Plaasvoorman in Modimolle doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Piet de Kock, ʼn 41-jarige plaasvoorman, is Vrydagmiddag omstreeks 16:00 buite Modimolle (Nylstroom) in Limpopo doodgeskiet.

“Die voorval het op die pad tussen Modimolle en Vaalwater plaasgevind,” het lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, gesê.

De Kock was die plaasvoorman van Jaco Kriel, van die plaas Doornfontein. “Piet het gery toe hy twee mans in die veld sien loop het,” het Kriel aan Maroela Media gesê. “Hy wou hulle konfronteer, maar hulle het weggehardloop. Hy het een van die persone gevang en het my toe geskakel om te hoor wat hy met hom moet doen.”

Volgens Kriel was hy nog op die telefoon met De Kock toe hy die skoot gehoor het. “Ek het van die omliggende boere gekontak om te gaan ondersoek instel, omdat ek nie in die omgewing was nie.”

Volgens Heritage Protection Group het hy op pad na die hospitaal beswyk.

Volgens Ledwaba het die aanvallers te voet van die toneel gevlug.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.”

De Kock laat twee kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann Marx ·

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie”? Natuurlik is dit bekend? Die voorman het (ongewapen neem ek aan) twee mans gekonfronteer wat in ‘n veld loop. Hy het een gevang? Wat het hy verwag? In die nuwe Suid Afrika waar die polisie mildelik bydra tot die “ongelisensieerde” wapens in die hande van kriminele……moet jy aanvaar dat enige persoon wat jy konfronteer….moontlik ‘n vuurwapen aan hom het. In ‘n land met 53 moorde per dag, is “moord” die nasionale sport. As enige iemand jou konfronteer, en jy het ‘n ongemerkte, ongelisensieerde vuurwapen by jou…..dan skiet jy die persoon wat jou konfronteer, en hardloop weg. Dis die persoon met die gelinsensieerde vuurwapen wat huiwerig is om dit te gebruik…….want jou wapen kan ballisties aan jou gekoppel word, en as jy dit verkeerd aanwend, kan jy nie net gevonnis word nie, jy mag dalk AL jou vuurwapens verloor. As jy egter ‘n ongemerkte vuurwapen het, hoe gaan dit aan jou verbind word? Jy skiet, hardloop weg, en gooi dit weg….en kry ‘n ander een. Daar is ongeveer 10 miljoen gelisensieerde vuurwapens in die besit van 1,2 miljoen mense in Suid Afrika……….en twee keer soveel in die hande van kriminele.

Winston ·

Johann Marx. Dit is presies soos dit werk en kriminele word van staatsvlak behoorlik gesteun en ingelig. En dit word verwerp as n leuen. Die motief? Hy was wit

Louise ·

Hoe kan die polisie nog in vandag se lewe, IN SUID-AFRIKA, as daar ‘n plaasmoord of plaasaanval is, enigsins sê “daar word ondersoek ingestel na die motief” !!!!!!! Vir die moord?????!!!! Kontak net vir Malema en ons geagte, meneer humor, die president !!!! Hulle sal die MOTIEF vir julle binne sekondes oplos!!!! Dit sal die polisie BAIE TYD spaar. Asseblief mense, nie die helfte vd plaasmoorde en plaasaanvalle word aan ons bekend nie. Die vyand is met oorlog besig. (Dankie Maroelamedia vir dit wat julle aan ons bekend maak – ons waardeer dit) !

Genis ·

Ek is woedend oor wat in hierdie boosaardige land gebeur. Ons word sonder ophou doodgemaak, gemartel, geteister, getreiter, beroof, verkrag. Ons word in die vuil grond vertrap. Ons word uitgebuit, verneder, van al ons menswaardigheid gestroop. Here, hoe lank nog?

Johann Marx ·

Genis. Here, hoe lank nog? Totdat jy opstaan en iets daaraan doen, in plaas van te vra “Hoe lank nog!”

sannie ·

Totdat die Afrikaner sy paproekigheid laat staan en saamstaan dan eers sal alles verander. Kort net een sterk leier wat almal na sal luister.

