Plaasmoorde: ‘Syfers wys polisie prioritiseer nie’

Argieffoto

Die jongste syfers oor plaasmoorde en -aanvalle van die TLU SA toon dat daar vanjaar reeds 47 plaasmoorde en 246 aanvalle was.

“Dit is uiters kommerwekkend en dien as bewys dat die polisie se onderneming om dié tipe misdaad as ʼn prioriteit te hanteer, nie in die praktyk uitgevoer word nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Die polisie sal dringend aandag moet gee aan veral landelike beveiliging en die polisie se misdaadintelligensie, in besonder oor plaasmoorde en -aanvalle, sal behoorlik moet begin funksioneer.”

Groenewald het gesê in die onlangse aanval by Wolmaransstad waar die boere self die aanvallers aangekeer het, was daar selfs ʼn lid van die polisie onder die beskuldigdes. Hy het gesê dit beteken die polisie slaag nie daarin om misdadige elemente in eie geledere te verwyder nie ten spyte van die minister van polisie, Fikile Mbalula, se onderneming om dit te doen.

“Die hoë voorkoms van misdaad in Suid-Afrika vereis dat daar daadwerklike optrede van die polisie moet wees en nie net lippetaal deur die minister nie. Indien ʼn mens kyk na misdaad in die algemeen wil dit begin voorkom asof die polisie die stryd teen misdadigers begin verloor.”

Groenewald het gesê hy sal weer die kwessie van plaasmoorde en -aanvalle bespreek in die polisie se parlementêre portefeuljekomitee en sal verduidelikings vra oor die opskerping van landelike beveiliging en misdaadintelligensie in plattelandse gebiede.

“Ek wil my dank uitspreek teenoor landbougemeenskappe en organisasies soos TLU SA wat hul eie veiligheidstelsels in werking te stel. As dit nie vir dié effektiewe optrede was nie, sou syfers aansienlik hoër gewees het,” het Groenewald gesê.

Klik hier vir die TLU SA se volledige analise van plaasaanvalle sedert 1990.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Chevy ·

Begin eers by die polisie om sake op orde te stel, daar is mense wat nie in die polisie hoort nie en ek dink daar moet beter na die mense se agtergronde en opleiding gekyk word alvorens hulle aansluit by die polisie.

Michael ·

Onthou mense doen aan jou wat jy hulle toelaat om te doen

Renier ·

Praat en praat en praat help nie, dis mos nou al tot vervelens toe bewys, al wat gaan help is om paraat te wees, stel boobitraps om jou te waarsku snags en raak agterna ontslae van bewyse

Piter ·

Asseblief, as meeste Polisie hoofde kriminele is wat of tronk was of opgeskort is op die belastinbetaler se kostes agv. misdadige neigings, wat staan die gewone “polisie man” te doen? Kortom, die land is VROT! !

Eish ·

Wat n tragedie wat hom voor ons afspeel! 246 aanvalle reeds! Meer as een aanval per dag! Met n regering wat apaties staan teenoor die uitwissing en meer bekommerd is oor die volgende tender, n polisiemag verlam deur kriminele elemente in eie geledere, is die boere aangewese slegs op selfhelp. Ek vertrou al die landbou unies, koöperasies en hul verskaffers kan hande vat met die boere in die saak en n werkbare inisiatief van stapel stuur wat korte mette maak van die slagting. Genade, die renosters wat gestroop word kry meer regeringsaandag as die moord op reĕlmaat van die landelike bevolking!

Genoeg is Genoeg ·

Wat ons land kort is n Donald Trump.
Iemand wat doen wat hy sê ongeag watter kritiek hy kry.
My mede mense, al wat ons kan doen is om te bid vir n wonderwerk…Amen

J Coolbean ·

ons moet eerlik wees ons het n geskiedenis, ons kannie ons toekoms in hulle hande los nie en hulle het met ons baklei omdat ons hulle lewens n toekoms gegee het, so hoekom gan ons aan om mekaar se toekoms te speel, hulle verdien hulle toekoms en ons ons sin, en ons moet klaar kom met die slegte goed van die verlede dis n nuwe wereld ons toekoms

J Coolbean ·

klick die link boee””””Klik hier vir die TLU SA se volledige analise van plaasaanvalle sedert 1990.

