Plaasmoorde: ‘Wat mag slagoffer doen?’

Foto: Johni Edwards

Foto: Johni Edwards

TLU SA wil regsadvies inwin oor hoe ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval mag optree wanneer geweldsmisdaad dreig.

TLU SA het ná ʼn “spoedvergadering” in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van geweldsmisdaad op plase en landbouhoewes.

Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, is daar reeds 62 mense vanjaar in plaasaanvalle vermoor. “In November is 7 mense op plase vermoor, terwyl daar 31 aanvalle was waarvan ons bewus is. Vir Desember is daar reeds 5 plaasmoorde aangemeld, terwyl daar ook reeds 18 plaasaanvalle was.”

Geldenhuys het gesê TLU SA beplan om regsadvies in te win oor die sogenaamde “redelike persoon”-toets. “TLU SA beplan om regsadvies in te win ten opsigte van wat in sulke omstandighede die optrede van die ‘redelike mens’ sou wees wanneer geweldsmisdaad dreig en tot welke mate die optrede van misdadigers grens aan ‘terrorisme’,” het Geldenhuys gesê.

Howe gebruik die “redelike persoon”-toets om nalatigheid te meet. Die hof probeer bepaal of die “redelike persoon” ʼn situasie sou kon voorsien en hoe die persoon sou optree.

Geldenhuys het ook ʼn beroep op die regering gedoen om in te gryp en plaasmoorde en -aanvalle te verdoem en te verwerp. “Dit is onaanvaarbaar dat die owerheid geen praktiese erns toon om die veiligheid van die land se voedselprodusente te verbeter nie.”

TLU SA oorweeg ʼn verskeidenheid optredes om die openbare en internasionale aandag te fokus op die lot van plaasbewoners, die buitengewoon wreedaardige aard van die misdade en, in baie gevalle, die onbevredigende reaksie van die SAPD.

Hy het boere versoek om uiters paraat te wees tydens die feesseisoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Winston ·

Regsreël. Onkunde aangaande die reg is geen verskoning nie. Kyk wie is die onkundiges? Wetstoepassers.

Schalk ·

Indien n mens kyk tot watse mate boere en hulle families gemartel word, dink ek die redelik mens reel is nie van toepassing nie. Wie in sy regdenkende verstand gaan vandag nog wag om te sien of hierdie ongenooide besoekers in vrede kom? Nee wat. Bewapen jouself en skiet eerste indien jy en jou familie bedreig word. Miskien sal dit die regte boodskap uitstuur.

Daan ·

Ek stem saam . laat die kruit maar die praatwerk doen
Hul is mos dan reeds deur die publieke grense en betree jou privaatheid
Jy het hom mos nie in sy gebied gaan dreig nie, hy is in joune en ek voel jy moet die reg hê om enige persoon of iets wat jou gebied betree te dood
Sterkte boere ek wens ek kon help

Blondie ·

Om paraat te wees, is om reg te wees om dit wat onregmatig op jou eiedom is te verwyder. Ek is van mening dat my eiedom het outomaties reg van toegang voorbehou. ..as ek n ongenooide gas op my werf teekom moet hy verwyder word. …anders gaan hy of sy my met geweld doodmaak op my eie private eiedom. ..met ander woorde. ..die redelike optrede van die slagoffer is om onmiddelik op te tree en paraat te wees voor dit te Laat is. .

Fanie ·

Stem saam. Die redelike persoon argument moet verwyder word. Dit is net daar om die krimineel te beskerm, niks anders!!
Geen niemand gaan ‘n moordnaar nooi om hom/haar op sy eiendom te kom aanval, verkrag, dood te maak en te besteel nie.
Basta met die redelike persoon argument!! Dit is onsinnig!!

Theuns ·

As jy arsel om te skiet is jy dalk dood, jy gaan nie ‘n tweede kans kry nie! Na jy nou uit die weg is wat word van jou vrou en kinders? As Jy dit moontlik oorleef hoe se jy vrou jou vrou jammer?

