Plaasmoordenaar swaar gevonnis

Jason Winrow. Foto: Verskaf

’n Man is Vrydag byna drie jaar ná die moord op die Oos-Londense boer Jason Winrow lewenslank gevonnis vir sy moord.

Winrow (47) is in Julie 2017 by die hoofhek van sy plaas in die Bluewater-omgewing oorval toe hy stilgehou het om die hek oop te maak. Hy is destyds met ʼn skerp voorwerp gesteek en ook geskiet.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het vanmiddag gesê Odwa Jim Ntlangani (36) is in die Oos-Londense hooggeregshof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Winrow.

Hy is ’n verdere 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede, vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, drie jaar tronkstraf vir veediefstal asook nog twee jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie opgelê.

Odwa Jim Ntlangani (Foto: Verskaf)

Ntlangani is Woensdag op dié aanklagte skuldig bevind.

Die staat het aangevoer dat Winrow moontlik destyds vermoor is omdat hy ’n staatsgetuie was in ’n veediefstalsaak teen Ntlangani.

Ntlangani het sowat ’n jaar voor die moord in Junie 2016 saam met ’n groep mans toegang tot Winrow se plaas verkry en 16 skape gesteel.

“Die dood van ’n boer raak die nasie aangesien boere die nasie voed. Boere word om verskillende redes vermoor. Ons weet nie wat die motief vir hierdie spesifieke moord was nie, maar ons kan net bespiegel uit die getuienis. Daar was ’n veediefstalsaak en die oorledene was ’n primêre getuie.

“Uit die aanvaarde getuienis blyk dit dat dit die motief vir die moord was,” het Mdolomba gesê.

Ntlangani is vroeër vandag egter vrygespreek op aanklagte van poging tot moord wat verband hou met ’n ander misdaad in 2016. Ntlangani het ’n waterdigte alibi vir dié voorval gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willem ·

Vonnis klink erger as wat dit is. Dalk sit hy 10 en dan weer terug op straat. Dit glad nie swaar straf nie

Jannie van Niekerk ·

“Plaasmoordernaar swaar gestaf” is na my mening nie swaar genoeg gestraf nie. Hy moes lewenslank op ELKE aanklag gekry het. Elke vonnis moet dan ook afsonderlik uitgedien word aangesien lewenslank in Suid Afrika slegs tien sekondes lank is. M.a.w. hy gaan slegs effektief vir ‘n halfuur lank in die tronk wees.

Casper ·

Janie net ter inligting.Staaf joy bewering met een voorbeeld waar ‘n plaasmoordenaar net ‘n halfuur in die tronk was.

katerinadiekat ·

Ag Casper jy weet wat hy bedoel, so dis nie nodig om pedanties en kinderagtig te wees nie.

Jannie van Niekerk ·

Beste Casper. My kommnetaar is hiperbolies(sarkasties) bedoel. Dit is beeldspraak. Mens leer hierdie terme al in Standerd Twee in die Afrikaanse klas. Of as jy nie so oud soos ek is nie, in die Graad Vier Afrikaanse klas. Hiperboliese (sarkastiese) beeldspraak in hierdie geval is om aan te dui hoe LIG die vonnis werklik is wat hierdie misdadiger gekry het. Dit is nie letterlik bedoel nie. Behalwe as liewe Casper dink die ou is te swaar gestraf.

Jakes ·

Net jammer dat in SA is lewenslank nie regtig lewenslank nie behalwe as jy Janus Wallus is.

Persheks Adri ·

Is daar sprake van parool? Die regering maak mos die tronke so te sê leeg in lockdown…

Casper ·

Daar is geen parool vir moord en verkragting en ander ernstige misdrywe nie,slegs minder ernstige misdrywe.

Jannie van Niekerk ·

Dis nie hoe ek dit het nie. Ek weet van ten minste twee gevalle waar geweldsmisdadigers op parool vrygelaat is tydens inperking. Binne twee weke het een van hulle weer moord gepleeg en die ander een gewapende roof. Lees jou koerant en luister na die nuus. En dit is nie fopnuus soos ANC ondersteuners beweer nie.

Wikus ·

Weet enige iemand hoe vorder die hofsaak van n plaasmoord van n boer op Coligne in die Mafikeng hooggeregshof wat Maandag begin het ?

christo ·

Landbou is die enigste sektor van die ekonomie wat groei. Verder skep dit werk, maar die ANC bied beskerming aan al die rewolusionêre partye ( EFF) deur nie op te tree wanneer haatspraak geuiter word t.o.v. boere nie. Verder help die polisie se reaktiewe optrede niks deur die skuldiges te arresteer en ‘n suksesvolle vervolging te hê nie, want boere word daagliks aangeval en vermoor. Wat het van die SAPD se landelike beveiligingsplan geword? Dis nog net ‘n geduldige stuk papier.

Nico ·

“Swaar gestraf” Kyk die meneer met die donker bril. Bring terug die doodstaf, wanneer jy ‘n lewe neem moet jou lewe ook geneem word, hy gaan nou ‘n vyfster behandeling ontvang en die familie bly agter met hartseer en verlange. My innige simpatie met die familie. Die moord sal nie ongesiens ongesiens verbygaan nie.

Casper ·

Dit is goeie vonisse maar die moet nie gelyklopend uitgedien word nie.Effektief gaan hy 25 agter tralies wees maar die slagoffer is vir altyd weg en nog voedselsekerheid daarmee heen.Ek het nou die dag ‘n video gesien waar ‘n man in die openbaar doodgeskiet is vir verkragtin van ‘n 5 Margie meisie in Dubai.Dit is vir my geregtigheid.

Jannie van Niekerk ·

Nee meneer, dis NIE ‘n goeie vonnis nie, dis ‘n LIGTE vonnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.