Ds ons mense in nommers………….dood

pie in the sky ·

Ag ja – die selle ou storie tot vervelens toe terwyl boere stelselmatig uitgeroei word van hul plase en ons ‘ vrye’media die selle ou stories oorbraak. Die selle ou narratief vanaf die VF+ wat met hul dikgevrete pense in die parlement steeds vir 23 jaarsit. Die FORMULE steeds:
WASH
RINSE
REPEAT

Almal weer geskok oor die statistieke, almal prewel weer op Facebook, almal stuur weer #plaasmoorde…

Wanner gaan die gemiddelde SA burger wakkerskrik en begin besef die land is reeds ver aan die brand en die laaste tuinslang lek?

John ·

Sekere groepe probeer meer en meer aan hulself en die bevolking bewys dat Afrikaners hierdie dade verdien vandaar die min hulp. Gebeure in die land hou verband met gereelde politieke gebeure en uitsprake. Wit kapitaal is sekere leiers se geliefde snedige sinsnedes. Ons ken reeds die antwoord op hoekom?

Johannes ·

Haai nooit! Het enige iemand nou regtig gedink die polisie (lees SAKP/ANC terroriste) gaan wel plaasmoorde en plaasaanvalle prioritiseer? Word verdomp wakker man!

Ek sê weer: ons Boere moet ons eie gewapende mag op die been bring om onsself te beskerm.

J Coolbean ·

apart van die regeering, ons is verantwoordelik vir ons eie

Genoeg is Genoeg ·

Mense is te bang vir swasrkry, gaan mos nog te “leke”.
Niemand sal na vore kom nie. Nie te praat van die uitverkopers nie.As ek een iets geleer het is dit dat dit meer praat as daad is onder “ons” bevolking.#sug

J Coolbean ·

As daar more n Leier opstaan , en ons agter hom 100%, dis tyd om jou liggaam te beweeg, gan jy ? EK GAN

Hendrik ·

Die leiers is klaar daar en jy moet net saam deelneem. Hierdie is nie politieke leiers maar wel gemeenskapsleiers.

karen ·

meeste van die tyd is lede van die eerste op toneel want hulle skyn deel te wees van die gebeure…. ook so jammer dat daardie persoon in diens bly van die belasting betalers aangesien die saak uitgestel en uitgeste en uitgestel word. Pie in the sky ek stem saam en repeat repeat repeat Vraag : – TLU woon een van julle self op plaas of woon almal in veilige areas ?

Henry Geldenhuys ·

Goeiedag Karen, dit blyk te wees dat jy duidelik oningelig is. TLU-SA is ‘n Komersiële Landbouorganisasie wat vanjaar 120 jaar oud is. Dit bestaan uit amptenare wat gesetel is in Pretoria en ander provinsies. Die lede van die Lede-organisasie waarvan die oorgrote meerderheid boere is, wat almal op plase en kleinhoewes woonagtig is, en beslis nie in veilig areas woon nie, moet daarom na hulle eie veiligheid omsien tot selfs op ver afgeleë plase. Die res van sy lede woon in stede en dorpe. Die beroep as BOER is die gevaarlikste werk uitgedruk per 100 000 mense. Hulle sorg daagliks dat daar kos op jou tafel is, in moeilike omstandighede.
Daarom wil ek dan tog u meedeel, u is oningelig.
Henry Geldenhuys
Adjunk President TLU-SA
Voorsitter van die Nasionale Veiligheidskomitee.
SELF N BOER EN WOONAGTIG OP N PLAAS.

