Plaasmoorde: Weduwee se video aan Ramaphosa en die VSA

Mariandra Heunis (skermgreep uit die video)

Mariandra Heunis, wie se man in 2016 vermoor is, het ’n video op haar Facebook-blad gepubliseer waarin sy ’n boodskap aan president Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA rig oor die krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika.

Die video is in reaksie op Ramaphosa se onlangse stelling in die VSA dat daar nie so iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is nie en in reaksie op die Suid-Afrikaanse regering se weiering om plaasmoorde as ’n prioriteitsmisdaad te hanteer.

In die video vertel Heunis hoe haar man, Johann Heunis, voor haar en hul sesjarige dogtertjie vermoor is terwyl sy hoogswanger was. Sy vertel ook hoe sy geboorte gegee het aan hul babaseuntjie net vyf dae nadat sy pa begrawe is. Sy vertel waardeur sy as weduwee en enkelma moes gaan en doen ’n beroep op die mense van die VSA om hulle in te dink hoe dit vir hulle sou wees om te moes deurmaak wat sy deurgemaak het. “Hierdie aanvalle vind wel plaas. Dit gebeur amper daagliks en ons storie is een van duisende,” sê Heunis. Sy gaan voort: “Hierdie aanvalle vind plaas. En dit gebeur met goeie en alledaagse mense. Wat sou jy doen as dit met jou gebeur het? Wat sou jy doen as jou regering ontken dat dit gebeur? Sou jý stilbly?”

Die video sluit af met ’n beroep op die publiek om die boodskap te versprei, en op Amerikaners om hul verteenwoordigers te vra om standpunt oor plaasmoorde in Suid-Afrika in te neem. Die video bevat ook ’n verwysing na Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek, Kill the Boer, vir meer inligting oor plaasmoorde.

Roets sê dat AfriForum Heunis hierin bystaan en haar sal betrek by dié organisasie se veldtog vir buitelandse bewusmaking oor plaasmoorde. Roets en Heunis het ’n beroep op die publiek gedoen om die video te deel. Die video is ook op AfriForum se YouTube-kanaal gepubliseer.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Stephen Namibia ·

I salute you Mrs Heunis. Your action should become a collective effort by all affected individuals in a similar situation, to inform the world at large of the dysfunctional Government in SA.
It is the only way to fight the useless ANC .

RM ·

As hierdie video jou hart roer, deel dit asseblief. Die wreedheid in hierdie land benadeel elke liewe siel se lewens standaaard. Die tyd waar dit geduld word moet verby blaas. Mense verdien dood eenvoudig beter as om still te swyk onder die greep van ‘n regerering wat aanhou lieg.

tom ·

jy kan die pyn en hartseer in haar oe sien en hulle die ANC voel niks

Vryheid ·

Mev Heunis. Ons is ook op n plaas en ons voel jou seer. Ons het vriende in die VSA en deel gereeld wat hier gebeur. Wees verseker dat die mense daar besef en weet CR is n leunaar. Die anc onderskat die buiteland se intelligensie en minag die regte en bestaan van boere. Dink aan jou!

Liendempers ·

Ek dink daar moet een facebook blad wees waarop almal wat deur plaasmoorde geraak word, hulle boodskap so kan plaas. Dan sal die skille dalk van die oge afval.

Marietjie ·

Dit is ‘n wonderlike idee. Ek hoop iemand sal so blad op die been bring!

Elvira ·

Ek stem saam. Kan iemand dit asb doen. Sterkte vir almal wat al hierdeur moes gaan.

Blommie ·

Daar is baie webtuistes wat berig oor die moorde en fotos, fotos en stories wat jou laat wakker le in die nag en jou laat huil.
Klein kindertjies, kookwater, n seuntjie wat verdrink was in n bad kookwater, nee ek kan nie daarna kyk nie. Dit raak my diep binne en ek raak ys koud as ek net vir n oomblik moet dink waardeur die arme mense moes gaan…
Ek bid laat God ons boere en hulle gesinne veilig hou, maar in die bybel staan dat God ons die wysheid gegee het om iets te doen daarin en ek dink hierdie dame is n uitstekende voorbeeld daarvan! Baie sterkte vir jou en elke persoon wat hierdie hel moes deur maak, die koerante berig NIE oor al die feite nie. Gaan google plaasmoorde, julle sal nooit weer dieselfde wees nie.

Anoniem ·

Komaan Mnr Die President hou op om in ontkenning te LEEF !

