Plaasmoorde: Jagtersvereniging reageer ná video

‘n Skermskoot uit die video.

Die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) het Donderdag gesê hy ondersteun geen oproep tot burgerlike ongehoorsaamheid wat spruit uit ʼn vlaag plaasaanvalle en -moorde oor die afgelope tyd in die land nie.

Dit volg nadat ʼn video van Marius Barnard, besturende direkteur van Eric Barnard Meubels in Pretoria, wyd op sosialemediaplatforms, waaronder die onderneming se Facebook-blad, gedeel word waarin hy met ʼn geweer, ʼn pistool en ʼn Bybel voor hom sit.

In die video stel hy homself voor en sê: “Daar is twee opsies wat ons op hierdie oomblik in ons land het om al hierdie moord en roof en doodslag tot ʼn einde te bring.

“Die eerste ene is om met ʼn gewapende stryd te begin. Baie van ons het wapens. Ons het dit tot ons beskikking, maar die volk van Israel het nooit opgetree alvorens hulle nie eers die Here geraadpleeg het nie. Die tweede oplossing is om eers met hierdie boek te begin, wat die Bybel genoem word, en daar kry ons ʼn paar versies wat baie duidelik vir ons sê wat om te doen.”

Hy lees voor uit Jesaja 56: “So sê die Here: Laat reg geskied, doen reg, want die verlossing wat Ek bring, is al aan die kom, en die redding wat Ek bewerk, gaan nou geopenbaar word.”

Hy sê dan “genoeg is genoeg” en doen ʼn beroep op almal “as ʼn boerevolk” om Saterdag 28 Oktober om 12:00 vir twee minute te bid om God vir leiding te vra. “Ons moet eers vir God vra wat Hy wil hê ons moet doen voordat ons enigiets anders verder aanpak.”

Die video volg ná Dinsdag se moord van Joubert Conradie (47), ʼn druiweboer van die Klapmuts-omgewing in die Wes-Kaap. Chris Loubser, Conradie se vriend, het daarna in ʼn hartroerende video ʼn beroep op die publiek gedoen om Maandag swart aan te trek ter ondersteuning van die land se boere. Vele mense het hulle tot sosiale media gewend om optrede te eis.

Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, het Donderdag in ʼn verklaring die vereniging gedistansieer van alle video’s wat op sosiale media gedeel word wat Suid-Afrikaners versoek om wapens op te neem in die stryd teen plaasaanvalle en -moorde.

Camphor het na Barnard se video as ʼn voorbeeld verwys en bevestig Barnard is ʼn lid van die vereniging en dra ook in die video ʼn hemp met SA Jagters se embleem op.

“Ons is baie bekommerd oor die toename in gewelddadige aanvalle op die landbougemeenskap en op boere, soos die onlangse misdaadstatistieke duidelik aandui,” het Camphor gesê. “Ons simpatiseer met die plaasgemeenskap, boere en almal wat op plase woon. Baie boere is ook lede van SA Jagters. Ons ondersteun hulle en is bekommerd oor hul welstand.”

Camphor het gesê die vereniging onderskryf geensins weerwraakaanvalle nie, maar beklemtoon dat die Suid-Afrikaanse polisie ernstig moet optree om enige vorm van geweldsdade in die landbougemeenskap te bekamp.

“SA Jagters respekteer die wet en moedig sy lede ook aan om dit te doen. Ons gedragskode verwys spesifiek na die nakoming van die land se wette en veral wetgewing wat van toepassing is met betrekking tot die besit en gebruik van vuurwapens.”

Camphor het aan Maroela Media gesê hy het intussen met Barnard in verbinding getree. “Hy het reeds skriftelik om verskoning gemaak dat hy die vereniging by sy boodskap betrek het deur die hemp toevallig te dra. Hy het gesê die hoofdoel van sy boodskap is dat almal Saterdag saam sal bid vir leiding. Aanvanklik lyk dit asof hy oënskynlik openbare ongehoorsaamheid aanhits, maar as ʼn mens weer daarna kyk, kan ʼn mens sien hy versoek mense om vir leiding te bid,” het Camphor gesê.

Hy het gesê die vereniging het die verskoning aanvaar en oorweeg nie verdere stappe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

jean ·

Is dit nie werklik tyd nie?…Waarom moet ons vir alles verskoning vra terwyl daar DAAGLIKS van ons mense vermoor word?………..Dit sal eenvoudig aanhou….

Watse wette en polisie is daar ·

Watse wette en watse polisie? Waar is hulle?

Cherokee ·

Jean, indien jy mense tot aksie aanpor behoort jy nie embleme van verenigings vertoon, indien jy hulle nie verteenwoordig nie. So eenvoudig soos dit. Redes spreek vanself en hoef nie verduidelik te word nie.

