Plaasveiligheid-eienaar gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaasveiligheidsonderneming, is Donderdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof gevonnis vir die moord op twee plaaswerkers wat glo “moeilikheidmakers” was.

Regter Igna Stretch het Struwig tot twee keer lewenslank gevonnis.

Trevor Ndlovu is in Junie 2004 noodlottig gewond op ʼn plaas in Howick en is weke later in Grey’s-hospitaal in Pietermaritzburg dood. Mandla Masango is in Oktober 2004 op ʼn Balgowa-plaas dood.

Die huurmoordenaar Lucky Mlangeni het in 2009 skuldig gepleit op albei moorde en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het in Struwig se saak vir die staat getuig.

Stretch het gesê daar is geen oortuigende redes waarom Struwig nie die voorgeskrewe vonnisse opgelê moet word nie. Sy het gesê vergelding en straf moet voorrang geniet oor sy rehabilitasie.

Sy het bevind Struwig was die middelman vir boere wat van die slagoffers ontslae wou raak.

Struwig het skuld ontken en dit wou voorkom hy nooit enige berou getoon het nie. Sy hofsaak het twee jaar lank geduur.

Hy het twee jaar gelede met sy tweede vrou getrou en haar drie kinders aangeneem.

Klik hier om die vorige berig oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Waarom die huurmoordenaar wat die twee plaaswerkers vermoor het lewenslank en sy opdraggewer twee keer lewenslank vonnis?

Louis ·

Paul ek stem met jou saam “Omdat hy wit is” geen ander rede nie, maar die tyd kom nader dat die wittes sal moed leer om saam te staan. Ek sien tog onder die kommentaar wat gelewer word dat daar wel mense is wat dit poog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.