Arno ·

CR lewe nie in ontkenning nie, die blote feit is net dat hy plaasmoorde ondersteun. Hy is so korrup soos die hele anc….waar dink jy kom sy rykdom vandaan?
Sterkte Mev Heunis ons dink aan jou.

PJC ·

Ek kan nie glo dat daar nog organisasies in ons land is wat na alles nog die ANC vertrou en met hulle wil onderhandel oor ander mense se eiendom terwyl die president van die ANC en ons land so blatant leuens vertel nie.

Stephanus ·

Ek hoop daar is ‘n manier waarop Ramaphosa hierdie boodskap kan hoor. Miskien sal hy besef dat hy ‘n totale leuenaar is!!! Sterkte vir jou mev Heunis!

Jan ·

Hy weet hys n leuenaar en hy lag lekker vir al die naiewe ou afrikanerkies wat gedink het hy is anders as die ander kommuniste…

Joham ·

Baie interresant! Nadat ek die berig gelees het en nie eers binne 5 sekondes afgescroll het nie lees ek maar net weer nog twee aanvalle op plase en hoewes. Nooit sal n mens van dit lees op News 24 nie? En dit is maar wat ons hoor. Wat van die aanvalle wat nie eers die nuus of koerante haal nie?

Niklaas ·

Dit is nodig om sulke stappe te neem. Vraag is net…gaan die agbare president brul van die lag of dalks n bietjie nadink ? Ek wonder nogal.

1+1 ·

Moord is moord, of dit nou politiekemoorde is of moord met die doel om te roof. Of is daar miskien ‘n verskil? Ek dink die President weet self nie. Daarom het hy gese wat hy gese het. As dit so is moet hy asb vir ons se wat hy bedoel het toe hy gese het daar vind nie moorde plaas nie.

Netso ·

Mariandra! Dis vrouens soos jy wat kaalvoet oor die Drakensberge kon loop! Dankie vir jou voorbeeld!

Frikkie ·

share share share, dis die enigste raad vir ons, deel met die wereld dat id eance sy eie medisyne kan kry.

N Lourens Reitz ·

Mev Heunis Jy is ñ dapper vrou.
Ns.stuur ook hierdie video aan vir Pieter du Toit( adjunkredakteur news 24)

Nelia van Zyl ·

Mev Heunis, baie sterkte aan jou en jou kinders. Dankie ook vir jou sterkte en jou dapperheid. Jy weet waar jou krag lê.
Mnr die President van SA – antwoord hier op. Ons, die mense van hierdie land , wil u hoor.

Dankie baie ·

Dankie dat jy en Afriforum iets DOEN, en nie net kla nie, julle is ware helde en gaan eendag erkenning in die geskiedenisboeke reg oor die wereld kry wanneer die wereld weer na reg ene geregtigheid terugkeer.

Gerrit Dercksen ·

Wil graag die VSA , Australia en westerse mense inlig hoe my geliefde seun op 22 jaar in 2014 op die plaas wreed vermoor en ek in 2017 in my melkstal aangeval was vir die dood . My honde het my gered maar geen troos . Die boere gemeenskap se hulp en simpatie . Die owerhede se leuns oor besigheidsroof , nie plaasmoorde en aanvalle nie . Geregtigheid wat nooit plaasgevind het nie .

Santie ·

Dan moet jy ook so ‘n video maak en dit oral versprei. Ek dink almal wat aangeval is, moet dit doen. Die grafiese detail kan gestuur word aan die president van SA en Amerika en ander lande.

Vreemd ·

Hierdie vrou is deur genoeg…..ons almal is.(punt) ons kan nie meer…ons Mans Sal moet begin opstaan

wolla ·

Stem maar dit moet behoorlik gekoordineer word. Statistieke moet deeglik bygehou word en elke liewe aanval moet in besonderhede onmiddellik bygebring word…en wat van Twitter? In plaas van kla moet iets daadwerkliks gedoen word.

