Plaasveiligheid: Organisasies ‘versigtig optimisties’ na vergadering met polisiehoof

(Foto: Bongani Mbatha/ANA)

Die landbouorganisasies TLU SA en Agri SA, asook die burgerregtegroep AfriForum sê hulle is bemoedig ná hul vergadering met die polisie oor landelike veiligheid.

Verteenwoordigers van dié groepe het Maandag met genl. John Khela Sitole, nasionale polisiehoof, in Pretoria vergader.

Kwessies soos gemeenskaplike vertroue, die reservistestelsel, ʼn beraad oor landelike veiligheid en pogings om misdaad op die platteland te bestry, was op die agenda tydens die vergadering met Sitole en verskeie van sy senior offisiere.

Sitole het die organisasies verseker dat die polisie verbind is tot die prioritisering van misdaad in landelike gebiede – op ʼn proaktiewe en reaktiewe manier.

Genl.maj. Chris van Zyl, adjunkhoofsbestuurder van TLU SA, het gesê hy het die indruk gekry dat die polisie deeglik kennis neem van die sake wat betrokkenes bekommer. Van Zyl sê die minister van polisie, Bheki Cele, se vroeëre uitsprake op Normandien – waar hy met inwoners vergader het – het verhoudings tussen die polisie en rolspelers op ʼn paar vlakke versuur.

Van Zyl sê hoewel die verhouding tussen die polisie en inwoners op sommige gebiede uitstekend is, is daar ander plekke waar dit allermins die geval is. Dit is ʼn opvatting wat deur AgriSA en AfriForum gedeel word.

Van Zyl sê TLU SA het die mate van geweld wat in sommige gevalle by plaasaanvalle en -moorde betrokke is, ook met Sitole bespreek. Hy sê die geweld wat gebruik word, is dikwels heeltemal buite verhouding met dít wat eindelik deur aanvallers gebuit word.

Hy sê die doeltreffende gebruik van misdaadintelligensie is ook bespreek. In sommige gevalle ry aanvallers honderde kilometers na die misdaadtoneel en vrae word gevra oor tot watter mate die aanvalle georganiseer word.

“Ek dink dit was ʼn oop gesprek en ons het die geleentheid gehad om die dinge wat ons bekommer, met die polisie se bestuur te bespreek. Ons sal egter moet sien hoe dit verder gevoer word, want dit is waar die antwoord gaan lê.

“Ek dink [Sitole] het begrip vir ons probleem, maar die sukses lê nie noodwendig op nasionale vlak nie.”

Tommie Esterhuyse, voorsitter van AgriSA se landelike veiligheidskomitee, het gesê het gesê hy is “versigtig optimisties” na afloop van die vergadering.

Esterhuyse het gesê hy is wel positief oor Agri SA, TLU SA en AfriForum wat hande vat oor die kwessies van landelike veiligheid.

“Ons wil graag sien hoe besluite eindelik in werking gestel en uitgevoer gaan word,” het Esterhuyse gesê.

Esterhuyse het ook verwys na Cele se uitbarsting verlede maand en die uitwerking wat dit gehad het.

“Cele het verhoudings waaraan daar baie lank gewerk is, in ʼn oomblik van woede afgebreek,” het hy gesê.

Hy stem egter met Van Zyl saam dat die verhouding met Sitole en sy topbestuur meer gemoedelik is.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het gesê die organisasie is positief oor sommige van die uitsprake wat Sitole by die vergadering gemaak het, maar nie té optimisties dat dit tot tasbare resultate gaan lei nie.

“Dit lyk ook of die polisiehoof en die minister [van polisie] mekaar weerspreek. Ons is oortuig dat die oplossing nie by die regering lê nie, maar dat gemeenskappe self sal moet inspring. As die regering wél iets doen, is dit ʼn bonus,” het Roets gesê.

“Ons is positief oor die stellings wat gemaak is, maar daar is nie politieke wil nie.”

Roets sê ook die verhouding tussen inwoners en die polisie in ʼn spesifieke gebied verskil beduidend. In sommige gevalle is daar uitstekende samewerking op voetsoolvlak, terwyl dit op ander plekke glad nie die geval is nie.

“Ons weet in gemeenskappe waar mense hulself organiseer en patrollies doen, is daar ʼn afname in misdaad.”

Die groepe het ooreengekom dat kwartaalliks vergader gaan word om vordering met die inwerkingstelling van die landelike veiligheidstrategie en die implementering van besluite wat geneem is, te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

Ons moet self alles in die land. En die rassiste en sklems by eff en anc gee vir niemand om nie, behalwe hulle eie sakke. (Ek bid vir die land en sy mense, want op die oordeel gaan daar baie wees wat te laat jammer gaan wees.)

