Plaasvoorman vas wat glo seuns verkrag

‘n Polisiebeampte by die verdagte kort nadat hy in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

ʼn 39-jarige man, wat as voorman op ʼn plaas naby Hopetown in die Noord-Kaap werk, is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van twee minderjarige seuns.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is op die plaas ongeveer 40 km buite Hopetown in hegtenis geneem.

“Sy inhegtenisneming volg nadat die plaaslike eenheid vir seksuele oortredings en gesinsgeweld in kennis gestel is van ʼn 15-jarige seun wat beweer hy is deur die voorman op ʼn plaas in die distrik verkrag,” het Tawana gesê. “Daar word beweer die voorman het altyd die seun en sy 13-jarige vriend by die Hopetown-sakesentrum opgelaai, hulle plaas toe geneem en daar vir hulle alkohol en dwelms gegee. Hy het hulle ook na bewering in hierdie tyd verkrag.”

Tawana het gesê die polisie het tydens die man se inhegtenisneming op pornografiese materiaal, ʼn .22-geweer en ammunisie beslag gelê wat in sy besit was.

Die man sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Poppie ·

Ek hoop maar dit is waar en dat die kinders nie jok nie. Want om onskuldig beskuldig te word, hoe bewys n man sy onskuld. In Suid-Afrika weet mens nie meer wie die skuldige en wie die “victim” is nie. Deesdae jok kinders oor hul iemand wil terugbetaal oor hul nie hul sin kry nie

CHRISTA ·

Vandat pornografie in ons land wettig is, het verkragrings begin oorneem!! Wat gaan in jou kop aan as jy jouself verlustig in ‘n klomp kaal mense – MAGTAG!!!

Cherokee ·

Sug… :-) Ag tog CHRISTA…. ‘n mens sonder verbeeldingswêreld is ‘n zombie (of ‘n robot).

Spook ·

Stem , maar dit gaan dieper as dit dink ek…. Ek kan nie eers meer n gisins fliek saam my kinders kyk nie. Dit word orals in gewerk. Dit word die normaal, ons memse se waardes het geval na… Well niks. Al was daar nie verkragting betrokke nie, en ek glo daar was. Hoe kan n regdenkende, volwasse persoon dwelms en drank aan kinders gee!?

AN ·

Cherokee, Christa is heeltemal akkuraat met wat sy se: naamlik verkragtig neem toe as gevolg van pornografie. Daar is al baie navorsing daaroor gedoen wat ‘n direkte verhouding tussen pornografie en seksuele misdade bevind het. As jy niks met pornografie verkeerd sien nie….sal jy self so ‘n video van jouself maak en versprei om geld te verdien? Ek dink daardie vraag antwoord ook sommer die vraag of pornografie verkeerd is…..

Bly weg ·

Gaan kyk asseblief na die reeksmoordenaar Ted Bundy se laaste onderhoud op Youtube. Hy waarsku sterk teen pornografie en beskryf die invloed wat die blootstelling daaraan op sy gruweldade gehad het.

LB ·

Ek stem saam met jou Christa. Dit is vandat alles wat verkeerd is reg geword het dat die wêreld in sy geheel verval. As jy mense daarop wys en kapsie maak is jy eng en “sonder verbeelding”

Hannie ·

So baie mense kyk pornografie, sommer op hul selfone. Dit maak mense oop vir demoniese invloed. Ek bly ver weg van iemand as ek agterkom hulle kyk pornografie, netnou spring die bose geeste soos luise op my.

Spook ·

Ek glo nie letterlik aan demone nie maar jy het n baie goeie punt beet, as jy jouself ophou met sulke ewils dan maak jy jouself oop en gamaklik vir meer ernstige dinge.

Hannie ·

Dan glo jy seker ook nie letterlik aan Jesus nie want Hy het baie demone uitgedryf wat in mense gaan nes maak het as gevolg van hulle sondes.

Gielie ·

Seker jóú mense, niks van my nie. ‘n Slegte mens se witvel maak hom nie outomaties mý mense nie. My mense is die gelowiges wat God se wil doen en volg.

Melodie ·

Hierdie man mag nooit vrygelaat word nie want sy toekomstige slagoffers gaan vermoor word om hulle stilswye te verseker.

Totaal onaanvaarbaar ·

Pornografie en sulke gedrag is totaal onaanvaarbaar, AN jy is 100% reg, verder as die strawwe reg is, sal dit nie gebeur. Kyk Botswana se misdaad rekords, hulle vat nie die nonsens. Ek voel swaarste straf as jy weerlose mense misbruik, verniel of doodmaak. Vat jou eie portuur aan, dan gaan jy goed op jou hel kry en dalk van jou siekte genees raak.

Fires ·

Die man was nog nie eers voor die hof nie maar julle christene het hom klaar
veroordeel, skaam julle

ek weet nie ·

waarvoor het die kinders in die eerste plek saam di man gery? volgens berig het die man Altyd di kinders opgelaai en plaas toe gevat. Dus het die kinders ingestem om elke keer na die man te gaan.Op daai ouderdom is weet hulle al van reg en verkeerd en moes die eerste keer met dit waarheid uitgekom het. en as hulle te bang was hoekom terug keer en weer in n voertuig klim met n man wat hulle weet verkeerd doen? Het di man opgehou om hulle di drank te gee warna ongehorsame kinders smag nou is dit wraak.. ek se ni di man is onskuldg nie maar mense of kinders in die geval doen enige iets vir selfgewin al is dit om ander se lewens te verwoes.

Geen idee ·

Jammer jy het geen idee hoe hierdie psigopate werk nie, dan laat hy natuurlik die kids goed voel met alkohol& drugs, vir my en jou maak dit nie sin, maar op daai ouderdom…… as hul bedwelm en dronk is, is hul oordeelsvermoee en gevoel aangetas en dan op n dag skrik hul wakker uit die waas en dan besef hul wat gebeur en hoe verkeerd en natuurlik seer dit is en dat die spesiale behandeling alkohol bederf en dalk n paar rand is nie die moeite werd.

Zuquina ·

Ongelukkig kom seksuele geweld al lankal vandat die mens “is”. Ek is wel sterk gekant teen pornografie en ek stem saam dat dit gans te veel “subtiel” ingewerk word in elke tweede fliek wat mens kyk. Dis om ‘n padda stadig met lou water tot al hoe warmer water immuun te maak en later is “warm water” vir “hom/haar” niks. Daar is niks meer moois en heiligs aan seks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.