Plaasmoorde, wreedheid neem toe – AfriForum  

AfriForum het Woensdag die jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekend gemaak. (Foto: AfriForum)

Hoewel die aantal plaasmoorde die afgelope jaar afgeneem het, het die wreedheid wat tydens dié aanvalle plaasvind, toegeneem. Dít, sê die burgerregteorganisasie AfriForum nou, is “uiters kommerwekkend”. Die getal mense wat tydens aanvalle vermoor is, het ook toegeneem.

Die organisasie het Woensdag die jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekend gemaak. Hierin word die waarskynlikste tyd vir plaasaanvalle, die ouderdom van slagoffers en wat gewoonlik gebuit word ook bekendgemaak.

Luidens AfriForum se verslag is 59 mense die afgelope jaar op plase in Suid-Afrika vermoor, in vergelyking met 41 in die vorige jaar. Dit dui op ʼn toename van 41% in die aantal plaasmoorde. Sedert April 2020 was daar altesaam 395 plaasaanvalle landwyd, teenoor 465 aanvalle in die vorige jaar.

“Hoewel daar ’n afname was in die getal plaasaanvalle in die 2020/’21 finansiële jaar in vergelyking met die vorige finansiële jaar, was daar ’n toename in plaasmoorde,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

“Die aanvalle bly ook steeds ’n groot bron van kommer weens die uitermatige geweld wat gereeld met dié misdade gepaard gaan.”

Die meeste plaasmoorde is in KwaZulu-Natal en Gauteng gepleeg, gevolg deur die Vrystaat en Mpumalanga.

Die meeste plaasmoorde is in KwaZulu-Natal en Gauteng gepleeg, gevolg deur die Vrystaat en Mpumalanga. (Grafika: AfriForum)

Roets sê voorts dat slagoffers in 22% van die aanvalle wreed gemartel is.

“Hulle is onder meer met strykysters gebrand, doodgeslaan of -geskop, of herhaaldelik met ’n skerp voorwerp gesteek.”

Luidens die verslag was 64% van die slagoffers ouer as 50 – waarvan meeste plaaseienaars was of op ʼn plaas geboer het.

“Die kwesbaarste slagoffers was tussen die ouderdom van 60 en 69 jaar oud, terwyl die meerderheid bo 50 jaar oud was. Dié ouderdomsgroepe sal waarskynlik nie daarin slaag om hulleself te verdedig nie en vermoor word,” sê Roets.

Volgens hom beweeg aanvallers ook hoofsaaklik in groepe van twee tot vyf.

“In baie gevalle is meer mense in die aanval betrokke, hoewel elke aanvaller nie raakgesien of identifiseer word nie,” sê Roets.

Dit blyk verder dat aanvallers hoofsaaklik tussen 18:00 en 03:00 toeslaan, wanneer slagoffers nóg meer kwesbaar is en onkant gevang word.

“Die slagoffers het min tot geen tyd om hulleself te verdedig nie, siende dat die aanvallers hulle verras.”

Die verslag dui aan dat vuurwapens, voertuie en elektroniese toestelle die meeste gebuit word, hoewel daar in minstens ses van die aanvalle niks gesteel is nie.

Roets sê voorts dat dit al hoe belangriker raak vir gemeenskappe om self verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem.

“Die toename in plaasmoorde en die wreedheid daarvan wys ook vir ons dat die lippediens wat die minister van polisie en die president vir ’n kort rukkie verlede jaar aan die onderwerp bewys het, eintlik maar op niks uitgeloop het nie.

“AfriForum moedig landelike bewoners aan om hul veiligheid in hul eie hande te neem, binne die raamwerk van die wet, en om veiligheidsnetwerke te stig of om by een van AfriForum se 160 buurt- en plaaswagte landwyd aan te sluit,” sê Roets.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig dat die organisasie sy Beveilig ’n plaas-veldtog van stapel gestuur het. Dié veldtog fokus onder meer op bewusmaking-, veiligheid-, voorkoming- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dup ·

Plaasmoorde en aanvalle kan nie ñ statistiek raak nie.Daar moet GEEN plaasmoorde/aanvalle wees nie.Punt.

