
Foto: Johni Edwards
TLU SA wil regsadvies inwin oor hoe ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval mag optree wanneer geweldsmisdaad dreig.
TLU SA het ná ʼn “spoedvergadering” in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van geweldsmisdaad op plase en landbouhoewes.
Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, is daar reeds 62 mense vanjaar in plaasaanvalle vermoor. “In November is 7 mense op plase vermoor, terwyl daar 31 aanvalle was waarvan ons bewus is. Vir Desember is daar reeds 5 plaasmoorde aangemeld, terwyl daar ook reeds 18 plaasaanvalle was.”
Geldenhuys het gesê TLU SA beplan om regsadvies in te win oor die sogenaamde “redelike persoon”-toets. “TLU SA beplan om regsadvies in te win ten opsigte van wat in sulke omstandighede die optrede van die ‘redelike mens’ sou wees wanneer geweldsmisdaad dreig en tot welke mate die optrede van misdadigers grens aan ‘terrorisme’,” het Geldenhuys gesê.
Howe gebruik die “redelike persoon”-toets om nalatigheid te meet. Die hof probeer bepaal of die “redelike persoon” ʼn situasie sou kon voorsien en hoe die persoon sou optree.
Geldenhuys het ook ʼn beroep op die regering gedoen om in te gryp en plaasmoorde en -aanvalle te verdoem en te verwerp. “Dit is onaanvaarbaar dat die owerheid geen praktiese erns toon om die veiligheid van die land se voedselprodusente te verbeter nie.”
TLU SA oorweeg ʼn verskeidenheid optredes om die openbare en internasionale aandag te fokus op die lot van plaasbewoners, die buitengewoon wreedaardige aard van die misdade en, in baie gevalle, die onbevredigende reaksie van die SAPD.
Hy het boere versoek om uiters paraat te wees tydens die feesseisoen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Regsreël. Onkunde aangaande die reg is geen verskoning nie. Kyk wie is die onkundiges? Wetstoepassers.
Die booswigte is nie redelike persone nie.
Indien n mens kyk tot watse mate boere en hulle families gemartel word, dink ek die redelik mens reel is nie van toepassing nie. Wie in sy regdenkende verstand gaan vandag nog wag om te sien of hierdie ongenooide besoekers in vrede kom? Nee wat. Bewapen jouself en skiet eerste indien jy en jou familie bedreig word. Miskien sal dit die regte boodskap uitstuur.
Ek stem saam . laat die kruit maar die praatwerk doen
Hul is mos dan reeds deur die publieke grense en betree jou privaatheid
Jy het hom mos nie in sy gebied gaan dreig nie, hy is in joune en ek voel jy moet die reg hê om enige persoon of iets wat jou gebied betree te dood
Sterkte boere ek wens ek kon help
Om paraat te wees, is om reg te wees om dit wat onregmatig op jou eiedom is te verwyder. Ek is van mening dat my eiedom het outomaties reg van toegang voorbehou. ..as ek n ongenooide gas op my werf teekom moet hy verwyder word. …anders gaan hy of sy my met geweld doodmaak op my eie private eiedom. ..met ander woorde. ..die redelike optrede van die slagoffer is om onmiddelik op te tree en paraat te wees voor dit te Laat is. .