Naas Vermaak ·

By herhaling, my innige simpatie….aan haar en elke mens wat al die brutaliteit van andere moes verduur en verwerk en aangaan met hulle lewens. Ek voel ons moet net besef dat die lewe eintlik maar oor die wet van gemiddeldes gaan. Probeer dus vir jou indink wat die gemiddelde omstandighede van die witmens vs die swartmens in hierdie land is en was deur die jare…en as jy dit kan doen sonder om my nou aan te val, of te wil se, ja, maar……dan sal jy besef waarom die regering van die dag nie juis in ons gesanik nou belangstel nie. Klim in jou kar en gaan ry deur jou gemeenskap se plakkerskamp of woongebied vir minderbevoorregtes…..selfs beter… stap daardeur….. as jy die guts het om te sien wat jy nie wil sien nie :)

Mitch ·

Neewat Naas hierdie was nou nie n regverdige plasing nie. Ons stem almal saam dat swartes se lewenstyl haaglik is, en ons weet almal dat die rede daarvoor hulle eie mense is wat hulle bedreig. Magtag man hoe kan apartheid en witmense skuldig wees daaraan dat swartes hulle eie mense bedreig. Dit is mense soos jy wat ons volkie het waar ons is, want die arme swartetjies kry tog so swaar, so ons moet begrip he hoekom hulle moor. Nou hoekom moor die wittes in plakkerskampe nie ook nie?

Alex ·

Die probleem is net dat hulle nie eers na die gesanik van hulle eie mense luister en hulle omstandighede verbeter nie.

Salamander ·

Naas, that is what happens when you breed yourself into poverty. And then blame your situation on someone else

Brutaliteit ·

Die gemiddelde misdaad in die wereld is nie geweldadig nie. Die gemiddelde moord in die wereld is uiters seldsaam en nie met marteling gepaard nie. Dus, in SA as jy n wit boer of gesinslid is, is ekstra brutaliteit en marteling algemeen, maar dis uiters raar vir ander groepe in SA en wereld. Moorde op swartmense is gaan nie met marteling gepaard nie.

zeno ·

Naas: Ag nee man. Al kry die mense so swaar,moord is regtig nie die oplossing nie. Wat bereik hulle deur te moor,lewe hulle dan beter of wat is die rede?

hendrik ·

Mariandra is dapper en baie mooi en ons is baie trots op haar. Sy is n ware boere vrou.

Hannelie ·

Ramaphosa ramaphosa….eish! You must get glasses my ou jy gaan nog ‘n mooi dag mis. Of bly jy in ‘n ander land as SA. Is dit mooi as ‘n president so oop en bloot leuens vertel oor die plaasmoorde? I rest my case.

Adrian ·

Cyril voel vere vir wit mense, die Lonmin (wat staan vir London mines) geval was hy die ou wat betrokke was met skietery op die mynwerkers en tot vandag toe voel hy vere vir hulle so wat sal hy nou bekommerd wees oor blankes, nee wat die verkleurmannetjie is die president

Susan VL ·

EKSODUS 20:16 Jy mag nie valse getuienis teen ń ander gee nie.
Hiekom so jok oir hartseer van ons boere se verlies
Is dit omrede vers 13 sê” Jy mag nie moord pleeg nie.
Vers 12″Eer jou vader en moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee” Amen
Hoe kyk Rhanaphosa se kinders op na hom? Hoe kyk ons nou na jou?
Ons kani jok oor plaasmoorde nie!

Theresa B ·

Jy is ‘n vrou en ma duisend!! Dis wonderlik om te sien jy probeer ‘n verskil maak. Baie, baie dankie hiervoor. Ek is SO negatief as wat ‘n mens kan kry en ek weet dat hierdie mense nie gaan reageer of iets doen aan al die plaasmoorde nie. Dit tel in hul guns en is glad nie prioriteit nie. Dit raak verkiesingstyd en hulle belowe ook weer die maan en die sterre en praat mooi praatjies. Hulle moet goed lyk en klink sodat die blindes weereens vir hulle stem.

waarheid ·

Ramaposa weet presies wat hier aangaan maar voel ‘n veer. Dit is die groot probleem – hy gee net om vir ‘sy mense’ wat hy baie duidelik gestel het.
Hy het ‘n gesplete tong – en dit se alles. Vergeet van hom en konsentreer op die Buiteland.
Sterkte vorentoe en ons dink aan jou liewe mensie.

Burgeroorlog ·

Ramapaddapot tender vir ‘n Burgeroorlog – dit is tog duidelik. Hy versoen nie die Suid-Afrikaners nie, maar verdeel hulle net verder.

Swanna ·

Daar moet meer sulke videos opgestel word en aan ek wil nie eens sy naam noem nie en die VSA gestuur wod so ook die buite wereld maar dit sal weer as proganda afgemaak word deur ons weet wie. My inige simpatieen soos Callie sê ” WE SALUTE YOU”!

