Plaasmoorde: “Wanneer gaan dié euwel end kry?”

Argieffoto Foto: Reint Dykema

Argieffoto Foto: Reint Dykema

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Woensdag gesê terwyl hy nog besig is met sy voorlegging aan die Kommissie vir die bevordering en die beskerming van die regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe om te bepaal of plaasmoorde onder hul verantwoordelikheidsveld val, is berig oor nog ‘n plaasmoord.

“Dié keer was die moord op ‘n 77-jarige van die plaas De Emigratie in Mpumalanga, wat blykbaar met ‘n sak oor die kop versmoor is,” het ds. Theunis Botha, leier CDP, gesê. “Die hardvogtigheid en wreedheid van plaasmoorde ken geen perke nie en selfs die doodstraf vir hierdie barbare sal blykbaar nie swaar genoeg wees nie.”

Maroela Media het Dinsdag berig die slagoffer is as JR Buhrman, ʼn bekende boer in die gemeenskap, uitgeken. ʼn Nadoodse ondersoek word Woensdag gedoen om die oorsaak van sy dood te bepaal. Twee werkers van die omgewing word tans deur die polisie ondervra, maar hulle is nog nie formeel aangekla nie.

Lees ook:
Vermoorde Ermelo-boer se naam bekend; twee ondervra
Plaasmoord: Bejaarde naby Ermelo vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

“Die hardvogtigheid en wreedheid van plaasmoorde ken geen perke nie en selfs die doodstraf vir hierdie barbare sal blykbaar nie swaar genoeg wees nie.”

Goed opgesom Ds Botha – dankie dat u die vraag vra oor wanneer die euwel gaan einde kry.

Waarom is so baie politici tjoepstil hieroor, hoekom word daar nie ‘n groot “geraas” gemaak nie, versprei dit wereldwyd ! Ons is moeg om verkrag en vermoor te word.

George Barnard ·

Dit sal gebeur sodra ons nie meer n ANC regering het nie ,daar nie botgtog vir misdadigers is nie en tronke nie meer n vakansie plaas is nie en ja mense regte vir misdadigers is ook n probleem want hy het die slagoffer van sy mens regte ontneem

Johan van Staden ·

Dit gaan nie help om die plaasmoord probleem hier te bekla nie. Dit moet op internasionale platvorms en in die buiteland gedoen word sodat die internasionale gemeenskap kennis neem. Internasionale druk op die regering is die eenigste ding wat n verskil kan maak.

Hannes Pelser ·

In 1994, net voor die verkiesing van daardie jaar, het ek met die Here Jesus gepraat oor die situasie in SA omdat ons almal kon sien waarheen dinge beweeg het. Ek het gevra of dit sal help as ons met wapens opstaan en veg vir ons land. Die Here het my geantwoord: “Ek gaan julle in die hand van julle vyand gee totdat julle terugdraai na My toe.” Afrikaner, erken jy doen sonde, noem dit vir Jesus, vra Hom om vergifnis daarvoor en neem Hom met jou hele hart aan as jou Verlosser sodat jy wergebore (nuutgemaak) kan word. Bestudeer die Woord van God en leef uit die Woord vir Jesus Christus. Los die dinge van die wêreld dan sal Hy ons verlos van dit waaronder ons is in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.