Plaasmoordverdagte ontsnap uit polisiesel

Bigboy Phiri. Foto: Verskaf

Bigboy Phiri (25), die man wat daarvan beskuldig word dat hy Hennie Oosthuizen in Desember verlede jaar op ʼn plaas in die Groblershoop-omgewing in die Noord-Kaap met ʼn mes doodgesteek het, het uit polisieaanhouding ontsnap.

Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Phiri en nog ʼn verhoorafwagtende verdagte het Donderdag in die vroeë oggendure uit die polisieselle op Groblershoop ontsnap. September het gesê die mans het glo die diefwering voor die venster in die sel oopgebreek om te ontsnap. Phiri sou Donderdag weer in die hof verskyn het.

Die ander verdagte wat ontsnap het, is later Donderdagoggend weer in Sternham in Groblershoop vasgetrek, maar Phiri is steeds op vrye voet.

Maroela Media het vroeër berig Phiri het Oosthuizen op 9 Desember 2016 na bewering tydens ʼn vermoedelike wraakaanval vermoor. Phiri het op dieselfde plaas gewerk waar Oosthuizen ʼn plaasbestuurder was.

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Petra, Oosthuizen se vrou, het destyds vertel dat die werkers op die plaas maandeliks vleis van die eienaar van die plaas ontvang het, maar dat hulle daardie maand nie hul vleis betyds gekry het nie omdat die eienaar in die hospitaal opgeneem is. Hennie het die situasie aan die werkers verduidelik, maar Phiri was glo ontevrede hieroor en het Oosthuizen daarvan beskuldig dat hulle sy geld steel.

Na bewering het Phiri kort daarna ʼn mes in sy kamer gaan haal en Oosthuizen verskeie kere in sy rug gesteek voordat hy op die vlug geslaan het. Oosthuizen kon daarin slaag om bebloed in sy huis in te strompel om hulp te soek en ʼn buurman het met hom na ʼn plaaslike kliniek gehaas. Hy is by sy aankoms daar dood verklaar.

Phiri is kort daarna in hegtenis geneem.

Petra het Donderdag op haar Facebook-blad ʼn beroep op mense gedoen om saam met haar te bid dat Phiri weer in hegtenis geneem sal word.

Enigiemand met meer inligting wat tot Phiri se inhegtenisneming kan lei, word versoek om kapt. Faro by 082 495 4782 te bel.

Lees alle vorige berigte oor Hennie Oosthuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Hier is beslis n slang in die gras….n GROOT een….hoe kan diefwering in n sel oop gebreek word? Dit is nou tipies SA. Sterkte vir jou Petra, ons dra jou in ons gebede.

Brolloks se kleinsus ·

@Johann – baie maklik (die uitbreek van die diefwering uit die selle) – ‘n BBEEE kontrakteur het die aanhoudingselle gebou of onlangs herstelwerk daaraan gedoen en toe die diefwering so effens ‘aangehelp’.

vierkleur ·

100% Hennie, wie gaan hulle vuil werk vir hulle doen as die terrroriste in die selle bly.
Hulle word “gevang”sodat dit lyk of die polisie hulle werk doen, maar dan weer in opdrak van bo los gelaat om hulle “werk”te doen

Erick ·

Hierdie land is lankal nie meer pragtig nie. Hoe ontsnap so baie kriminele uit aanhouding? Ons staar ‘n’ Zimbabwe ‘ in die gesig.

Johan. H. ·

Vervolg die wat hom moes aanhou , krimeneel en laat hulle self opdok vir regkostes,, dan en eers dan sal mense hulle werk belangrik ag en regdoen,,,

Pellie ·

Met wie praat jy? Want jy kan netsowel met n muur gaan praat Johan. Ons sal die reg in eie hande moet begin neem

Lu ·

Julle kan eintlik sê “polisie het moordenaar vrygelaat” wat’s n moord op n wit boer nou vir die staat en polisie.

Dirkie ·

Lu, dus duidelik jy het n probleem met die SAPD. Onthou net hulle is nie bouers nie. SAPS bou nie hulle vang skelms wat hulle beslis gedoen het.

Gesiggie ·

Dit maak my siek…. Lyk my dit is deesdae te maklik om te ontsnap- breek sommer maklik die diefwering… niemand hoor of sien niks? hoekom want hul werk dalk saam… en dit het al Desember laas jaar gebeur en hy is nogsteeds in polisieselle…. hy hoort lankal al in die tronk, waar dit dalk nie so maklik is om te ontsnap” Petra ek hoop die Bigboy Phiri… word bou gou gevang – en verdien wat hom toekom””Sterkte vir jou.

Irene ·

Wraak aanval mense dood maak ag asb so groot gemaak en laat staan

marous ·

Diefwering en ‘n venster in ‘n sel ? Is daar nie dalk ‘n jacuzzi en ‘n rookkamer ook nie.

Piet Pille ·

Dirkie, natuurlik is daar ‘n fout met SAPS. Seer sekerlik moet ‘n persoon wat vir moord in hegtenis geneem is in VEILIGE bewaring aangehou word. Klink darem te maklik om tralies af te breek om te ontsnap. Wat help dit hulle (Saps) het volgens jou, hul werk gedoen, maar hy ontsnap uit Saps se aanhouding. Halwe werk of hulp van binne, dis nou Saps.

N Lourens Reitz ·

Jy kan aan hierdie moordenaars verduidelik en sê d.i. die rede waarom die rantsoen nog nie uitgedeel is nie – hy verstaan daarvan niks !

Haan ·

Tyd om ontslae te raak van swart arbeid.
Al gaan die plaas ten gronde ten minste sterf daar dan nie nog n boer aan die hand van n ondankbare volk

Johanna Botha ·

Polisie is regtig vrot en pateties ! Kyk hoeveel wapens het hulle verloor …meer as 3000 wapens VERLOOR wat nog van dit wat gesteel en die wat verdwyn het wat mense ingegee het ….dit is totaal uit beheer en daar is geen orde of vervolging ! En dan verhuur die polisie nog wapens uit soos R4 gewere …..VROT !

Sky ·

Die moordenaar het die moord in Desember verlede jaar gepleeg en bykans ‘n jaar later is hy nog “verhoor afwagtend”? Hy moes al lankal in ‘n tronk gewees het, maar nou ontsnap hy uit ‘n polisie sel? Wat is fout hier..

dollie ·

Dalk is daar nie ‘n tronk in die distrik waar hy voor die hof gebring word nie, so dan moet hy in die polisieselle aangehou word voor sy verskyning.

Sky ·

Dollie, dis juis die punt wat ek maak. Hy moes lankal verskyn, verhoor en gevonnis gewees het. Dan sou hy in ‘n tronk gewees het en nie in polisieselle aangehou word nie.

Roelf ·

WAT HET DIE BESKULDIGDE NOG IN DIE POLISIE SELLE GESOEK? MOES LANKAL IN BEHOORLIKE TRONK AAN GEHOU GEWEES HET. LYK OF HIER N LANG SLANG IN DIE GRAS IS!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.