Anoniem ·

CR…hoe kan jy so openlik lieg teenoor ander lande dat daar geen ding bestaan soos plaasmoorde nie, en net vanoggend op n bekende radio stasie waar die voorblaaie van die koerante gelees word swaai jy jou woorde om en erken dat dit nie net plaasmoorde is nie maar dat daar ander moorde ook plaasvind. Jyt nou self erken oor die moorde in SA maar jy doen niks daaromtrent nie….loop en verkoop leuens aan ander lande. Hahahaha….duidelik slaap jy, want ek ken SA mense in Amerika ook wat daagliks weet van al hierdie dinge.

Marianda…jys een baie dapper vrou wat hierdie video in die wereld in stuur deur ander lande te bewys wat se president SA het wat lieg.

Ek is baie jammer maar sal glad nie my kruisie vir 2019 gaan trek nie, want ek wil nie stem reg gee vir plaasmoorde nie, ek wil nie stem reg gee vir grondonteiening nie en ek wil nie stem reg gee vir n president en sy korupte party wat kan maak en breek soos hul wil en saam met dit al hul blatante leuens en lee beloftes nie. Ek stem net vir een persoon en dis God, gebed is magtiger as om n kruisie te trek op n stuk papier.

Anél Engelbrecht ·

My hart gaan uit na jou en jou 4 kinders. Dankie vir hierdie video, dis tyd vir aksie (was eintlik al lankal). Ek is seker baie mense is saam met my bly dat jy weer liefde gevind het, dink hy is van Swede? Sterkte Mariandra.

Jerry ·

Ernst Roets, jou tydsberekening vir die uitrol van die video veldtog kom op n ongelee tyd omrede dit saamval en oorskadu word deur die Dros verkragting van n sewe jarige dogtertjie! Ek sou voorstel dat jy die uitrol van die videos vir eers terughou tot na die Dros saak afgehandel is!

Theresa ·

Nee wat.
Geen terughouding nie. In teendeel – die man se gesig was oral afgeneem – anders as ander beweerde verkragters. Almal het allerlei redes waarom dit toegelaat was, maar nogtans – uitsondering was gemaak.
Stuur hierdie video die wêreld in – nie eers net na VSA nie. Mog daar nog baie volg wat reeds hierdie wrede agteraf “oorlog” moes deurmaak.
Dankie vir die video en die krag wat jy moes bymekaar maak om dit te doen. Baie sterkte met jou gesin – beste wense vir elke dag vorentoe.

Lizzy ·

Jerry – Ek dink weer hierdie was die perfekte tyd omrede ALMAL keelvol is vir die onheil van ons land! Dit sluit verkragting ook in! Ons word bedrieg en die heidin kom weg daarmee want ons is die minderheid. Ons is moeg vir die dade van die swam wat ons land vergiftig. Dit is nou tyd dat ons iets begin doen.

Beplan ·

Dit is duidelik dat ramapaddapot besig is om S A nog verder te verdeel – ek wonder waarom? Het hy dalk ‘n burgeroorlog ingedagte?
Wat beplan hy?

wolla ·

Trump het mos ‘n Twitter rekening. Twitter die video link, iemand gaan dit sien.

red ·

Ons harte gaan uit aan elke witmens wat al moes boet met sy/haar lewe in hierdie wettelose wrede land. Ons is bekommerd. Ons is bang en mens kan nie so lewe nie!!!! Ons kinders is klein. Hoop iets verander, is nie meer ‘n opsie nie. Vlug? My kinders ontneem van ‘n sonnige SA en grootword soos ons groot geword het . Dit breek my hart. Oorbegin in ‘n nuwe land met sy eie kulture, tale en mense, gaan swaar wees … maar veiliger? Ek wil my kinders die marteling spaar wat dalk oor ons pad kan kom hier!!! Net een vraag, daar word heeltyd gepraat van plaasmoorde, wat beslis ‘n waarheid en realiteit is. Maar ek wil net weet, wat van witmense wat net so afgemaai word in dorpe en stede. Dit gebeur NIE NET op plase NIE, maar oral om ons in die besige stede ook. As jy wit is, is jy ‘n target … punt.

Emma ·

Baie hartseer, ja ek hoop die video word oral in die wereld versprei. Niemand moet so iets deurmaak wat hulle en ander deurmaak nie. Sterkte.

Ryan ·

Kan steeds nie glo cr het dit geuiter nie. Moes die video van hom ‘n paar keer kyk. Mev. Heunis, ek stuur aan van my kant ook, ek hoop ons kry spoediglik een of ander vorm van ingryping.

