Plaasmoordenaar kry lewenslank

Dries (70) en Mariaan Schoeman (toe 68). Foto: Verskaf

ʼn Plaaswerker wat ʼn bejaarde egpaar so erg op ʼn plaas in Mpumalanga aangerand het dat die man later aan sy beserings beswyk het, is lewenslange tronkstraf plus nog 58 jaar opgelê.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die NVG, het Saterdag aan Maroela Media gesê Arcolane Doce se vonnis bestaan uit tien jaar vir twee aanklagte van ontvoering, 30 vir twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, tien jaar vir poging tot moord en agt jaar vir diefstal. Vir die moord op Dries Schoeman (70) is hy lewenslange tronkstraf opgelê.

Doce het in Mei vanjaar in die hooggeregshof in Mbombela skuld op al die aanklagte teen hom erken. Dié hof het hom gister eindelik gevonnis.

Maroela Media het vroeër berig die Schoeman-egpaar is op 21 Junie 2017 oorval op hul plaas, Schoongezicht. Pieter Schoeman, die egpaar se seun, het destyds vertel sy ma, Mariaan (toe 68), het omstreeks 16:00 by die huis stilgehou toe vier mans haar van agter oorval en met ʼn skerp voorwerp aangerand het.

Hulle het haar daarna met staaldraad vasgebind. Volgens Pieter het sy pa byna ʼn uur later by die hek stilgehou, waar hy sy vrou – wat deurdrenk was met bloed – gesien het. Hy het haar probeer losmaak, maar die aanvallers het hom ook van agter oorval.

Dries is herhaaldelik met ʼn hoekyster oor sy kop geslaan voordat hy ook vasgebind is, waarna die aanvallers die egpaar in ʼn bos ingesleep en daar gelos het. Mariaan kon haarself die volgende oggend loskry en hulp by die bure ontbied.

Dries het onder meer skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen en het net langer as twee weke later in die hospitaal gesterf. Mariaan is ook ernstig beseer, maar het die aanval oorleef.

Doce, ʼn Mosambiekse burger wat voorheen vir die egpaar gewerk het, is ʼn paar dae ná die aanval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vegter ·

Verstaan mie hoekom mense nog immigrante vir hul laat werk nie

Cherokee ·

Verstaan nie hoekom mense dink slegs immigrante is boosdoeners.

Cherokee ·

Stem saam Vegter!
Baie misdaad deur immigrante wat GEEN belang by die land het nie en nou het hierdie Mosambieker gratis lewenslange “hotelakkommodasie” kom kry in ‘n land waar hy NIKS bygedra het nie!

leser ·

onwettige skuim wat oor die grens geloop het om ‘n beter lewe te kan hê, nou sit sy tjank
menigte van die oorlopers kom net vir twee dinge, roof en moord

James ·

Maar die President het gese daar is nie wit plaas moorde nie…

Ondersteunet ·

Jy moet maar alleen klarkom sonder vremde arbeid in en om die huis. Dis nou weer n werker wat omstandighede van die huis geken het. Mense ruk saam en moet nie vremdes vertrou nie. Jammer dat so its kon gebeur.

John ·

Die wenner op die einde van die dag, sit lekker met volle versorging en beskutting op die belastingbetaler se onkoste in die tronk.

Cherokee ·

Stel ‘n beter alternatief voor. Nie ‘n doellose een wat net op wens berus nie, want die lesers van hierdie forum is nie die parlement nie. Stel ‘n uitvoerbare alternatief voor.

George ·

Hoeveel verskil is daar nou regtig tussen die “immigrante” en die plaaslikes?

Aggenee! ·

Hoe kan die arme man tronk toe gestuur word vir n plaasmoord – dit bestaan mos nie in SA nie. Die keiser loop sonder sy klere rond …

Andrea ·

Aggenee!, Dis my presiese gedagte elke dag in hierdie land waarin ons bly. Lyk of dié gekkespul gegrond is op Barto Smit se drama Die Keiser.

willem Botha ·

Wat is lewenslank in sa 15 jaar met oorvol tronke miskien 2 tot 3 jaar en dan is hy weer uit.

Jan ·

Waarom was hulle nie gewapen nie.ek onthou so goed eugene terblance se wworde n witman sonder n wapen is n dooie witman.janee en die mmerderheid blankes het vir jare vir ou et afgelag..

Adriaan ·

Jan ek wonder net waar was ET se wapen toe hy op sy plaas vermoor is?

Elsa ·

Dis die eerste keer wat ek raaksien dat ‘n plaasmoordenaar so ‘n swaar straf kry van lewenslank plus nog 58 jaar. Ek wonder nou net hoeveel jare dit in werklikheid sal wees wat hy in die tronk sal moet deurbring.

Marietjie ·

En die ergste van alles is dat hierdie moordenaars nog op staatskoste kan studeer en die hoogste kwalifikasie kry. Ek en jy en ons kinders moet ten duurste betaal om êrens in die lewe te kom en iets te word.

Anita ·

wat help die lewenslank, ‘n familie is lewenslank in verdriet gedompel, die doodstaf moet terug gebring word en boere op plase moet dood skiet as hulle die aanvallers mee maak die President ontken die plaasmoorde dan mag die boere die skuldiges self uithaal
Vir die familie hou die mooi gedagtes in julle harte.

werner ·

Die berig se daar was vier aanvallers. Net een blyk gevang en gevonnis te wees. Ek wonder waarom hy skuld erken het en waar loop die ander aanvallers rind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.