Plaasmoordverdagte steeds op vrye voet ná ontsnapping

Bigboy Phiri. Foto: Verskaf

Bigboy Phiri (25), die man wat ontsnap het nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn boer van die Groblershoop-omgewing in die Noord-Kaap, is steeds op vrye voet.

Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Phiri is nog nie weer in hegtenis geneem nadat hy in die vroeë oggendure van 7 September uit die polisieselle op Groblershoop ontsnap het nie.

Phiri het saam met nog ʼn verhoorafwagtende gevangene ontsnap nadat die twee mans glo die diefwering voor die venster in die sel oopgebreek het. Die ander verdagte is later dieselfde dag in Sternham in Groblershoop vasgetrek.

Phiri, ʼn Zimbabwiër, word aangekla van moord op Hennie Oosthuizen wat op 9 Desember 2016 op die plaas vermoor is waar hy as plaasbestuurder gewerk het. Petra, Oosthuizen se vrou, het destyds vertel dat die werkers op die plaas maandeliks vleis van die eienaar van die plaas ontvang het, maar dat hulle daardie maand nie hul vleis betyds gekry het nie omdat die eienaar in die hospitaal opgeneem is.

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Hennie het die situasie aan die werkers verduidelik, maar Phiri was glo ontevrede hieroor en het Oosthuizen daarvan beskuldig dat hulle sy geld steel. Na bewering het Phiri kort daarna ʼn mes in sy kamer gaan haal en Oosthuizen verskeie kere in sy rug gesteek voordat hy op die vlug geslaan het.

Petra het Maandag aan Maroela Media gesê Phiri kan vlot Engels praat en gebruik ook die naam Prosper. “Sy foto is reeds wyd versprei. Mense moet op die uitkyk wees vir hom en nie vir hom werk gee nie. Hy is gevaarlik,” het sy gesê.

Sy het ook haar ontevredenheid uitgespreek oor Phiri se ontsnapping. “Ek kan nie verstaan hoekom hy in die eerste plek in Groblershoop se selle was as die saak reeds na die hooggeregshof verwys is nie. Dit is onaanvaarbaar. Iemand het nie sy of haar werk gedoen nie en ek sal seker maak dat daardie persoon aanspreeklik gehou word,” het sy gesê.

Enigiemand met meer inligting wat tot Phiri se inhegtenisneming kan lei, word versoek om kapt. Faro by 082 495 4782 te bel.

Lees alle vorige berigte oor Hennie Oosthuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

annie ·

Ek wens iemand begin ‘n Datasentrum of iets soortsgelyks, om foto’s van alle persone te berg. Ons moet tegnologie soos ons selfone gebruik om elke persoon wat ons op straat sien, af te neem en na die sentrum te stuur. Die dorp, datum en tyd moet ook gewys word. Sodoende is dit makliker om te reageer…

Lollie ·

Daar word te lank met die sake gesloer. Elke keer uitgestel want dis mos nooit belangrik genoeg nie. Intussen word die kremineel in ń sel gehou wat ook nie die nodige veiligheid het om hom regtig binne te hou nie. Indien die sake vinnig afgehandel kan word en die skuldige gaan sit in die tronk sal dit beter gaan. Glad nie ń waarborg dat hy gaan binne bly nie!

Getuie ·

Baie goeie punt, of die getuies verdwyn, en die saak word onttrek, of van die rol geskrap, of die regter gaan dood, of ‘n regter onttrek hom aan ‘n saak of die moordverdagte ontsnap. Duisende moordenaars en verkragters en diewe loop op straat rond oor of sloppy polisie-ondersoeke of die gesloer met hofsake.

Chris Beets ·

Hulle se altyd komosho dit beteken ( ons los dit vir volgende jaar en as volgende jaar aanbreek dan se hulle weer komosho ons laat dit weer vir volgende jaar en die jaar daarop dan komosho ons maar net weer kan nie tot op n punt kom nie en klaar kry daarmee nie PUNT……………..wag…………….ons …………komosho!

Toppie ·

Phiri is lankal terug in Zimbabwe, hy weet mos wat vir hom wag. Met die land wat nie meer grense het nie is alles moontlik , dalk het Grace nog vir hom laat oplaai op Waterkloof lughawe.h

AP ·

Toppie
Heel moontlik is hy nogal terug op guptha se vliegtuig ook , komplimente van zuma regering

Kolskoot ·

Stel hom oop vir trofee jag, glo my iemand sal hom defnitief sonder sukkel uithaal.

Carel ·

Bigboy Phiri het seker intussen sy dienste beskikbaar gestel aan boere as ‘n voel verskrikker.

Johanna Botha ·

Al vang hulle hom weer is die kanse redelik goed dat hy weer sal ontsnap met ons polisie wat so pateties/ vrot is !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.