Plaasmoorde: Polisiehoof gevra om Malema te ondersoek

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

AfriForum het ʼn formele versoek by die nasionale polisiekommissaris ingedien om aantygings deur ʼn lid van ʼn berugte tronkbende te ondersoek dat EFF-leier Julius Malema met hom oor plaasmoorde gepraat het.

In ʼn opgeneemde onderhoud tussen ʼn agent van die nasionale intelligensie-eenheid en ʼn generaal in die 28’s-tronkbende, voer die bendeleier aan dat Malema gesê het hy sal ʼn span en balaklawas, wapens en geld aan hulle voorsien om plaasmoorde te pleeg. Die klankgreep is in Maart 2017 op die ondersoekende aktualiteitsprogram Carte Blanche uitgesaai.

Die EFF het destyds gesê Malema het nie tyd om daarop kommentaar te lewer nie. Die kwessie is ook nie verder ondersoek nie.

Die kwessie het weer onder die soeklig gekom nadat Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die bekendstelling van sy boek, Kill the Boer, daarna verwys het.

ʼn Gebruiker het hierna vir Malema op Twitter gesê: “Hulle sê jy organiseer plaasmoorde,” waarop Malema geantwoord het: “Dalk, dalk nie.”

Roets het erken dat daar moontlike uitdagings sal wees in die ondersoek van só ʼn klag.

kill-the-boer-boek-ernst

Ernst Roets van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

“Ons voer egter aan dat inaggenome die hoë voorkoms van plaasmoorde, dit in die publiek se belang is dat hierdie aantygings ernstig opgeneem moet word,” het Roets gesê.

ʼn Eksemplaar van die boek Kill the Boer is ook aan die nasionale polisiekommissaris voorsien vir verdere agtergrond oor die aangeleentheid.

Roets het verduidelik dat dit ʼn saak van ernstige kommer is vanweë die feit dat Malema nie die moeite gedoen het om hierdie aantygings, wat gepubliseer is vir die hele land om sien, te weerlê nie.

Roets sê hulle sal die saak by die nasionale polisiekommissaris opvolg.

Carte Blanche het in Julie vanjaar ook gereageer op ʼn fopnuusberig wat beweer dat dié ondersoekprogram Malema aan plaasmoorde verbind het. “Dit is nie akkuraat nie en word buite konteks gebruik. In verlede jaar se storie oor plaasmoorde het ons ʼn telefoongesprek uitgesaai wat aan ons gestuur is. Die gesprek was tussen ʼn ‘generaal’ van die 28’s-tronkbende en ʼn nasionale intelligensie-agent.

“Die ‘generaal’ het Malema geïmpliseer by sy beweerde optrede. Carte Blanche het Malema genader vir kommentaar voordat die program uitgesaai is, maar hy was nie beskikbaar vir ʼn onderhoud nie weens sy skedule. Ons het dit in die uitsending duidelik gemaak dat die bewering nie geverifieer is nie.”

Talle Twitter-gebruikers het Malema gekritiseer oor sy uitlatings en gesê hy sal nog sy dag in die hof kry, waarop hy geantwoord het: “Hou op om ons te irriteer en maak ʼn saak aanhangig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Johan ·

Geen hof sal Malema skuldig vind op enige aanklag nie. Hy is nou ‘n “untouchable”

Siekensat ·

Maar noem nou net ‘n ding by die naam dan is jy ‘n rassis.

Cherokee ·

Johan en Marius, een van die werlike probleme in die land is mense soos jùlle wat opinie, ‘n insig probeer skep, dat die Malema-tipes onoorwinbaar is. Julle doen nie eens moeite om ‘n Afrikaanse weergawe te soek maar bly vashaak met ‘untouchable’. Tydens die vorige millennium mat taxi’s nie toeter geblaas het sonder rede nie. Nou toet hulle vir elke robot, elke kamppaal, elke straatlig en wat nog. Bloot omdat die publiek besluit het hulle is ‘untouchable’.