GM ·

Naas Vermaak, ek sien in wat jy probeer sê, maar, soos ek al op vorige berigte gesê het – Die porsie van ‘n koek is kleiner as jy dit tussen 5 moet deel vs. wat een sou kry as dit gehalveer moes word. Wat is die gemiddelde hoeveelheid kinders wat elkeen kry? Die kindertoelae is vir baie die aanmoediging om nog kinders te kry. So hoekom is die jongetjies kwaad vir ‘n minderheidsgroepie en nie vir hul eie ouers nie? Dan is daar natuurlik die wat verkies om so te lewe, want dan is als gratis. Ek ken een wat in vodde rondloop, ‘n huis besit, duisende in die bank het, maar agter op iemand se erf gebly het vir jare omdat hy bang was sy familie maak hom dood vir sy geld. My bankrekening het nog nooit so gelyk nie, want mens betaal, betaal en betaal vir elke nuwe gier van die president en sy kaders.
Waar sekeres probeer opbou het, het ander afgebrand. In 24 jaar kan mens paar keer val, en jouself weer opwerk. Die wil ontbreek net by party mense en dan blameer hul ander. Ten minste kon mens vroeër jare nog na staatskole en staatshospitale toe gaan, kinders kon buite speel. Nou kan mens nie eers na ‘n winkelsentrum toe gaan sonder om jou handsak vas te klou, of om omtrent ‘n paniekaanval te kry as jou kind net jou hand wil los nie.

Breytenbach ·

Daar kan nie sprake wees van die koek deel nie, dit het lankal te klein geword. Nuwe koeke moet gebak word.

jannie ·

Stuur hierdie video ASB vir AFRIRORUM…..hulle sal weet wat om te maak.

Mary ·

Jy is ‘n baie dapper vrou Mariandra, ek kan die seer in jou oë sien. Hoekom sien mens nooit berigte in Engelse koerante oor al die plaasmoorde nie….

waarheid ·

Ramaparra het sy credibility verloor.
Jerry – daar was gister 2 swart kindertjies gekry wat duidelik vermoor is was in ‘n plakkerskamp. Hulle hande was vasgemaak en as ek reg onthou was hulle geblindoek.
Nie die eff of vroueliga of iemand het ‘n woord daaroor te se gehad nie – dalk kan Ernst Roets dit gebruik.
Vir hulle is dit lyk my ok as hulle mekaar vermoor – dan betoog niemand nie.

Leon ·

Hierdie dapper vrou verdien al die eer en respek wat mens kan toekom. Ons as blankes moet meer hiervan doen en die media gebruik in die buiteland om die boodskap oor te dra, sinde dat ons eie media die waarheid wegsteek of verdraai!
Ek het sonder versuim hierdie aan vriende van my in die VSA gestuur, en my verbasing so groot toe ek verneem hulle het dit van ander mense in SA ontvang, en ook begin versprei.
Wonder wat gaan ene me. Sisulu nou sê !

HPV ·

Ons president wat so blatant kan lieg kan op geen manier vertrou word nie. Hy moet egter nie die eerste wêreld mense se intelligensie onderskat nie.

Leun dat baie ander groepe ook blootgestel is ·

Daar is steeds linkses wat beweer dat boere nie uitgesonder kan word nie, dis ‘n leun want boere se moorde gaan met marteling gepaard, anders as moorde op ander. Vlieg linkses, vlieg.

Dawid ·

Dis n baie goeie punt. Suid Afrika is erger as enige land in die wereld want die plekke waar wreede moorde wel plaasvind is is plekke waar dwelmhandelaars betrokke is, nie onskuldige kinders, vroue en bejaardes soos hier nie. Townshipmoorde het nie die tipe geweld nie en is gewoonlik passiemoorde of moorde tussen jong mans, nie waar bejaardes vermoor word met wreedheid soos gesien op plaase nie.

Charlie ·

Ek kan my nie indink oor wat hierdie vrou moes deur gaan nie, ongelukkig is dit nie net boere wat hier lei nie, maar ‘n hele volk en nageslagte! Ek weet die ander kleuriges kry ook swaar, hulle word ook verkrag, gemoor en het nie werk nie. Die verskil kom in by stemmery! Hulle bly stem vir hul regering wat hul nie help nie! Hulle bly kinders kry vir die klein “grant” wat hulle net verder in armoede in dompel en die regering weet dit, vir hulle gaan dit oor getalle, meer mense, meer mag, paar leë beloftes en almal bly stem vir die ANC! Ons moes al ons goedjies verkoop ons het met 8 tasse en 4 kratte in NewZealand kom bly, ons moes al my man se pension en spaar geld gebruik want hy kon nie meer werk kry is ons pragtige land Suid Afrika nie, wou ons weggaan? NEE!!! Dis ons huis, ons taal ons geliefdes wat ons moes agter laat! Hoe pak jy jou lewe in ‘n tas! Met niks in die vreemte moet jy oor begin! Dis die ergste ooit! En om al die nuus te sien maak mens nog meer seer! Ons het besluit om op te gee en te kom probeer! Dis prentjie pragtig hier, dis skoon, alles werk! Dis vreemd maar hoe langer ons hier is hoe meer geniet ons dit. Vandag is ons presies 10 weke hier! Ons bly bid vir SA! Ons sal bly smeek by God!

