shaun, buurtwag is nie die antwoord nie maar hy spel wel n rol in n opvolg aksie na n aanval.
Vat jou plaas ek kyk waar le jou eerste lyn van verdedaging in n aanval, dit le op jou direkte buurman se plaas en nie Koos wat 20km van jou af bly nie.
Jou direkte buurman kan vanniger reageer as jy alarm maak as die buurman wat 10plase van jou af bly wat ook by die buurtwag ingeskakel is.
Konsentreer op jou dierekter bure want die moordenaars sal moontlik deur sy grond moet stap om by jou te kom moor, keer hom daar weg van jou af.

Vryheid ·

Mense luister maar hoor nie. Mense kla maar doen niks. Wanneer gaan die moorde op boere stop- dit gaan nie, ons bly sit en bied geen weerstand nie! Die regering is besig om hul planne deur te voer en ons mense dink alles sal maar seker beter word- skrik wakker voor dit te laat is.

Boerseun ·

Waarom ons so gruwelik uitmoor, al wat ons as boer wil doen is vir ons land sorg deur om voedsel te produseer, dis waarvoor ons lief is en n passie het.

rollie ·

‘n Jaar se aantal plaasmoorde = een en ‘n halwe dag se aantal moorde in SA. ‘n Swartpersoon het ‘n 8 keer groter kans as ‘n Blanke om vermoor te word in SA. Kom tog oor hierdie “blanke genocide” versinsel.

Theresa ·

Dis nou regtig ‘n simpel opmerking oor so ‘n ernstige kwessie. Geen mens hoef oor ‘n genocide te kom nie. Jy het seker geen empatie, simpatie of gevoel vir wat gebeur nie.

Johannes Meintjes ·

Dit is my beskeie aanbeveling, as belastingpligtige en stemgeregtigde Suid-Afrikaanse burger wat deur misdaad en ekonomiese verval geteister word, dat enigs instansie wat berade hou en as die groot kenner en redder m.b.t. misdaad in SA paradeer, voortaan deur die publiek gedagvaar moet word vir gebrek aan beveiligingsresultate.

Shorty ·

Ja ons is mos soos paddas wat stadig in water gekook word….

Boetman ·

Solank die regering, malemas en blfs haatspraak verkondig (hulle doen dit juis vir hierdie doel) sal plaasmoorde en moorde op blankes nie ophou nie. Hulle weet hulle hoef net hul monde oop te maak, dan sal dwase hul vuil werk doen.

jacques ·

AfriForum, julle sal aan lan B moet begin dink, baie mense in die land kyk op na julle. Vergeet nou van statitieke en begin iets saam met ons om die ding te oorwin. Boere vat jul trekkers en trokke en bakies en stropers en blok die land se stede sodat niks en niemand kan beweeg vir 3 dae nie, ek meen die taxis kon dit doen. Ek sal saam julle daai nagte deurbring so help my God

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.