Die rympie word herhaal van item tot item. As hule werklik ‘untouchable’ of onoorwinbaar is, kroon hulle tot koning. Anders, probeer om mense te oortuig dat dat mense, hoegenaamd wie dit ookal is, by die wet moet bly of vervolg kan word. Moet nie ‘n opinie ptobeer skep dat sommiges verhewe is bo ander nie.

zoom zoom ·

Hierdie versoek is verseker die beste grap van die jaar wat ek tot dusver gelees het. He He He

Alweer Cherokee ·

Ek is nou al so moeg van CHEROKEE wat daagliks genot daaruit kry om mense wat hul opinie lig, te kritiseer. As jy so slim is, Hoekom los jy nie al ons land sê probleme op nie?

sweiz ·

Ek stem saam met Cherokee hou op Malema doen aan ons wat ons hom toelaat punt.

Anoniem ·

Maar Ons GOD slaap nie ! Die Baba Boetie van die politiek sal op ‘n dag moet ‘repent nie aan mense of howe nie maar aan GOD !!!

bollie ·

Wat van die argitekte van Apartheid en diegene wat sommige mense net laat verdwyn het? BAIE om te verduidelik.

Piet ·

Wat van hulle Bollie? Insinueer jy iets wat Jan van Riebeech gedoen het of Ver Woerd wat al 60 jaar dood is, of is did nou deesdae Magnus Malan? As een van hulle nou n skurk was, is dit nou nodig om n moordveldtog teen die boere te regverdig? Dink jy die moord en doodslag in die land is n goeie ding?

Heinrich ·

Juju se arrogansie gaan lei tot sy ondergang. Vat hom Fluffy!

Christjan ·

Die “untouchables” het ‘n manier om op ‘n dag ook “touchable” te word. Mag dit vir my beskore wees om hierdie man te sien boet vir sy aanhitsing tot geweld.

PPP ·

N Kommunis is mos skelem gebore, soos julle sê hy sal hy nooit vervolg word nie. Tot n dag toe dan gaan sy wiel pap word.

Al ·

Daar is voor 1 wat hy rekenskap moet gee en dis voor die Here.
Sulke gevalle is aangeteken in die Bybel waar so ñ tipe mens tot n val kom.
Robert Mugabe en Zuma is klassieke voorbeelde – hul was untouchable net tot op ñ punt.

PJC ·

Sy algemene optredes en uitsprake maak dat ń mens begin wonder oor hierdie bewering. Of dit behoorlik ondersoek sal word betwyfel ek egter.

Al ·

To cut the throat of whiteness na aanleiding van mosie van wantroue teen Trollip. Witmense se kele is wel afgesny van wit plaasboere.
Plaas druk op SAPD. Dit kan tot ANC se voordeel wees want JM wil die regering omver werp want hy wil president wees

Hanna Hoekom ·

Malema, die free dumb fighter, hits openlik geweld aan. Sy arrogansie spreek boekdele: hy weet hy sal niks oorkom nie. Die Paddameester kyk maar anderpad, want die verkiesing is om die draai. Die EFF is in beheer!

Neutraal ·

JM is lankal onder verdenking by baie. Die vraag is of die ondersoek gaan slaag. JM praat uit soveel monde. Hy het die vermoë om baie te breinspoel.

Joshua ·

‘Maybe-:maybe not’;se hy. Beslis ja en plaas moordenaars word beskerm in die EFF en deur Malema.

1+1 ·

Wees versigting met aantygings!!. Moenie met ‘n slapriem gevang word nie. Hulle is toneelspelers by uitstek.

Joy ·

Is Malema al ooit skuldig gevind op enige iets in die Howe??? Jare lange uitgerekte hofsake en hy loop nog altyd vry rond! Die mannetjie wat spog hy regeer in werklikheid die land!

Jacques ·

Glo my as ek se die SAPD gaan die saak in stilte laat weg raak , want hulle is self net so skelm . Hulle is veronderstel om ons gewone burgers te beskerm , maar inteendeel word ons gedryg as ons hulle tee gaan . Dit is siek verby . Ek praar uit ondervinding wat in die week gebeer het .