Anoniem ·

Mariandra, ek weet presies waardeur jy gaan want my niggie se seun is ook op sy plaas VERMOOR. Nog steeds ignoreer Cyril Ramaphosa hier gruwel misdaad en maak hy asof hierdie misdaad teenoor boere glad nie bestaan nie. Misdaad in Suid Afrika raak ELKE inwoner. Om die waarheid te se ek sou se misdaad in Suid-Afrika is buite beheer want ons sit met ‘n president wat niks voel vir die inwoners van Suid-Afrika nie.

Willie ·

Amerika het die beste inligtings netwerke in die wereld…Ek dink hulle weet alankal!

Dawid ·

Regeringsinstellings begin eers omgee wanneer hulle burgers notisie neem en omgee. Dankie vir die uitstekende veldtog, dit gaan ons almal nog kan red.

Rina Kotze ·

Ek is so trots op jou! Dit kon wraggies nie vir jou maklik gewees het nie!
Ek is seker jou kinders en oorlede man (daar waar hy is, is net so trots op jou!
Dankie dat jy die boodskap help uitdra, iewers het die wêreld begin hoor en gaan iemand ons help! Ek het ook op ‘n plaas grootgeword, het nog ‘n broer en swaer en neefs wat almal boer!!!

Dankie ook Afriforum vir wat julle doen, dit maak my hart warm van trots!

Laaste punt , help nie om met ‘n dwaas te redeneer nie, sê die Woord!
Jy mors jou asem!

JAN ·

Hierdie video sal verseker die hele kaartehuis van disfunksionele misdaad laat tuimel.
Onthou wat met Mbeki gebeur het? Hy het iets vals kwyt geraak teenoor Bush destyds tydens die Irak oorlog. Binne een maand lê die grootste vliegdekskip Abraham Lincoln in Tafelbaai en nog een maand later was Mbeki iets van die verlede.
Hoop Trump in dieselfde situasie as Bush destyds stel ons nie teleur nie.

marietjie van vuuren ·

Mariandra…maak seker jy stuur jou video aan Tucker Carlson van Fox News in Amerika. Hy is die persoon wat Ernst Herbst van AfriForum ‘n onderhoud gegee het op sy program en daarna weer na die plaasmoorde verwys het.

Skaap ·

Mariandra jy is ‘n heldin om jou lewensverhaal met die wereld te deel. Ek glo jy maak ‘n verskil! Al red jou bootskap net een kind, vrou of man se lewe!

Dapper vrou ·

Dapper vrou, dankie, die feit dat jy dit deel maak dit ‘n realiteit, ons almal skree en probeer die nuus oordra van onskuldige mens wat geen lewensreg het nie, gesinne wat geen reg op beskerming het nie, wrede aanrandings, dit klink egter of ons almal net op ‘n wa spring, hierdie boodskap is duidelik, ek is 1 van so aanval, ek, my kinders het geen reg om ons Pa en Man saam met ons meer te he nie, ons Man en Pa het geen lewensreg. Dankie dat jy dapper oorleef het vir jou kindertjies en dapper voort werk om hul groot te maak. Mag jy meer en meer genade ontvang.

Aster ·

Shame on you Mamparraphosa! Jy’s ‘n blatante leuenaar. Ek verdomp hoop dat daar aksie sal wees van buite af en dat mense oorsee sal sien hoe onbevoeg is jy om die waarheid te erken!

Carlien ·

Speel hierdie insetsel in die parlement sodat elke liewe persoon in hulle stoel kan sien hoe ons gewone landsburgers uitroep om hulp!!! Ons president voel NIKS vir ons wit mense nie!!!!!!!!!!!

christa ·

Mariandra Jy is n Dapper Vrou ek se ook Gaan in die Parlement in en speel die Video Sterkte Bid Vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.