Plaasmoorde: MRK se verslag grootliks verwelkom

Die MRK se verslag.

Die omslag van die MRK se verslag.

Sommige politieke partye sowel as die burgerregte-organisasie AfriForum asook Agri SA verwelkom die  Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se verslag oor aanvalle en moorde in landelike gebiede.

Die verslag van nagenoeg 100 bladsye kom ná afloop van die openbare verhore wat in 2014 deur die MRK gehou is oor aanvalle en moorde op plase. Dit is Donderdag in Johannesburg bekend gestel.

Die MRK het in die verslag sy kommer uitgespreek oor geweld in landelike gebiede en oor plaasmoorde.

Die verslag bevat in geheel 14 aanbevelings. Van die aanbevelings wat die MRK gemaak het is om veiligheid in landelike gebiede op sy nasionale menseregte-agenda te behou en gesprekvoering tussen die onderskeie rolspelers aan te moedig. Die MRK het ook aanbeveel dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) baie meer moet doen in die stryd teen misdaad in landelike gebiede.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het ná afloop van die bekendstelling gesê hoewel die organisasie sekere voorbehoude oor die detail van die verslag het, is die aanbevelings wat daarin deur die MRK gemaak word, konstruktief. Lees meer hier.

Roets het gesê AfriForum sal voortgaan met sy veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde.

Kobus Breytenbach, Voorsitter van Agri SA se Landelike Veiligheidskomitee, het op sy beurt gesê die organisasie verwelkom hierdie aanbevelings, veral die aanbeveling dat ʼn spesiale subkomitee deur die gesamentlike misdaadvoorkoming-en-veiligheidsektor se prioriteitskomitee aangestel word om ʼn aksieplan te ontwikkel ten einde aandag te gee aan die aspekte wat in die verslag genoem word en om met die gemeenskap te skakel.

“Agri SA is steeds van mening dat die SAPD se kapasiteit op stasievlak uitgebrei moet word om te kan reageer op insidente in landelike gemeenskappe asook om gesamentlike misdaadvoorkomingsaksies te beplan en uit te voer ter bekamping van misdaad,” het hy gesê.

“Nou meer as ooit tevore maak die landboubedryf staat op die polisie om kriminele aktiwiteite in landelike gebiede te bekamp. Agri SA sal voortgaan om ʼn goeie werkverhouding met die polisie te handhaaf in die stryd om landelike misdaad te bestry.”

Hy het gesê Agri SA aanvaar die landelike beveiligingstrategie, gerugsteun deur die Reservistebeleid, asook die beleid oor sektorpolisiëring, as doeltreffende strategieë om landelike misdaad te bekamp.

“Vir die doeltreffende implementering daarvan moet die polisie verseker dat stasiebevelvoerders sodanige beleid en strategieë konsekwent en met erns toepas.”

Die Demokratiese Alliansie sowel as die Vryheidsfront Plus het aangedui die partye wil die verslag in die parlement laat dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neels ·

Beeld se berig maak vir my sin. En dit is die feit dat rowers plase sien as ATM’s. Boere, hou julle geld in die bank. Is maar net ‘n voorstel, of werk iets uit dat jy nie kontant in jou besit hoef te hê nie.
Ons boere is ons behoud, kom ons bid vir elke boer en werkers op hulle plase. Mag die Here jule seën

Frik Lotz ·

Plaasmoorde het lankal handuit geruk en dis n krisis waaraan ernstig aandag gegee moet word. Plaasmoorde MOET tot n prioriteitsmisdaad verklaar word.

Rynhardt ·

Dit is absoluut verstommend hoe sekere organisaies val vir die Menseregtekommissie se bevindings dat plaasmoorde nie rassehaat is nie,en dat dit alle rasse raak.Vanaand op SABC 2 het die einste mnr.Groenewald die volgende twak kwytgeraak:”Plaasmoorde raak alle rasse”.Werklik?Sover ek weet, is meer as 4000wit boere al vermoor!Hy en die Anc kommissie moet net al die wit kruise gaan kyk van wit,vermoorde boere!Vanaand is selfs die Anc se propagandamasjien ook ingespan om die MRK se leuen te bemark!Vir jare oor die radio en publikasies het ek die wreedaardige moorde beveg teen ons mense,terwyl sommige oom met groot mae,bemarking doen vir die Anc om hul in n goeie lig te stel!Dit is om van naar te raak!Verder versuim die MRK ook om uit te spel die wrede verkragtings teen blanke vroue op plase.Alles word toegesmeer om De Klerk en Anc se nuwe SA te laat werk!Die Vryheidsmabifes spel uit dat die blanke geen grond en toekoms moet he nie,en dat regstellende aksie/transformasie gehandhaaf moet word,waaroor die MRK en VF+ oftewel “Verloorfront Plus”oor stilbly!Jammer,maar ek val nie meer vir leuens nie!Ons blankes word op plase en stedelike gebiede uitgemoor,ongeag wat n afgewaterde,polities korrekte verslag se!

Dan van rooyen ·

Hierdie Rynhardt is eerlik en opreg, ek kan nie sien dat dit nie logies aanvaar word deur al hierdie konsuise slim mense nie.Dit bly maar n klug.PUNT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.