Plaasmoordenaar se swaar vonnis verwelkom – VF Plus

Piet en Tilla van Zyl. (Foto: Facebook)

Die VF Plus het die twee lewenslange vonnisse wat die hooggeregshof in Polokwane Mpho Mbuyane Dinsdag opgelê het vir die dubbele moord op die egpaar Piet (68) en Tilla van Zyl (66), verwelkom.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is op 20 Augustus 2017 op hul wildsplaas Kalkpoort buite Zebediela in die Immerpan-distrik vermoor. Die egpaar is in die oggendure in hul slaapkamer oorrompel nadat die deur afgebreek is.

Hulle is met pistole aangehou en die huis is geplunder. Die aanvallers het die egpaar doodgeskiet vermoedelik oomblikke voordat hulle gevlug het. Die Van Zyls se liggame is later die oggend deur familielede gevind.

Altesaam agt verdagtes is kort na die moorde in hegtenis geneem. Tydens die verhoor is die aanklagte egter teen die ander sewe beskuldigdes teruggetrek nadat slegs Mbuyane positief met die misdaad verbind kon word.

Mbuyane is ook ʼn verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir huisroof.

Marcelle Maritz, leier van die VF Plus in Limpopo, sê die party wil sy dank uitspreek teenoor die polisie se misdaadintelligensie-, opsporings- en ondersoekeenheid en die Heritage Protection Group (HPG) se harde en onvermoeide werk wat tot die inhegtenisneming van Mbuyane gelei het.

“Dit is ʼn bewys dat die samewerking tussen die polisie, die gemeenskap, private sekuriteitsmaatskappye en die howe belangrik is om die euwel van plaasaanvalle en -moorde uit te roei,” het Maritz gesê.

“Die VF Plus spreek sy hoop uit dat die swaar strawwe wat howe aan sulke oortreders oplê, sal dien as afskrikmiddel vir ander wat soortgelyk misdade beplan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannelie ·

Lewenslank is seker nie meer ‘n opsie nie, want tronke is te vol…

david ·

20 Aug 2017 moord plaasgevind. Nou is slegs een persoon van die bende gevonnis! Die is nie ‘n suksesvolle resultaat nie!

Elmarie ·

Is die VF-Plus ook gelukkig dat slegs 1 van die 8 wat betrokke was, verhoor, skuldig bevind en gevonnis is?

Jr ·

VF beteken niks vir ons meer nie. Dis n party wat net op die stoep sit en ons alles vertel wat ons klaar weet. Was nog nie hof toe nie. Soladariteit en Afriforum is tien duisend keer meer effektief

KhoiKhoi ·

Wel ek hoop nie hy is binnekort uit op parool nie.
Dan, wat van verdere ondersoek na die ander misdadigers?

Schalk ·

Werk bietjie uit wat die skuldige net aan maaltye gekos het teen die rekening van die belasting betaler. Gemiddelde ete baie konserwatief R60 x 3 maal per dag = R180 per dag maal tye x 4 jaar(365 dae x 4 = 1460) = R262800!!! Dan slaap hulle nog warm , kry oorpakke en tandepasta , seep en geleenthede om te studeer !!!!. Kriminele loopbane is winsgewend en glad nie meer ‘n afskrikmiddel nie. Behalwe alles het hulle nog stemregte en MENSEREGTE??? Voorwaar geen afskrikmiddel. Die bonus is nog dat hulle “kwytskelding ” kry as die President so voel.

Elinette ·

Ek kan jou waarborg – gevangenes word nie op R60.00/ete x 3 per dag gevoer nie. En die geld om hulle te voer, kom nie uit die belastingbetaler se sak nie – dit kom uit die sakke van diegene wat nog dom genoeg is om KFC R2.00 Hope-projek te ondersteun ….

Jackie ·

In 60% van Amerikaanse state sou hy nou op ‘death row’ gesit het. Kan ons hom nie daarheen stuur nie?

Swerwer ·

Lewenslange vonnise kan nie genoeg wees nie, want dit kan nie ons dierbares terugbring nie.
Die seer en trauma bly jou lewenslank by. Hoe gewetenloos kan hierdie mede landsburgers wees,
gaan my verstand te bowe.

Harley Davidson ·

Ek sien dit nie as ‘n swaar straf nie ,twee mense is vir ewig weg en met die oorvol tronke en die onwilligheid om nuwes te bou is die moordenaars oor ‘n paar jaar uit en op jag vir nog onskuldige slagoffers.

jzjz05 ·

Eerste =wat het die ander sewe saam met die veroordeelde gesoek ,sekerlik nie om sy hand vastehou nie,tronk straf is ook geen afskrik vir moord nie, net die doodstraf kan dit vermag.VRAAG is twee onskudige ou mense net n paar jaar in die tronk werd.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.