Werner ·

Hulle is maar net weer besig om ons n rat voor die oe te draai.Japan het presies dieselfde met Amerika gedoen voor die aanslag op Pearl Harbor.Hier gaan weer dadels van kom want hulle moet our people gelukkig hou.Ou Cele het dit mos nou duidelik gestel dat boere niks beteken nie hoe duidelik wil ons dit nou nog he

Therese ·

Daar is tog waaragtig nie meer tyd vir “versigtige optimisme” na 26 jaar van leë woorde nie.

Suzette ·

Ek dink nie daar kan veel waarde geheg word aan die ontmoeting met hierdie generaal nie – hoe lank is hy al die nasionale polisiehoof? En dit is nou al JARE wat daar gepraat, vergader, gelek, baklei word oor veiligheid vir ons boere en niks gebeur nie!! Wat gaan nou verander. Op hierdie stadium is ‘n punt in Suid-Afrika bereik dat gepraat kan word oor veiligheid vir alle blanke persone in hierdie land – hulle is besig om ons een vir een uit te moor en daarom is dit vir hulle so uiters belangrik dat wetsgehoorsame burgers hulle wapens moet inhandig…

Mallie ·

Ons sal soos die slag van Bloedrivier moet begin saam staan. Dis al wat nou oorbly.

Termiet ·

Daai vergadering was mors van tyd. Hulle gee nie ‘n duit om nie. Probeer ons net bluf.

Ria ·

Elke plaas behoort te belê in n veiligheidswag op 24h patrollie. Maar die moontlikheid bestaan dan dat hy die een mag wees wat teen hom draai

Mariaan ·

As ek als so.lees raak ek net MEER moedeloos. Wil net n mening hoor vdag…as jou.kind nog genooi word om n naweek op n plaas te gaan kuier saam met nog 6 maats…wat doen jy?? So graag as wat mens hul dit gun…worry ek my dood! Wat doen mens? Seuns is 15…ek vra maar net…

Dup ·

Die boeregemeenskap sal uiteindelik vir hulle eie veiligheid en sekuriteit moet sorg;net soos die meeste stedelinge tans moet doen.Jy kan nie meer op die polisie staatmaak nie.Die uitdaging is egter dat almal nie oor die fondse beskik om duur sekuriteitstelsels in plek te sit nie.Dit is een ding om n alarmstelsel in jou huis te sit maar n heel ander storie in n plaas opset.Almal sal dus moet hande vat om diegene te help wat hulp nodig het.

Wakkerslaper ·

Ek kan my oë nie glo nie! HOU OP OM MET DIE TERRORISTE TE ONDERHANDEL!!! Dit was ons EERSTE FOUT om mee te begin!

richard ·

Nou weet ek hoe kom ek nie aan een van die organisasies behoort of hulle geldelik sal ondersteun nie.
Ek kan nie verstaan hoe mense in hulle posisies werklik kan glo dat daar enige iets sal verander nie.
Ek weet niks van Internationale wette maar ek weet daar is n wereld hof wat sulke sake veronderstel is om te ondersoek.
Weet nie hoekom is dit nog nie daar gerapporteur nie.
Weet nie of dit sal help nie maar as ons nie n poging aanwend nie sal ons nooit weet nie.
Net een vraag aan MM rakende die kommetaar wat hier gelewer word.
Woon julle pers konferensie by waar julle van die vra kan vra wat hier bespreek word van die persone wat antwoorde moet kan verskaf.
As dit net hier bly dan mors ons regtig tyd.
Ek sien nie enige reaksie van MM af nie

Rhona ·

Hoe kan verhoudings herstel tussen publiek/boere as dit juis 2 polisielede van Paul Roux is wat Brandin van Senekal doodgemartel en aan n paal vasgemaak het? Ons hoor nou kort kort dat dit die polisie is wat by misdaad betrokke is. Ek dink Ramaposa en Cele moet rekenskap gee.

gatgogga ·

Kan nie optimisties wees solank as wat Cyril en Julius in bewind is nie.

Talitha ·

Enigiemand kan se: “ek is lief vir jou” maar dit is die persoon wat die daad by die woord sit wat regtig omgee. Maandelikse vergaderings hou nie mense veilig van korrupte lafaards nie.

Yvonne ·

Daar is verseker nog polisie manne met morele waardes….maar wat van die ander in wie se hande ons gaan wees…dis kommer wekkende…..mag blankes nog by die polisie aansluit….of is dit net gerserveer vir Our people

christo ·

Ag toe nou, dis ooglopend dat die SAPD anti-boer is. Piet Retief het ook vir Dingaan geglo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.