Plaasvoorman deur werkers aangeval

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Plaasvoorman is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy glo deur ʼn groep werkers aangeval is op ʼn plaas buite die Paarl in die Wes-Kaap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is omstreeks 11:40 na die plaas op die Schuurmansfonteinpad ontbied. “’n Groep plaaswerkers het aan die polisie gesê dat ander werkers ontsteld geraak het omdat hulle glo nie hul lone vir die week ontvang het nie.”

Volgens Van Wyk het die werkers die plaasvoorman hierna met verskeie wapens aangerand. “Die voorman is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem voordat die polisie op die plaas aangekom het. Die graad van sy beserings moet nog vasgestel word. Die ondersoek na die voorval gaan voort.”

Van Wyk het teen 15:30 gesê polisiebeamptes is steeds op die toneel om inligting te kry oor die voorval.

Maroela Media verneem die voorman is onder meer met pangas aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jaco ·

Dit sal nie vir hulle nodig wees om inligting te verkry nie. Dis ‘n plaasaanval maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Arresteer die mense en dis dit. Of wag, die wet is mos eensydig waneer dit by ras kom.

Frik ·

Presies Jaco , maar laat dit nou net wit plaasvoorman wes wat net een van sy werkers n loesing gegee het was hy nou in tronk. Wet beskerm net die skelms deesdae.

apie ·

ek hoop die man het nie te seer gekry nie en herstel ten volle. Wat die regte feite is sal die tyd leer, maar ek glo daar sal werkverliese wees en groter tragedie. jy kan nie meer lone in kontant betaal nie.

Anoniem ·

‘n Aanduiding hoe sal dit gaan as die Sassa toelae nie op 1 April betaal word nie.?

E ·

Voorman is tog net nog ń werker of hoe? Nou waarom die voorman aanval, dis tog sekerlik nie sy besigheid nie?, maar nou ja die kleur van die jas verteenwoodig mos almal onder een en dieselfde dier.

Lourens Kritzinger ·

N loon geskil maar gewapen en met pangas en wie weet wat nog! Regtig,die dubbele reels maak my ti.te lam!

AL ·

Kan panga’s nie verbied word nie? Dis tog n gevaarlike wapen

Alida ·

Die eienaar van die plaas moet mos sorg vir die lone nie die voorman nie. Wat dink die mense.

Annie ·

Van wanneer af is lone n plaasvoorman se veratwoordelikheid?? Wat het van geword van praat en die die regte stappe volg? So dan kan ons almal pangas aanskaf en mense aanval as ons ontevrede is!@$_€

SARIE VAN HEERDEN ·

Meganiseer en raak ontslae van onbetroubare gehuurde werkers. ‘n Masjien kan jou nie aanval nie , kan nie siek of honger word nie.

phillip van dyk ·

n vriend van my is dood geskiet oor lobne wat nie reg was nie. hy was net die besturuder. hoofkantoor doen die lone. meganiseer, en begin dink om arm blankes te begin huur op jou grond. gee hulle gratis behuising en dat hulle werk op jou plaas. hier in pretoria sit menige huis gesinne op wit plakkers kampe sonder inkomste en kripeer. hier is n werksplaas hier by ons waar mense kan kom bly en help op plaas in kombuis ens,. dan kan hulle by die afset winkel van die plaas werk. geen alkohol misbruik geweld of dwelms word geduld nie. hulle groei as mens weer, stadig maar seker. doen dit op julle plase. monitor die mense en help ons mense so

Blank ·

Dink nou net as die werk mag uit jong blanke mans bestaan het was daar nie nou so voorval nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.