Plaasmoorde: ‘Syfers wys polisie prioritiseer nie’

Argieffoto

Die jongste syfers oor plaasmoorde en -aanvalle van die TLU SA toon dat daar vanjaar reeds 47 plaasmoorde en 246 aanvalle was.

“Dit is uiters kommerwekkend en dien as bewys dat die polisie se onderneming om dié tipe misdaad as ʼn prioriteit te hanteer, nie in die praktyk uitgevoer word nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Die polisie sal dringend aandag moet gee aan veral landelike beveiliging en die polisie se misdaadintelligensie, in besonder oor plaasmoorde en -aanvalle, sal behoorlik moet begin funksioneer.”

Groenewald het gesê in die onlangse aanval by Wolmaransstad waar die boere self die aanvallers aangekeer het, was daar selfs ʼn lid van die polisie onder die beskuldigdes. Hy het gesê dit beteken die polisie slaag nie daarin om misdadige elemente in eie geledere te verwyder nie ten spyte van die minister van polisie, Fikile Mbalula, se onderneming om dit te doen.

“Die hoë voorkoms van misdaad in Suid-Afrika vereis dat daar daadwerklike optrede van die polisie moet wees en nie net lippetaal deur die minister nie. Indien ʼn mens kyk na misdaad in die algemeen wil dit begin voorkom asof die polisie die stryd teen misdadigers begin verloor.”

Groenewald het gesê hy sal weer die kwessie van plaasmoorde en -aanvalle bespreek in die polisie se parlementêre portefeuljekomitee en sal verduidelikings vra oor die opskerping van landelike beveiliging en misdaadintelligensie in plattelandse gebiede.

“Ek wil my dank uitspreek teenoor landbougemeenskappe en organisasies soos TLU SA wat hul eie veiligheidstelsels in werking te stel. As dit nie vir dié effektiewe optrede was nie, sou syfers aansienlik hoër gewees het,” het Groenewald gesê.

Klik hier vir die TLU SA se volledige analise van plaasaanvalle sedert 1990.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chevy

Begin eers by die polisie om sake op orde te stel, daar is mense wat nie in die polisie hoort nie en ek dink daar moet beter na die mense se agtergronde en opleiding gekyk word alvorens hulle aansluit by die polisie.

Renier

Praat en praat en praat help nie, dis mos nou al tot vervelens toe bewys, al wat gaan help is om paraat te wees, stel boobitraps om jou te waarsku snags en raak agterna ontslae van bewyse

Piter

Asseblief, as meeste Polisie hoofde kriminele is wat of tronk was of opgeskort is op die belastinbetaler se kostes agv. misdadige neigings, wat staan die gewone “polisie man” te doen? Kortom, die land is VROT! !

Eish

Wat n tragedie wat hom voor ons afspeel! 246 aanvalle reeds! Meer as een aanval per dag! Met n regering wat apaties staan teenoor die uitwissing en meer bekommerd is oor die volgende tender, n polisiemag verlam deur kriminele elemente in eie geledere, is die boere aangewese slegs op selfhelp. Ek vertrou al die landbou unies, koöperasies en hul verskaffers kan hande vat met die boere in die saak en n werkbare inisiatief van stapel stuur wat korte mette maak van die slagting. Genade, die renosters wat gestroop word kry meer regeringsaandag as die moord op reĕlmaat van die landelike… Lees meer »

J Coolbean

ons moet eerlik wees ons het n geskiedenis, ons kannie ons toekoms in hulle hande los nie en hulle het met ons baklei omdat ons hulle lewens n toekoms gegee het, so hoekom gan ons aan om mekaar se toekoms te speel, hulle verdien hulle toekoms en ons ons sin, en ons moet klaar kom met die slegte goed van die verlede dis n nuwe wereld ons toekoms