justice ·

Oke Petro, kom ons sit geld bymekaar, wie volg? Waarop kan dit inbetaal word en wie gaan die fondse beheer? Net so n paar vragies, ek bly reeds oorsee na my man en seun vermoor is daar, maar ek wil graag help. KOM MENSE, HELP, MOENIE NET WEGRAAK NIE ASSEBLIEF? EK LEES AL JARE DIE KOMMENTARE, ALMAL HET BAIE TE SE, MAAR AS DOEN TIJD TE NABIJ KOM, DINK ALMAL BLIJKBAAR DIESELFDE? NEE SIES MAN, EN MALEMATJIE? WAT IS JOU ADRES? DIE VADER WEET, HET IEMAND DIE INLIGTING DALK? KOM ONS MOET PLAN MAAK EN UITVOER, NIE NOG WAG NIE, STUUR BESONDERHEDE VIR INBETALINGS ASSEBLIEF, EK GAAN DEFNITIEF BYDRA.

Jenny ·

Ek is jammer om te hoor van jou man en seun. Is die moordenaars darem gevang?

Lizl ·

Al wat gaan geneur is, die EFF gaan voor Ernst Roets se huis toi toi

pinkie ·

Dit vat iemand van Maart 2017 tot nou om ondersoek in te stel??

Leonora ·

Regtig … klankgreep al in 2017 op Carte Blanche gespeel!!!!!!

GP ·

Ons moenie so maklik oorgee nie. Mense moet ophou se ons kan niks doen nie, of nou gaan dit seker gebeur of nou gaan dat seker gebeur, nou gaan ons seker weer aan die kort ent trek, hou op tissues soek. Weet dit gaan moeilik maar mense is gereeld onnodig negatief.

Dankie Afri forum dat julle aanhou iets doen aan die situasie.

Lana ·

Dankie vir die beste kommentaar! Stem saam met jou. Party dinge is moeilik, maar ALLES is moontlik!!
Mense!! Word positief en vinnig ook!!

Alida ·

Daar gaan nog BAIE goed uitkom. Los uit Afriforum doen goeie werk en sal hierdie een nie los nie. Die goed vat tyd en baie ook.

Mia ·

Ek stem saam jou GP – ons moet nie opgee nie hoe meer ons op social media kan plaas van Malema se aanmerkings aan Wit mense hoe meer maak ons die wereld daar buite bewus van wat aangaan , iemand gaan wel intree en aksie begin vat ons mense moet net awareness skep en saam staan.

Rynhardt ·

Oor en oor is Malema in verlede aangekla,terwyl sake doodloop ,en hy net glimlag!???Net naiewe afrikaners glo dat hy aangekla gaan word.Droom voort! Polisie is vrek bang vir Malema,daarom nooit die volledige ondersoeke nie.Verder word hy deur donker magte agter die skerms beskerm!Selfs SARS het Malema met sagte handskoene(wat uitgele was met wol) hanteer m.b.t.belastingontduiking!Wat baie mense nie verstaan nie,Malema het n taak om te vervul, en Afriforum kan vergeet om Malema in n tronk te kry!

GP ·

Rynhardt so jy se Afriforum moet geen verdere pogings aanwend nie. Geen Afrikaner moet enigiets doen nie want dit is hopeloos. Ons moet nou maar net sit en kyk wat gebeur??

Groot probleme begin as mens besluit om maar die gewillige slagoffer te wees. Ons was nog nooit so nie. Kom ons ondersteun wat help om die stryd aan te vat.

annie coetzee ·

Afriform moet n saak oopmaak en as die NVG nie die saak verder wil voer nie moet moet Gerrie die saak verder voer.

Rynhardt ·

GP moenie my by jou Afriforum betrek nie! Jou Afriforum is in sy 12jaar geen faktor in SA met Anc, en SAKP wat septer swaai nie.Organisasies waarmee Afrikaners soos jy n obsessie het,waar is al daai organisasies voor ’94 vandag vir jul mense? Absoluut nerens!Kom ek daag jou en Afriforum uit wat deur jou so verafgod word.Vra Afriforum om Malema agter tralies te kry!Raai wat?Jou Afriforum kan dit nie vermag nie,en hul weet dit!Bewys my verkeerd,seun!!!!

Hoc est bellum ·

As hy my gesin “touch”, dan word hy “touchable”.

Dawid ·

Ja almal het gesê Goliat is ‘untouchable ‘ tot ‘n klein seuntjie op die toneel verskyn het…..En dit net met ‘n slingervel. So niks het verander nie.

