Plaasveiligheid-eienaar skuldig aan moord

Argieffoto

Argieffoto

Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaasveiligheidsonderneming, is Dinsdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op twee plaaswerkers wat glo “moeilikheidmakers” was.

Regter Igna Stretch het Struwig skuldig bevind aan die moorde, alhoewel Lucky Mlangeni die misdade gepleeg het. Mlangeni is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy twee jaar gelede skuldig gepleit het.

Mlangeni het vir die staat getuig en aangevoer Struwig het hom R5 000 gegee om met twee medepligtiges te deel nadat Simphiwe Ndlovu in Februarie 2002 naby Howick noodlottig gewond is. Hy het ook R5 000 ontvang om met ʼn man genaamd Rasta te deel vir die moord op Mandla Masango naby Balgowan in Oktober 2004.

Mlangeni het getuig dat hy ʼn ongelisensieerde vuurwapen gebruik het wat Struwig aan hom verskaf het. Hy het gesê hy en twee “kollegas” het by ʼn plaashek vir Ndlovu staan en wag waar Ndlovu gewond is. Hy is in Junie 2004 in die Grey’s-hospitaal in Pietermaritzburg oorlede.

Staatsaanklaer Sandra Senekal het Stretch versoek om Struwig ook twee keer lewenslank te vonnis. Struwig se borgtog is gekanselleer en hy bly in aanhouding.

Hy sal na verwagting Donderdag gevonnis word, ná ʼn verhoor wat meer as twee jaar lank geduur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hansie Slimmer ·

Met sulke taalgebruik boesem Sapa geen vertroue in nie. Het hulle nie subredakteurs om die berigte na te gaan nie? ‘n Mens praat nie in Afrikaans daarvan om met iemand “te deel” nie – jy gebruik ‘n uitdrukking soos “om met iemand klaar te speel.” “Te deel” kom uit die Engelse “to deal with someone.”

Schalk ·

Ai , Hansie Slim. Lees mooi. Hy was veronderstel om die R5 000 met sy medepligtiges te deel. Jy boesem nie veel vertroue in nie.

ladybug ·

Ne, en as die rolle verruil was en dit was moord (swart op wit) dan was hulle lankal vrygespreek! Wonderlike demokratiese (rassistiese) regstelsel in ons land!

En die aanklaer Sandra, sou jy in ‘n geval van blanke moord ook gevra het vir 2 keer lewenslank?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.