Joa ·

Ek stem 100% met jou saam. Suid Afrikaners weet nie wat dit is om saam te staan nie.

emma ·

Sannie, verduidelik asb aan ons almal hier presies hoe moet ons te werk gaan as ons moet “saamstaan”.Het jy enige voorstelle?

Mari Myburgh ·

Soos n chemiese oplossing het ek ook nou versadigingspunt bereik. Hierdie daaglikse gevalle van moord en marteling veroorsaak n hewige reaksie in my gemoed. Ek kan dit nie meer langer absorbeer nie. My mense se lewens word as nietig beskou, en dit terwyl die aarde deurdrenk word van hul kosbare bloed. Wees paraat…

Gerhardt ·

Mense soos jy is spesiaal Mari. Ek is ook so en meeste Maroela lesers ook. Dis ons wat die absolute kosbaarheid van die lewe insien. Verstaan dat geen wetenskaplike die dood kan omkeer nie. As mens sulke tragedie amper soos jou eie familie voel. Ek weet net dat die wiel altyd draai.

Gertjie ·

Johann Marx, net soos jy daar skryf, so gebeur dit.
Dit is een rede hoekom die ANC regerering ons wou ontwapen,
hulle het dit amper reg gekry.

Genis ·

Johann Marx – Hoe kon een mens die Boervroue en kinders uit die konsentrasiekampe red, of die Armene uit die hande van die Jong Turke ruk, of die Rooi revolusie keer, of die gevangenes uit die goelags vrylaat, of die treine na Auschwitz ontspoor, of die volksmoord in Rwanda verhoed, of die wit landbouers van Zimbabwe beskerm? Jy sê vir my staan op en doen iets, en ek sê vir jou jy besef nog nie die erns van ons situasie nie.

Elizada ·

Dit is wreed. Maar ons wat in die omgewing bly is daar hierdie week alleen 5 mense dood. Dit in 1 week. Op die oomblik is hierdie berig nog nie in ons koerant nie. Wees paraat. Ek is baie alleen. Ken die dril om myself op die plaas te beveilig. Maar iets soos vuur. Geraas wat vreemd is. Honde wat onrustig is. Baie goed wat vreemd is. Die mans ry patrollie. Maar stop gaan dit nie. 15 jaar terug op stemdag is skoonsuster geskiet. In die nag steel hulle n huis se dak af. Polisie vang mense. Die sink en persone is polisistasie toe gevat. Sink is weg uit polisiestasie en diewe ook los. Saak opgelos. So hoe regverdig jy n lewe verloor deur geweld.

Jaco Daubert ·

Geskiedenis sal homself altyd herhaal. Hoekom dit nou so lank vat weet die duiwel aleen.

tamboti ·

Hier is nou die rede hoekom ander nie kan redeneer na ‘n voorval, of jy kon optree of skiet uit self verdediging nie, soos wat die howe altyd agterna doen nie.
Maar die vermeende verdagte; moontlik onskuldige “werksoeker” wat maar net kort pad deur jou eindom (die eindom van die reenboognasie) loop, is potensieel 99% ‘n moordenaar.
Die wetsgehoorsame (vervloekte) burger mag egter nie 1% fout begaan nie, daarom aanvaar die gereg eerder die dood van die onskuldige as die aantasting van die krimineel se magtige MENSEREGTE!
Ek meen die dooie kan mos niemand vermaan nie.

Etienne ·

Plaasaanvalle en -moorde kry lyk my deesdae in die nuusmedia, tv-nuus, veral engelse koerante, die minste dekking moontlik want ń engelssprekende Indiër in Johannesburg wie ek ken dink plaasaanvalle het net in apartheidsjare gebeur en dat “die dae verby is”
Hoekom word die land se mense so dom en stom gehou? Skande!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.