HPV ·

Cherokee, ek stem 100% saam met jou bogenoemde antwoord aan Johan en Marius.

Oorwinning soet! ·

… ‘grawe maar daai GAT diep dieper’ vir ander tot die dag …dan SAL hy in sy eie GAT VAL!! Tyd loop…staan níé stil. Bly glo hoop en vertrou?nog nóóít teleurgesteld maar altyd dankbaar kanni wag?

At ·

Malema is die terroriste-vleuel van ‘n “voormailge” terroriste organisasie, wat hul nou uitgee as regeerders. Maak dit sin?

Kalahari Kind ·

Presies! En só baie politieke kommentators en ontleders mis hierdie allerbelangrikste idee geheel en al en verklaar hoe “bang” die regeerders vir die rooi groep is.

Alida ·

Ag genade is daar nog steeds mense wat dink Gerrie Nel kan die wereld verander. Hy sal die vervolgings doen indien dit behoorlik na hom verwys word volgens die regte prosedures.

Nel ·

Ek het nog altyd geweet plaasmoorde word deur iemand/organisasies ge-orkestreer om paniek te saai. Malema het mos al talle male gedreig om die land onregeerbaar te maak.
Afriforum is op die regte spoor en daai spoor kan dalk nog na sekeres in regeringskringe ook lei…

LHS ·

Ek verstaan 100 % hoe mense voel en hoekom hulle so voel maar om soveel tyd en energie op n nar se uitsprake te mors gaan my verstand te bowe. Malema floreer op aandag en kritiek en dit maak hom net al hoe meer gewaagd en gewild met sy uitsprake. Ek dink hy lees elke berig op hierdie oop forum en verlustig hom elke oomblik daarin om die blanke volk so in reaksie teen hom te sien. Dit is presies wat hy wil uitlok. Ignore die karakter se doen en late en veral op oop kanale. Hoe minder aandag hy gaan kry hoe gouer gaan hy ernstige foute begin maak.

Evert ·

Malema is die ANC en Ramaposa se “blue eyed” boy. Besef dit nou maar, kry maar vir Trump aan ons kant want hier speel die rooi pette en ANC vuil.

GP ·

Afriforum terwyl ons op die onderwerp is. Daag asb agri sa om hul statistiek bekend te maak oor plaas moorde. Volgens hulle is dit nou die laagste in 20 jaar. Die gaan ook gebruik word om Amerika te oortuig dat hier nie n probleem is nie. Dit kan baie skade maak aan baie werk wat Afriforum reeds gedoen het en behoort gou moontlik verkeerd bewys te word.

carel ·

Mal ema is net `n pion.Hy word beheer deur die nuwe wereld orde.Daar is groter bose magte aan die werk,wat veral die wit Christendom wereldwyd as tyken het.Dinge gaan nie beter raak nie.Gelukkig is dit vertraag deur Trump se uitlatings op Twitter.Solank Trump aan bewind is en Mal ema se eff nie aan bewind is nie,sal ons “okay” wees en solank Jesus Christus ons nog beskerm.Ons moet terug keer na God,ons sonde los,as ons enige kans wil he in hierdie land.

Dirk01 ·

Cherokee ek wil saam met jou stem hier is te veel mense wat vir alles n verskoning aanbied en basies n persepsie skep van n verskoning is beter as iets doen. Kla by owerhede,volg op met swak diens,verkla die mense wat nie hulle werk doen nie en sit druk op hulle . Jy is nie n rassis as jy oor swak diens kla en jy sal nie van moord aangekla word as jy binne die wet jou lewe verdedig nie .Gaan media toe met grondige redes en klagtes en hou by jou rede van klagtes en hou jou uit vuil politiek

Johan ·

Waar is Agri oor plaas moorde. Jy hoor niks van hul kant af nie. Boere moenie plant nie.

Julia ·

Stem saam. Mense is besig om Haat, agterdog paniek en vrees te saai. Ons weet almal daar is probleme, maar niks is onoorkombaar Nie. Laat ons saamstaan, saam bid, mekaar positief motiveer. Negatiewiteit is die eerste teken van verloor en oorgawe. “Met my God spring ek oor n muur, met my God loop Ek n bende storm”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.