Pieter ·

Ons almal glo aan gebed en genade maar sonder gehoorsaamheid aan YHWH se Woord is dit Ikabod met ons

Marius ·

Stem saam maar hoekom het ‘n mens n vuurwapen om jouself te verdedig en dit is presies wat gaan gebeur as ons boere aanhou om vermoor te word terwyl hulle vir die vyand kos gee wat hulle aanval.

G@tvol ·

Die man het geensins gese dat die boerevolk wapens moet opneem nie. Hy se duidelik in die video dat ons God om hulp moet vra – miskien was dit nie die beste idee om met ‘n aanvalsgeweer te sit en die boodskap oor te dra nie maar tenspeite daarvan was sy boodskap duidelik – bid en God sal leiding gee.

Eish ·

Née, ek dink dit praat waar woorde nie kan nie. In die tyd van Nehemia toe die volk die muur om Jerusalem herstel het, het elke man voor sy eie huis gebou, troffel in die een hand en swaard in die ander.

Annwen ·

Ai ons ou nasie ..kan maar net nie saamstaan nie. Moet altyd hoed in die hand skuus se. Mag mos nie standpunt inneem nie. Nog n boer Sal moreoggend heel waarskynlik dood wees .

Cherokee ·

Maroela, filter asseblief die aanhoudende rympies soos ‘Afrikaners wat nie kan saamstaan nie’. Dit is een van die verveligste rympies wat aanhoudend opgedis word. Filter dit uit asseblief.

Eish ·

Dit sou kom, een of ander tyd dat so n uitspraak gemaak word. Party van ons se velletjie is tot op die vleis afgeskuur. Almal simpatiseer en doen n beroep op optrede maar niks gebeur nie buiten die slagting van boere wat eskaleer. Die regering se instemmede stilswye spreek boekdele van kondonering van die situasie.

Ons is regtig keelvol vir die onbeholpe regering en sy misdaaddeurdrenkte SAPS. Mnr. Barnard het waaragtig guts om as besigheidsman hom so bloot te stel. Dit vind plaas wanneer die blankes tot in die hoekie gedryf is en donker geverf word.

Hy kan maar verseker wees dat die intelligensie instansies van die regering n leêr op hom gaan aanlê en hom fyn gaan dophou. Formele klagtes kan ook nie uitgesluit word nie. Sal my ook nie verbaas as aanhouding sonder verhoor so stilletjies terugsluip nie.

So bereik ons een na die ander ons gebroke hart sindroom nè.

Sue ·

Nou hoekom doen hulle nie iets nie. Almal kla sodra iemand probeer dat ons saam staan dan is dit ook verkeerd wat moet ons doen om gehoor te word.

Carel ·

Marius het die wapens as laaste uiteweg beskou. Sy versoek is BID nie skiet nie
SANJV julle is uit lyn uit

Jake ·

Camphor, jy moet dalk bietjie ruggraat kry. Staan op vir wat reg is!!

Naomi ·

Nou wat is die probleem met die video, seker polities nie korrek nie. Ek dink jul probleem is eintlik omdat mr Barnard die mense versoek om terug te keer en leiding te vra by God en te vra wat HY wil hê. Mr Barnard het nie geweld aangehits. Hy het gebed voorgestel vóór enige iemand iets doen. Dis hoekom ons in hierdie gemors sit want solank iemand niks van God en Sy gebod sê, is die saak reg. Skande. As hy gesê het hy het n toordokter gaan raadpleeg, het niemand n woord daaroor gerep,
Mr Barnard het n beroep gedoen op gebed, hy het nie gesê ” vat saterdag jul gewere en begin skiet nie”. Was dit nou” burgerlike ongehoorsaamheid” van mr Barnard om te vra ons moet ons verootmoedig en bid? Almal kerm “ons blankes moet saamstaan”. Saamstaan in wat? As iemand voorstel ons moet saamstaan in gebed breek die hel los en nou moet die man omverskoning vra omdat hy n oproep op gebed gedoen het. Julle is disgusting verby.

Cherokee ·

Probleem met die video is die toespraak wat hy lewer terwyl hy embleme vertoon van ‘n vereniging wie hy nie verteenwoordig nie. So eenvoudig soos dit. Indien die regering dit sou hanteer asof hy die jagtersvereeniging verteenwoordig kan jy tog vir jouself dink wat hulle met lisensies sal aanvang. Hierdie dinge is tog maklik om self te beredeneer.

Bekommerd ·

Ek stem heelhartig saam, van die ouens lees wat hulle daar wil sien staan. Get grip in life.

Rene Welman ·

Ai tog as die jagtersvereniging niks gese het nie sou niemand dit eers agter gekom het nie! Ek het na die boodskap geluister nie na sy klere gekyk nie.

