‘Plaasmoordenaar’ jare later in hof

Andrew Ndlovu (Foto: Ian Cameron via Facebook)

Die Zimbabwiër wat verlede Donderdag in hegtenis geneem is vir die moord op Christine Robinson (59) in Julie 2014, het Maandag in die landdroshof in Thabazimbi in Limpopo verskyn.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig die 30-jarige Andrew Ndlovu, ook bekend as Andrew Druza, het in die hof op aanklagte van moord, verkragting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal verskyn. Hy staan ook tereg op die aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet.

Sy hofsaak is eers uitgestel vir verdere ondersoek en hy sal na verwagting weer op 13 Augustus in die hof verskyn.

Die polisie het Ndlovu Donderdagaand in Johannesburg vasgetrek (Foto: Ian Cameron via Twitter)

Maroela Media het vroeër berig Ndlovu is verlede Donderdagaand, ses jaar na die moord op Robinson, in Johannesburg vasgetrek. Hy het glo die afgelope vier jaar onder ʼn skuilnaam in Johannesburg gewerk.

Ian Cameron, onafhanklike misdaadkenner, het saam met oudkol. Sakkie Louwrens wat destyds die ondersoekbeampte in Robinson se moord was, gewerk om Ndlovu vas te trek.

Cameron was by toe die polisie Ndlovu om Donderdagaand 21:00 by sy woning in Crosby, Johannesburg, in hegtenis geneem het. Hy is Vrydag van Gauteng na die gevangenis in Thabazimbi geskuif.

Robinson is in Julie 2014 verskeie kere met ʼn mes in haar huis by die Rra-Ditau Bush Lodge gesteek en toe glo verkrag en beroof. Ndlovu het daarna op die vlug geslaan. Hy was ten tyde van die voorval ʼn werknemer by die lodge en het toe al glo langer as 10 jaar vir Robinson gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mariette ·

Net genade dat haar niggie aangehou bewusmaak het, dat Ian Cameron ‘n Facebook plasing gemaak het, en dat iemand anders die spesifieke plasing gesien en die moordenaar herken het. HPG en oudkol Sakkie Louwrens is ysters. Goeie werk almal.

Dries ·

Onthou asseblief altyd dat die een wat die mense met die rooi berets lei, grense wil afskaf sodat almal kan kom en gaan soos hulle wil. Moet dit nooit vergeet nie.

LiveAndLetLive ·

Well done, hoop ons sien daai gesiggie nie weer gou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.