Johannes Meintjes ·

Die wettige besit van persoonlike vuurwapens, binne die milieu van onbeheerde misdaad in SA, die afskafing van Kommados, die SAPD se logistieke en politieke probleme, die afwesigheid van vaardige regering en ‘n apatiese kerk, is daar genoeg wetgewing, vuurwapenvaardigheidsopleiding en hofrekords wat daarop dui dat die waaksame en gewapende burger (veral op plase en kleinhoewes) die korrekt eferm optrede kan en moet neem. Die regering kan nie bloot terugsit en nog “polities korrek” en manipulerend probeer dikteer nie. Dankie nietemin en weereens aan TLU vir reaktiewe optrede.

Francois ·

En dan natuurlike die duisende gevalle studies van aanvalle en die intensiteit van die wreedheid. Met die wete, kan enige redelike man toets dan ook slaag.

louis ·

Op die oomblik wat ek n oortreder sien sal ek skiet. Daar is al so baie moorde gepleeg dat jy nie weet wat die persoon of persone gaan doen nie. Die besluit wat jy gaan doen moet in n split sekonde geneem word, daar is nie tyd om te wag om self geskiet te word nie, hulle kom drink nie tee nie. Dit is maklik vir n prokureur of advokaat wat in n hof staan met baie tyd om bepaal of jy reg opgetree het of nie, wat jy binne n sekonde n besluit moes neem.

Jacques ·

..As jy vandag in SA wil boer moet jy n vuurwapen op jou dra en nie twyfel om dit te gebruik as jou of jou gesin se lewe bedreig word. Dit is makliker om uit die hof/tronk te kom as uit die graf..

Nicky ·

Ek stem 100% saam met die stelling. Deesdae kry jy net 12 jaar vir moord wat nog van opgeskort word en dan na die helfte van die vonnis kan jy aansoek doen vir parool!!!!

Charles ·

Wat vir my hartseer is , is dat daar steeds boere is wat nog niks doen om hulself en hul gesinne te beveilig nie, ten spyte van al die oproepe van al die organisasies om dit te doen. Eiendomme wat maklik toegangklik is, vuurwapens wat in kluise toegesluit is, boere wat deure oopmaak vir vreemdes of wat na donker by hul huise aankom sonder enige plan indien gevaar sou dreig. Wanneur gaan die boere besef dat hul paraat moet wees ten alle tye. Sluit aan by buurwagte en inisiatiewe van Afriforum, die Landbou unies en Solidariteit. Bou kommunikasie netwerke op met jou omringende bure (twee rigting radios) Ondersteun mekaar in nood situasies en belangrik, dra jou vuurwapen en sorg dat jy en jou huishouding opgelei is in die gebruik daarvan. Enige boer wat raad soek kan aanklop by van die organisasies en hul sal gehelp word. Komaan boere, boer is vandag meer as net plant en oes. Ons as dorpsjapies bid ook baie vir julle en vir al die boosheid in ons land maar die Here het vir ons elk n verstand gegee en ons moet dit ook teen geweld gebruik.

CHRISTA ·

Geldenhuys mors sy tyd en asem as hy die regering vra vir hulp en beskerming. Dis juis die REGERING wat die boere van hulle plase af wil hê!! Deur nie op te tree nie, gee hulle die moordenaars stilswyend hulle goedkeuring!!!

Frik ·

Die kort en die lank is; as jy glo jou lewe of enige huisbewoner saam met jou, of jou famiie se lewens is in gevaar, maar nie as die aanvaller buite die huis, of agter ‘n veiligheidshek staan nie, kan jy hom afmaak. Die polisie kan jou nie beskerm nie, dra altyd jou vuurwapen by jou, nie in die kluis in jou studeerkamer nie, nie onder die matras en die patrone in die motorhuis omdat jou kinders dit nie mag kry nie. Elkgeval, kinders moet al vroeg met wapens onder toesig begin skiet, hulle moet hulleself kan beskerm in gevalle van nood.

Dee ·

En daar is gereeld mense wat in forums vertel hoe moeilik dit is om vuurwapenlisensies te kry maar ek dink die grootste gros van die klaers probeer nie eens nie maar gebruik dieselfde verskoning wanneer hul aan hul gesinne verduidelik waarom hulle nie ‘n wapen besit. Baie van die mense is bloot te lui om die pad te loop wat nodig is om gelisensieerd te wees.