Christoff ·

Karen ek nooi jou uit om enige tyd enige van die TLU Lede te skakel en direk self die vraag aan hulle te stel. Ek dink jy is totaal uit voeling wat in die platteland en op plase gebeur. Maak seker van jou feite voor jy klippe gooi. Hulle is die enigste organisasie wat die data akkuraat byhou. Doen moeite om meer te leer en nie kombers aantygings maak nie.

Louis Meintjes President TLU SA ·

Kanen, Dit is duidelik dat jy oningelig is Dit is TLU SA boere en ander boere wat vermoor word en deel word van die statistiek. Dit is ook besoekers en plaaswerkers wat aangeval en vermoor word. Ons almal, ek inkluis woon op n plaas en nie veilig agter n hoe muur met toegangsbeheer, en ons is blootgestel aan die aanvalle. As voorbeeld , my persoonlike ervaring Woensdag nag om 10:53 toe twee vermeende rowers ons besoek het en ons privaat veiligheid sisteem wat ten duurste geinstalleer is ons gewaarsku het. Ek kon reageer en in samewerking met ons plaaswag die kriminele verjaag. Ongelukkig nie arresteer nie. Dit is die realiteit van n boer. Ek weet nie hoekom jy die vraag vra nie, Ek hoop jy is nou beter ingelig. Ons Adjunk President Henrie Geldenhuis se antwoord hierbo is in die kol. Se dankie vir die boere wat almal elke dag van kos voorsien. Dink ook dit het tyd geword dat ons se: As jy nie van ons Boere hou nie, moenie ons kos koop en eet nie.

Karin Du Plooy ·

Karen, Hoe oningelig kan een mens wees? Besef jy (wat in alle waarskynlikheid, nie in die landelike boerdery omgewing woon of werk nie) wat die impak van plaasaanvalle, plaasmoorde en enige insident op ‘n plaas of plot, se werklike uitwerking op die onmiddelike omgewing het? Weet jy dat daar nie ‘n boer, gesin, familie, werker of kuiergas is, wat bid dat hierdie bitter beker by hulle sal verbygaan nie? Weet jy hoeveel plaasaanvalle gee aanleiding daartoe dat nog ‘n produktiewe boerdery gestaak word?
Jy is dalk bekommerd oor die beveiliging van jou stedelike stukkie aarde… wat doen die boer wat die veiligheid van sy plaas, wat oor etlike hektaar strek, moet beheer? Hierdie boer met sy uitgebreide verantwoordelikheid, nie net teenoor sy gesin, familie en werknemers het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor jou! Jy wil eet en weet dat daar ook voorsiening gemaak is vir die dag van more, aldan nie, het jy seker jou eie vee en kweekhuis op jou erf wat in jou behoeftes voorsien.
Weet dit: organisasies soos TLU, Plaaswagte, Boeregemeenskappe en al die ander rolspelers is interafhanklik vir hulle veiligheid. Om oningelig te wees, nie daagliks met realiteit gekonfronteer te word nie, onkunde maak dit ‘n terrein waar jy jouself blootstel aan negatiewe kommentaar en kritiek. Gaan doen jou huiswerk en vergewis jouself van wat dit behels. ‘n Boer is in ‘n gevaarliker situasie as selfs ‘n bataljon. ‘n Verenigde front is hulle behoud sonder God en interaktiewe samewerking is hulle nog meer blootgestel.
Dink maar weer…

Kom Ons Boks ·

Wanneer gaan die libbies onder ons besef dat ons melk en heuning veruil het vir bloedvergieting en statistieke. Die afgrond is reg hier voor ons en tog is daar diegene wat in hom afstaar en dink alles gaan oukei wees – ganse afrika se rekord is mos nie hier van pas nie en zim is mos anderkant die grens. Die Boere moet die nuwe suid afrika sien vir wat dit is en in hul veligheid liefs self voorsien (soos telkemale in ons geskiedenis die geval was). Die staat bevorder hierdie vyandige tendens deur openlik te praat van “radikale” landelike onteiening van die slange (zuma se nuwe woordjie vir wittes met komplimente van die MRK). Waar is die libbies se gesanik as mens hulle nodig het? Hoeveel onskuldige lewens moet mee betaal word voordat die morele hoegrond skuif?