Genis ·

Nou wanneer trek ons op na Unie Gebou, en oorhandig n memorandum? Of gaan dit wees die 8 ste Mei toe Petrus een oorhandig het by die Parlement? Daar was n volle ondersteuning van 20mense?

James ·

Opruk en marsjeer gaan nie help nie. Wees teenwoordig in die Hof, kry adresse van die familie wat daar is om die beskuldigde te ondersteun – en gaan vergoed hulle vir sy optrede. Oor tyd, sal hulle twee keer begin dink….

Genis ·

Daar was net so min mense in Piet Retief… Keyboard warriors werk nie….

Hoekom ·

Selfone, motors en wapens.

Dit maak nie finansieel sin dat dit gedoen word uit armoede en hongerte nie. Dit is haat misdaad…

James ·

Gee hulle ‘n dis-insentief: “Sou jy gearresteer word, sal daar mense in die Hof wees wat adresse vat van jou familie wat jou kom ondersteun het. wyl jy in die tronk is, sal besoek aan jou familie gedoen word.”

Werner ·

59 mense die jaar vermoor net op plase.Dog ons was gered van n oorlog in 94.Wie wil dit nog waag om te se ons is nie in n oorlog nie.

James ·

Baie van die plaasmoordenaars word darem later gearresteer, wat nie noodwendig beteken dat hul skuldig bevind sal word nie: – maar minstens kan die publiek hul gesigte sien, en ook oplet wie in die hof sit – hul familie en vriende – om hul te ondersteun. Van hier af word dit maklik om adresse vas te stel, en die gunste terug te gaan betaal aan die beskuldigde se hele familie.

Dit behoort ‘n afname teweeg te bring, oor tyd….

James ·

“To be tolerant in the face of intolerance, signals nothing but weakness.”

Stefaan ·

Hier kom die probleem. Verskeie boere het hulle self verdedig en agter tralies beland.

Frank ·

Afriforum, Solidariteit, ek wens ek het MEER geld gehad sodat ek baie meer kon bydra per maand vir die fantastiese werk wat julle doen. Ek weet egter, elke bietjie help!!!
Hou so aan!

Erika ·

Dit is siek net die Here behoed ons Dit Gaan nie Beter word nie,wees waaksaam.

gehasie ·

Kan dit dalk net wees dat hierdie plaasmoorde met militêre presisie uitgevoer word?? So? Wie sit hieragter? Vader Jokab slaap jy nog….?

FBS ·

Ons het n probleem ondervind met n swart man wat net kop plak het, ons aangeval. Het klagtes by polisie gele was Hof toe het ’n Hofbevel gekry. Het met alle organisasie wat sê hulle is daar vir die boere en gereeld vra vir fondse, gepraat en hulp gevra. Omdat ons nie vermoor is nie, word die saak nie ondersoek nie. Die sogenaamde groepe wat glo omgee kom ook nie na die tafel toe nie. My raad aan elke Boer maak seker dat jy en jou gesin paraat is en weet dat jy alleen is.

JAN ·

Hoe is dit dat daar NIKS op ons TV nuus is oor hierdie plaasaanvalle nie??? Sensor die ANC ons beriggewing? Maar laat wittes op hul eie plaas nou net verdink word van moord op ‘n swartman of twee wat kom moeilikheid soek, ala Piet Retief, bars alle hel op die media los! Piet Retief… hoe gepas. By elke plaasmoord word nog 100 nuwe rasiste lewenslank geskep. Kan mens hulle verkwalik? Viva Zimbabwe!!

Jack ·

Ons moet net nie afgestomp raak deur al die tragedies nie. Elke lewe wat ons verloor is n persoonlike verlies vir die Afrikaner. Ons sal nie stilbly nie en ons sal self ons planne moet maak. Dankie vir Afriforum wat voorkom dat die dade net onder n minister se persiese mat ingevee word.

Anoniem ·

Volgens my oordeel …………………stel die Regering nie belang om na die plaasmoorde te kyk nie. Enigste oplossing is BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.