HEVW ·

Charles, baie waar. Die slapgat – traak- my- nie agtigheid van baie boere tenkoste van hul eie welsyn en naasbestaandes gaan n mens se begrip te bowe. Hul leef steeds met die opvatting dit sal nooit met my gebeur nie tot op die die dag dat die papegaai die fan strike. Talle plaasmoorde kon voorkom gewees het indien hul erns met paraatheid gemaak het. Die plaasmoorde – saak het reeds voor die VN gedien. Miskien sal daar gevra word :” Wat doen julle met betrekking tot jul paraatheid?” Iemand het al gese waarom sal ek omgee en bid as hulle dan nie vir hulself omgee nie.? Paraatheid gaan nie maar net oor die beskerming teen misdadigers nie, maar is ter selfdertyd ook opsigtelike verset teen die huidige regering wat beslis n boodskap sal uitdra.

ZS6L ·

HEVW – nou praat jy waarheid!!!

Ek het jare gelede my dienste gratis aangebied om gemeenskappe te help om gedugte en veilige radionetwerke te beplan en te implimenteer! Alles gratis!!! Nie een in reaksie gekry nie! Ek waarborg jou minder as 1 uit n 100 is veilige radionette met behoorlike frekwensie-, roepsien-, gebruikersoegang dmv dagingsprosedures-, enkriptering-, sein teen -meeluisterings prosedure en stelsels in plek… En praat nie eers van behoorlike veiligheidsmaatreels en vroee waarsluwingstelsels nie!!!! En ek ook gatvol vir mense watop hul gatte wil sit, bid en wag tot god gaan gaan help!!!!!

Peet J ·

AfriForum ,Solidariteit en VFPlus kon nie veel hond haaraf maak met hulle vertoë aan die internasionale instansies nie dus is daar nie veel hoop vir TLU SA om verbetering te bewerkstellig nie. Die wet beskerm grootliks die krimineel asgevolg van sy velkleur en diskriminasie. Daar is baie bydraende faktore wat persone weerhou daarvan om ‘n vuurwapen te besit bv. veral dames van die vorige geslag van 60 -70 en ouer. Volgens Christelike geloof is dit ook verkeerd om sommer net ‘n lewe te neem. Opvoedkundige kwalifikasies deur pasifisme te be-oefen speel ook ‘n belangrike rol. Om die boere uit te kryt as “slapgat” en “wat niks omgee nie” is ‘n bewys van gebrek aan insig. Dus al die boere wat tot datum oorval en vermoor is, is asgevolg van hulle eie doen en late omdat hulle nie paraat was nie en so ‘n redenasie kan ‘n voordeel vir die krimineel in hou.

Eddie ·

Skiet eers en praat later is hoe dit moet werk. Maar kom ons wees eerlik vandag. Dit is nie net die boere wat geteiken word nie. Die moord op die boere word meer in die nuus gewys maar dit gebeur oorals in ons land waar hulle moor en plunder. Hoor elke dag waar hulle by huise ingebreuk het en gemoor het. Dit is tyd om die terroriste wat in ons land is weg te kry. Die regering gaan ons nie help nie ons sal self teen die goed moet opstaan en beskerm wat ons sin is veral die tyd van die jaar.

tamboti ·

TLU, wys jul staal en reik ‘n verklaring uit: die huidige regering, polisie en howe gee nie die nodige beskerming aan die boere nie, ook nie die gepaste uitsprake nie. Dus moet die publiek en hul gekose organisasies nou die reg in eie hande neem, en bg. instansies mag nie inmeng nie!
Slegs indien hul bewys dat hul die erns van die saak besef en daadwerklike aksies loots sal die burgers hul weer vertrou en terugstaan.
Dit geld vir moord en roof in stedelike gebiede ook.
Eks in, wie nog?

Werner Zandberg ·

Enige mens in Suid Afrika weet as jy hom of haar vra wat is plaasmoord presies wat dit is. Enige mens wat in vandag se omstandighede nog naief pleit om n plaas te betree veral op n manier om die eienaar te verras se motief is nie goedsgesind nie. Hy het nie kom koffie drink nie. Hy bedreig jou lewe en hy weet dit. Indien hy/hulle nie vlug na n waarskuwing nie laat dit jou geen keuse as om jouself te verdedig nie. Ons lê klem op n redelikke mens maar ons moet eerder vra is die hof redellik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.