‘Plaasmoordenaar’ wat ontsnap weer vas  

Dries Botha. Foto: Facebook

Een van die vermeende moordenaars van die boer Dries Botha (57) wat in Desember ontsnap het, is weer aangekeer.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het bevestig Caiphus Shilenge (26) is Woensdag in die Kleinfontein-omgewing by Brits in Noordwes in hegtenis geneem. Lede van die Krokodil-gemeenskapsbeskermingsgroep het saam met die polisie gewerk om die verdagte op te spoor.

Botha het dae nadat hy op 4 Julie 2017 op sy kleinhoewe in die Kleinfontein-omgewing aangeval is, in ʼn hospitaal in Johannesburg aan sy wonde beswyk.

Shilenge is in dieselfde omgewing in hegtenis geneem waar Botha vermoor is.

Shilenge en Felix Mlambo, wat ook aangekla word in verband met die moord op Botha, het in Desember saam met nog vyf aangehoudenes daarin geslaag om uit die polisieselle op Hartbeespoort te ontsnap.

Polisievoertuie naby aan die toneel waar Shilenge in hegtenis geneem is. Foto: Krokodil-gemeenskapsbeskermingsgroep

Shilenge is die derde verdagte wat weer in hegtenis geneem is. Die polisie is steeds op soek na Felix Mlambo (26), Henry Sithole (22) en Paul Samuel Mozite (24).

Mlambo en Shilenge is in hegtenis geneem in verband met die moord op Botha. Hulle is twee van sewe verdagtes wat aangekla word van die moord op Botha in Julie 2017 op ʼn kleinhoewe naby Brits.

Die ander vyf vermeende moordenaars wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was by die plaasaanval in Julie 2017 waartydens Botha sewe keer geskiet is, word steeds in dieselfde selle aangehou.

Hulle is Promise Mlambo, Joshias Mgwenya, Tshepo Mokgobo (al drie 26), Trust Mfofiti (20) en Thomas Sambana (18).

Enigiemand met inligting oor waar die ontsnapte verdagtes hulle moontlik kan bevind, word versoek om kol. Simon Mokwena by 082 856 1326 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Dis ‘n baie groot bende lafaards wat hierdie plaasmoord uitgevoer het.
Die skuldiges verdien doodstraf.

Anoniem ·

Betoon geen GENADE nie, dit was ‘n vooraf-beplande-moord ! TERRORISME (Net soos ons geleer is in die destydse BOSOORLOG en dat die aanvalle haarfyn beplan word)

Anoniem ·

My innige meegevoel met die familie en AL die trauma en emosionele ‘stress’ wat HULLE moet hanteer ?????

Anoniem ·

Weet net, die moordenaars moet aan GOD verantwoording doen, nie aan mense nie !

CW ·

Ja Anoniem. Hulle sal maar as dit jou mense is wil jy hulle aan hulle nekke sien hang . Dis maklik as dit ver van jou is

Hannah ·

Marco polo.

Ek stem saam jou
Dit sou die enigste en doeltreffendste straf gewees het

SAW ·

Anoniem jy is heeltemal reg oor bosoorlog. Ongelukkig kan ons geen teenkanting uitvoer nie. Daar is net een uitweg slaan terug. Maar dis makliker gesè as gedaan ook nie ontmoontlik nie.

Anoniem ·

M Wat bedoel Jy ? Ek het die grootste simpatie met die naasbestaandes ? En Ja dis ONS mense dié

JdV ·

Beste MM,
Waarom word woorde soos plaasmoordenaar en rower deesdae deur julle as “plaasmoordenaar” en “rower” geskryf en nie eerder as die vermeende plaasmoordenaar, vermeende rower of beskuldigde plaasmoordenaar of beskuldigde rower nie? Om die woord in aanhalingstekens te plaas skep nie dieselfde indruk of betekenis as vermeende of beskuldigde nie?
Groete,
JdV

Al ·

Die Afrikaan is baie vinnig om die Afrikaner as rassiste uit te skel en sou dit ñ omgekeerde situasie was dat ñ Afrikaner ñ Afrikaan vermoor, was die hel los.
Dalk moet ons Afrikaners begin om plaasmoorde as rassistiese moorde uit te basuin.

GM ·

Die publiek moet help met inligting, maar geen mens het ‘n idee hoe hierdie siele lyk nie. Neem die polisie nie meer foto’s as hulle inhegtenis geneem word nie. Of verdwyn die hele ‘docket’ saam met hulle as hulle “ontsnap”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.