‘Plaasmoorde steeds nie prioriteitsmisdaad’

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

AfriForum het Bheki Cele, minister van polisie, daarvan beskuldig dat hy plaasmoorde as probleem ontken deur dit nie tot ʼn prioriteitmisdaad te verklaar nie te midde van berigte dat vier ander soorte misdaad glo tot prioriteitsmisdade verklaar is.

EWN berig dat Cele Dinsdag met beamptes van misdaadintelligensie vergader het en die prioriteite waarop hulle moet fokus geïdentifiseer het. Volgens die berig het Cele gesê transitorooftogte, bendegeweld, politieke moorde en taxigeweld moet aandag geniet. Hy het glo ook verwys na die toename in ontvoerings en rooftogte.

Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof, het intussen in reaksie hierop gesê Cele se stilswye en apatie teenoor plaasaanvalle- en moorde dui daarop dat die regering in wese dié misdade deprioritiseer.

“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Cele steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Taxigeweld, politieke moorde, transitorooftogte en bendegeweld is deur Cele tot prioriteitsmisdade verklaar. Hy het plaasmoorde egter nie eens genoem nie,” het hy gesê.

Fanie en Colleen Engelbrecht

Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van die erns van plaasaanvalle en -moorde in die land daarop dui dat hulle geen ag slaan op die omvang van die krisis nie.

Volgens Cameron kom die aankondiging nadat hy Dinsdag die toneel aan die Wes-Rand besoek het waar Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht op 13 Mei vanjaar wreed gemartel en vermoor is.

“Colleen is onder meer met ’n strykyster gebrand voordat sy verwurg en haar keel afgesny is. Dit is net één van die sprekende voorbeelde van ’n familie wat verwoes is weens die staat se onvermoë om mense in landelike gebiede te beveilig,” het Cameron bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Sp ·

Dis nie ñ kwessie van onvermoë nie. Die politieke wil is nie daar nie – laat mens nogal wonder …

Veritas ·

Die wil is nie daar nie want dit is mos boere wat uitgemoor word. Die polisie voorsien seker die wapens.

Paul ·

Maar ons weet mos, waarom dit verswyg? Dit omdat hulle nie wit boere beskerming wil gee nie, want DAN moet jy vir Julius en die menigte hoor.

Lou ·

Die regering is deeglik bewus van al die plaasmoorde. Maar dit pas alles in hul groter plan……

Penellope Jones ·

Uiteraard – dis nie belangrik genoeg nie.
Dalk ook nie ‘n saak wat vir hulle kan stemme werf of hulle ”broederpartye” stil hou nie.

Lee ·

Ek het nog altyd gedink plaasmoorde word polities aangehits. Dis mos ‘n maklike manier om grond te bekom vir hulle. Glo nie ek is verkeerd nie want hoekom nou stilswye? Taxigeweld is hulle eie skuld want hulle ry roetes wat hulle nie mag nie. Wag en kyk waar jou kos vandaan gaan kom as daar nie meer boere in SA is nie. Ons Regering doen aan ons boere presies wat Zimbabwe gedoen het, hulle gaan nog lang trane huil.

Han ·

Ons minister van landbou en visserye verkondig dan dat kos nie van wit boere se plase afkomstig is nie, maar van Pick-n-Pay en Checkers ens. Né?!

Johann ·

Mense mense. Die uitmoor van blanke boere is juis vir Cele en sy trawante n prioriteit!!!!!! En deel van n beplande anargie is juis NIE om jouself aan die detail te koppel nie…?

ANC LEGACY!!!!!!!

AM ·

Ek stem 100% saam met Johann. Die wat dit nie kan insien nie is aan die slaap. Word wakker mense.

alida ·

Han wat verwag jy van ons ministers? Dit is net hulle wat so-iets sal kwytraak. En as Pick ‘n Pay en Checkers se voorraad op is waar gaan dit dan vandaan kom. Lagwekkend hierdie narre.

Anoniem ·

Kallie Kriel en kie kan hierdie as verdere skietgoed gebruik op hul bewusmakingsveldtogte teen plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding. Dit laat die regering net nog slegter lyk, en speel in hulle hand.

Jaap ·

Hy is moeg,kan jul nie sien op foto nie.
Gee nie n duiwel om nie.Kry net geld vir sit en asem haal.
Onthou hulle sal niks doen aan plaasmoorde nie.Dit deel van hulle plan om dit te doen.Dan maklik plaas weggee.

Cherokee ·

Ek wens die mense wil ophou om die waarde van boere se lewens aan kos te Koppel. Dit is wel ‘n feit maar afgesaag. Boergesinne moet beskerm word omdat hulle mense is.

alida ·

Cherokee, ek stem so saam met jou. Daar word elke dag moorde gepleeg op alle vlakke en oral in die land. Moord is moord en alle misdaad behoort prioriteit te wees.

Albert Jürgen ·

Did minister sal plaas aanvalle nie prioriteit gee nie, dis mos hoofsaaklik wit boere wat vermoor word! Wittes se lewe is minderwaardig, net Swart mense se lewe is belangrik, vir die cANCer party!

Robert Naude ·

Die rassistiese regering bevestig net weer hy voel niks vir die blankes van die land.

Aandag ·

WEL hoekom mag die CASH IN TRANSIT werkers se UNIE dan met julle kom praat oor die aanvalle? Hulle het gese as die GOVT nie iets daaraan gaan doen nie gaan hulle staak en weier om geld by besighede of by ATM’s te gaan aflewer . dalk moet die BOERE maar dieselfde doen totdat PLAASMOORDE tot prioriteitsmisdaad verklaar word .. STOP om enige voedsel te VERSEND en te VERKOOP .!!

Roger ·

Die ANC en hul meelopers moedig dit soms subtiel (en meestal minder subtiel) aan.

Hein ·

Ek is absoluut daarvan oortuig dat hulle dit nie as ‘n misdaad beskou nie. Die feit dat polisiewapens in die aanvalle gebruik word, skep by my ‘n oorweldigende indruk dat hulle dit nie sa ‘n misdaad beskou nie, maar as ‘n BELEID.

danie* ·

Dit klink vir my soos oorlog net van een kant af as niks anders nie. Ons gesmeek word al minder in hul ore soos wat ons uitgewis word.

AmY ·

Dit sal wel eendag prioriteit word. Wanneer baie boere weg is, mense ophou boer, (omdat dit bloot net te gevaarlik geword het) en wanneer daar nie meer kos in die land is nie. Hulle sal wel wakker skrik, maar dan gaan dit te laat wees.

Vryheid ·

Die regering gee nie om nie die minderheid is net n iritasie vir hulle en in die pad van wat hulle eintlik wil doen. As jy gedink het daar is n toekoms vir blankes in SA het ek slegte nuus vir jou, jy is n second class citizen!

Reguit ·

‘n Vyandige land en regering wat elke witmens wil ondermyn, benadeel en/of vernietig. In ‘n land boonop besmet met ‘n siek liberale wit samelewing wat bogenoemde ontken, is die wittes gedoem, en is hulle hul eie grootste vyande. Daarom emigreer mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.