JS ·

Plaasmoord gaan nie stop nie, want onderliggend het niks verander nie. Wette keer nie kriminele nie, die polisie is oneffektief en boere bly maklike, sagte teikens. Van hierdie drie goed is ons eie paraatheid eintlik al waaroor ons beheer het. So los die groepe wat net wil praat en gaan oefen eder met jou kettie – dit gaan meer beteken.

Michael ·

Ek blameer die media grootendeels omrede hulle te bang is om die ware feite te openbaar en sodoende kan die probleem nie geïdentifiseer word nie wat nog aangespreek word.

Dries ·

Aan almal wat vinnig is met die vingertjies op die sleutelbord om VF+ .TLU ,SOLIDARITEIT , AFRIFORUM en dies meer te wil kritiseer, hulle probeer tenminste iets positiefs bydrae. Dit is een manier van saamstaan . Die ander maniere ? .. kom staan julle dan voor en begin lei.

Stephen Namibia ·

Plaaslik sal niks verander nie. Die publiek moet deur n spreekbuis soos Afriforum n petisie opstel wat deur n afvaardiging van Afriforum aan die huidige President van die VSA voorgele moet word.
Hierdie afvaardiging moet n kragtige voorlegging doen om die situasie in die land behoorlik te demonstreer.
Slegs deur sterk buitelandse Diplomatieke druk op SA uit te oefen sal iets gebeur.
Ek stem saam dat Donald Trump die enigste Westerse leier is wat iets daaromtrent sal doen ,
veral as die ANC en hulle meelopers weer bakhand voor hom staan.

Vergeet die ander uiters linkse Liberale leiers wat te bang is om standpunt in te neem.

Wille Willem ·

Dit maak my so kwaad! Hoeveel keer moet ons die polisie nog smeek en soebat om hieraan aandag te gee?! Dit is duidelik dat hulle nie ‘n flenter omgee oor wat met ons boere gebeur nie. Private polisiëring en gemeenskaplike patrollies moet dringend aandag geniet en opgeskerp word. Ons kan nie meer op die SAPD staatmaak nie – ‘been there – done that!’

Genoeg is Genoeg ·

Dis so hartseer om elke dag te lees en te sien hoe ons land agteruit gaan.Kinders kan nie meer buite speel nie, mens moet lewe in vrees elke dag, jou huis in n tronk verander en die K53 sluit in wat om te doen in die geval van n motorkaping. Ek kyk elke dag in my kinders se oë en vrees broei in my.Ek lees hul geskiedenis boeke en take waar “ons” as verkeerd bewys word.Ons verduidelik hulle wat regtig gebeur het en sug net diep omdat hulle dit moet leer. Ek voel soos n vreemdeling in my eie land. Die stelsel het ons verraai, ons kort leiding.Geloof is al wat ons gaan help deur die tyd.Daar is nog meer swaarder tye oppad.Bid mense!

Peet J ·

Die landbougemeenskappe, AfriForum ,VFPlus, Solidariteit ens. wat bekommerd is oor die toeneem van misdaad behoort ‘n plan van aksie op te stel en aan die minister voor te lê met die versoek dat aksie sonder versuim inwerking behoort te tree.
In die verlede was die onus grootliks op die publiek geplaas en dit is duidelik dat dit nie gerialiseer het nie. Sodra die Grondwet ooreenkomstig die ANC se sienswyse eers gewysig is , is dit duidelik dat die kriminele situasie gaan verdubbel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.