Callie ·

Hy is so reg. Kom ons gaan in gebed vir leiding. Enige regdenkende sal die wapen opsie wil vermy. Ons groep wat op die grens was en weet sal dit wil vermy. Ons sal egter ook daar wees as daar nie n ander uitweg is nie. As ons egter nou saamstaan en vir die regering en wereld wys ons gaan nie toelaat dat ons verder vertrap word nie sal God ook met ons wees en sal daar dan dalk daadwerklik iets gedoen word. Asb, hou om om alle inisiatiewe negatief te begroet. Kom ons staan net saam.

Buitestander ·

Die geloowiges weet wat die regte pad is om te loop!
Dit begin met gebed en eindig met gebed.
GOD drieenig is was en sal altyd in beheer van wêreld gebeure.
Daar is niks verkeer om onsself te bewapen en veiligheid maatreël te tref nie.
Ons moet altyd bid asof ons nie doen nie en doen asof ons nie bid nie.
Lees maar Rom.8 vers 28.
Dankie liewe Vader.

Aitoggie ·

Daar word verwag ons witmense moet maar net terugsit en afgemaai word en dit aanvaar. Ek glo sou dit witmense gewees het wat plaasmoorde gepleeg het en in woongebiede ingegaan het en net gemoor en gesteel het, sou daar ALLANKAL opgetree gewees het, in hierdie land. Ek sien niks fout met die video nie, eerstens moet ons ons na God wend. Iemand ruk dinge nouweer uit verband uit.

boerin ·

Ek is reg vif wat ook al besluuit word – iets moet daadwerkliks gedoen word. Die tyd is nou!!

MCS ·

Jagters Vereeniging, as jy nou wil hê ek moet my en my kinders se lidmaatskap kanselleer dan moet jul ook nou op die bandwagon klim. Die man het gesê “Elkeen moet stil word en bid en wag op ‘n antwoord van God ” Hy het gesê die geweer opneem is nie ‘n opsie al dink baie mense so. Was jul ore en luister as daar gepraat word.

Jerry ·

As God se volk was ons ongehoorsaam aan sy woord. Ons moet bid om vergifnis sonder ophou en ons moet ons gesinne beskerm teen die boosheid deur in groter groepe op plase te bly. Ons moet slimmer begin werk met die bedreiging. Gewapende opstand is nie n opsie nie, dit is presies wat die wat ons haat voor wag en dit sal ons finaal vernietig. Daar is baie negatiewe dinge geskryf en gese oor God se mense watreeds geimigreer het. Indien sake steeds bly vererger vir God se mense dan behoort ons laaste uitweg te wees om te imigreer, want so staan dit ook geskryf. Sorg dat julle reg is om te imigreer na lande wie se mense ons God nie haat nie. Diegene wat tans se dat ons moet ons huis in orde kry en ons moet hier vasbyt is almal skatryk wat nie bereid is om dit op te gee nie. Passop en sorg dat julle nie mislei word en met julle broeke om julle enkels gevang word nie

Carin ·

Groot respek vir jou Marius Barnard! Dankie vir jou standpunt inneem.

Jakobie ·

Ons stryd is nie teen vlees nie, beklee jouself met die volle wapenrusting, bid psalm 91 oor AL God se kinders en watch eksodus 14:14 gebeur

Mario ·

Een ding wat seker is die buiteland sal nie n vinger oplig om die boere te kom help nie. Fokus eerder om dinge self te doen. Swart hemde, stap vir die boere met die doel om die internasionale gemeenskap se aandag te kry gaan nie help nie . Met gebed en n strategie om die boere beter te beskerm vrywilligers of meer sekuriteit kommandos binne die wet.
Dink aan Bloedrivier. Gebed en vertroue in hulle self het aksie gekom wat n wonderwerk veroorsaak het.

koos ·

Ek kan nie anders as om met kallie saam te stem nie. Dankbaar dat daar in Glenda ‘n leier/leidster te voorskyn gekom het.

aAnthea ·

Die polisie of regeering sal niks poging aanwend om die boere te help nie vergeet dit maar ons pleit al vir jare so almal wat so maklik se DIE POLISIE MOET NOU BEGIN AG SLAAN OP BOERE MOEERDE word wakker hulle gee nie n duit om nie

paraat ·

Barnard huts glad nie teengeweld aan nie maar gebed.
Saterdag sal die groot antwoord ontvang word deur gebed.
Hvl keer is daar nou al gebid en samekomste gehou en gekuier in miljoene.
Of die antwoord in die gebed le of nie, trek jou wapenrusting aan met die swaard (Gods woord), pistool op die heup en skiet in geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.