Plaasmoorde lei tot mosie van wantroue teen polisieminister

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê hy sal Maandag saam met slagoffers van plaasaanvalle ʼn mosie van wantroue teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, indien.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die mosie van wantroue spruit uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se onvermoë en onbereidwilligheid om plaasmoorde hok te slaan.

Meer as 30 plaasmoorde is al sedert die begin van 2015 gepleeg, het Roets gesê. “AfriForum het al verskeie pogings aangewend om hierdie saak met die minister te bespreek, maar dit het telkens op dowe ore geval.”

Volgens Roets spruit die mosie van wantroue ook uit die feit dat die departement weier om jaarliks statistieke oor plaasmoorde uit te reik, die snedige kommentaar wat deur senior amptenare in die departement van polisie gemaak word teenoor diegene wat vir die prioriteitshantering van plaasmoorde vra en die departement se weiering om moontlike oplossings vir die krisis met burgerlike instellings te bespreek.

“Dan is daar natuurlik ook die feit dat verskeie unieke misdade al deur die polisie hoog op die agenda geplaas is, terwyl plaasmoorde nie as belangrik genoeg geag word om as prioriteitsaak gehanteer te word nie,” het Roets gesê.

AfriForum sal die mosie van wantroue indien, tesame met ʼn kranslegging wat voor Nhleko se kantoor gehou sal word om die slagoffers van plaasmoorde te gedenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Debs ·

laat die koppe rol en val ……………………………….. dankie AfriForum,

Dave ·

Verskeie insidente het al gelei tot mosies van wantroue gerig teen die sp en gesante. Het enige daarvan al vrugte afgewerp? Dien dit enige praktiese doel meer as bloot aandag vestig op ‘n spesifieke laakbaarheid? Dit is ook waarom ek geen petisies teken want ek het by geleentheid al dieselfde vraag gevra met betrekking daartoe en geeneen het my selfs net probeer oortuig dat dit werklik ‘n doel dien. Natuurlik maak ek nie beswaar daarteen maar beskou dit bloot met dieselfde kritiese siening as optogte met baniere wat geswaai word en doelloos blyk te wees.

George ·

Wat verwag ‘n mens as die man ‘n swembad met ‘n watergat verwar. Ek dink ‘n mosie van wantroue moes lankal, al die lig gesien het. Die korrupte ANC kaders moet baie hard in die bek geruk word.

Dave ·

Sien julle wat ek bedoel? Mense soos George dink dat ‘n mosie van wantroue die ‘ANC kaders ‘baie hard in die bek gaan ruk’. Julle maak misbruik van impulsiewes soos hy. Hy glo julle sonder voorbehoud! Dit is ook waarom ek geen petisie teken want ek bekyk dit uit dieselfde hoek as waarna ek kyk na optogte met plakate wat geen doel dien. Ek het dieselfde vraag gevra oor petisies en niemand het my geantwoord maar hulle het aangehou vra dat die petisie geteken moet word.

Hansie ·

Dave, ek stem 100% saam met jou maar mens voel so magteloos as niks deur dring nie. Wat anders kan mens doen as “skreeu”… dit het net soveel effek as jy jou broek besmeer!!
Ons MOET iets kry wat werk!!

George ·

Dave ek hoor wat jy sê. Ek reageer liewer “impulsief” as om toe te kyk hoe hulle oor ons loop. Ek en jy is dalk op dieselfde frekwensie maar dit is nie publiseerbaar nie. ‘n Mosie van wantroue is maar net die begin en dit is nie waar dit moet ophou nie. Ek is ook nie naief nie om te dink dat die stembus ons redding gaan wees.

Dave ·

Ons praat dieselfde taal George. En jy is reg wanneer jy sê dat die naam van die straat waar ons is nie publiseerbaar is. En soos jy sê, ‘n stembus is waardeloos vir ons. Ander skreeu ‘Bloedrivier’ sonder om te besef dat dit hierdie jeer ins is wat die assegaaie het en hulle wat sit met die sannas. Ook is daar geen sin in ‘n onafhanklike staat wat omring is met ‘n swart sirkel. ‘n Swart sirkel wat bloot net die hekke kan toemaak wanneer hulle wil. Wat bly oor? Emigrasie? Die wat dit kon bekostig het dit reeds gedoen. Dit is frustrasie wat my dinge laat kwytraak soos bo. Duidelik is jy net so gefrustreerd. Ons enigste hoop blyk te wees nòg ‘n Bytbrug soos wat ons destyds vir die Rhodesiërs oopgemaak het maar hierdie keer na elders.

Francois ·

Sy tyd is verby..hy moes al lankal afgedank gewees het! Nou dat die klagtes teen teen sy Nkandla fiasko so ophoop nog meer bewys, hy moet summier die land uit verban word. Waar is die mosie van wantroue teen die stuk drek? Jinne ek dink niemand het tyd ding nie!!!

Hansie ·

Sy vel is te dik dat enige iets, iemand of verslag hom sal roer!!

Fred ·

om aandag aan plaas moorde te gee is die laaste item op hulle agenda ,self verryking is nommer 1, ons mense sal moet saam staan soos die dag met die slag van bloed rivier opmars hou veg vir ons taal en kultuur en ons voort bestaan. ek is n patriot.

Andre ·

Ek lees bykans elke dag in Maroela media van plaas aanvalle alhoewel 30 plaas moorde maar hoeveel plaas aanvalle waar mense baie ernstig beseer is? Die syfer moet saam met die moorde genoem word.

Otter ·

Ek wil n mosie indien om alle staatsdepartemente te verwyder. Hulle funksionerr nie meer nie. Plaas SA onder administrasie. Enige sekondante?

dries ·

Om petisies te teken wil maar net nie werk nie, hoeveel is al geteken. Wat my aanbetref is bewapen jou ten alle tye en wees gereed vir n aanval. Die vuilgoed is bewapen as hulle jou aanval, so wees paraad en hou jou wapen gereed want hulle is op ons.

jeannine ·

plaas moorde nie belangrik nie ai kom nou skande vir suid Afrika hulle leiers.

Anton de klerk ·

Die rede hoekom daar niks gedoen word nie is ons het geen regte indie land nie. Om vir hulp by die usa of die uk te soek is soos om vir iemand hulp te vra wat self nie weet wat om met sy eie probleme te maak nie, sal niks help nie. As ons hulp soek moet iemand soos Roets dt by die Russe gaan soek ek belowe jou hulle sal ons help ek weet net nie hoe om hulle te vra nie.

Zirk ·

Mandela het tydens sy 5 jaar vir sy mense gevra; wie is dit wat snags die boere bekruip, in sy huis aanrand, vermoor en sy vrou verkrag. Beslis nie die blanke boer se blanke buurman nie. Nee, dis ons mense.! Los die boere uit, hulle werk hard om vir ons kos te produseer en hulle bedoel dit goed vir hierdie land want dit is ook hulle land. Nou vra ek; het enige van u al gehoor of enige ANC minister of amptenaar hierdie gedagte verbaal herhaal het.?
Nee, beslis nie.!! Spesifiek vanaf Mbeki oorgeneem het, het die ANC se bitterheid en haat teen die boere ‘n oorverdowende cresendo bereik. In Zuma se tyd het hy geen doekies omgedraai om dit duidelik te maak dat die boere nou moet weet dat hy nou die baas van DIÉ plaas is.!! Van versoening is daar GEEN sprake.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.