Plaasvrou (68) takel aanvallers met mes

Vicky Bouwer het beserings aan haar arms opgedoen toe vyf rowers haar oorval het. Foto: Verskaf

ʼn Vrou wat op ʼn plaas in Mpumalanga woon, het die hele tyd vermoed die een of ander tyd sal sy in haar woonplek oorval word.

Juis daarom het sy haar kamerdeur snags gesluit, ʼn hond by haar laat slaap en ʼn groot mes en ʼn panga in die kamer by haar gehou.

Maar toe haar vermoede vroeg Saterdagoggend bevestig word, was die oormag van vyf gewapende aanvallers vir Vicky Bouwer (68) een te veel. Sy kon die een wel in die arm steek, maar hulle het dit reggekry om haar vas te bind en weg te kom met twee kluise, haar selfone, kraggereedskap en die plaaseienaar se bakkie.

Fanus Stander (56) vertel Bouwer woon in ʼn deel van die huis op die plaas Schoongezicht, 7 km van Machadodorp sowel as Water-Boven, terwyl hy en sy vrou in die res van die huis woon. Hy was die afgelope ruk in Boksburg besig om sy vragmotor te herstel.

Vyf mans het Saterdagoggend kort ná middernag oor die plaasheining geklim, vertel Stander. “Op die een of ander manier het hulle die honde verwilder, want ʼn hond is ook net soveel ʼn hond, dan hol hy ook maar weg.”

Nadat die rowers die agterdeur stukkendgeslaan het, het hulle dit oopgesluit met die sleutel wat aan die binnekant van die slot was. “Sy was toe al wakker van die helse lawaai,” vertel Stander. “Toe is sy gereed en wag hulle in met die mes.”

Die vyf is blykbaar reguit na Bouwer se kamer, waar hulle die deur oopgestamp het. Bouwer het die een met haar mes raak gesteek, maar toe het hulle haar hande met ʼn elektriese kabel en haar voete met ʼn tou vasgebind.

Die Hilux-bakkie waarin die vyf rowers gevlug het, is op die N4 gekry. Foto: Facebook

Sy het nie kans gehad om ʼn buurman te bel voordat hulle albei haar selfone afgevat het nie, vertel Stander.

“Hulle het besluit om haar te los, want die een het vir die ander vier gesê: ‘She’s an old lady. She won’t have money’.”

Die rowers het twee kluise met vuurwapens daarin uitgebreek en ook Stander se splinternuwe kettingsaag en hoekslyper gevat. Uit die ou waenhuis op die plaas het hulle sy sweismasjien geneem.

Daarna is die vyf met sy wit Toyota Hilux-bakkie daar weg, maar het met ʼn grondpad langs gery om die kameras by die tolhek op die N4 te vermy. “Toe hulle op die nasionale pad kom,” meen Stander, “het hulle besluit dié bakkie is nie vrolik nie; hy moet diesel kry en trek ook nie so lekker nie.”

Hulle het die bakkie toe net daar gelos en alles te voet met hulle saamgeneem.

Stander sê Bouwer het haar binne ʼn halfuur losgewikkel en die 1 km na die buurman gestap. Hy het Stander gebel, wat die polisie laat weet het.

“Gelukkig het die bakkie ʼn opsporingstelsel in en binne vyf minute is hy verlate op die N4 gekry,” sê Stander.

“Ek moet sê: Die polisie was wragtig goed. Ek moet hulle vir ʼn verandering goeie lof toeswaai.”

Hy sê hulle soek nog na die verdagtes. “Ek het ʼn bietjie hoop dat hulle hulle sal kry, maar nie baie nie.”

Stander vertel Bouwer het altyd agter ʼn geslote deur geslaap omdat sy “gereed was vir sulke dinge. Sy het maar altyd ʼn plan gehad vir wanneer ‘dit’ kom, want kom, sal dit kom”. Sy het ook ʼn panga in haar kamer, maar het nie kans gekry om dit te gebruik nie.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, was by navraag nie bewus van die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

honourable member ·

Sjoe tannie jy is braaf. Sterkte. As jy nie jouself verdedig nie sal hierdie gemors jou net eenvoudig doodmaak .

Tikkel tokkel ·

Goed gedoen, hulle verstaan mie as iemand terugbaklei nie.

Werner ·

Burgerband radio langs die bed om bure te roep en n vuurwapen sou baie beter gewerk het radio alleen sou die aanval gekeer het as hulle hoor sy roep die bure

HESTER ·

Ja niemand anders sou aan radio of vuurapen gedink het nie . Almal se omstandighede is nie dieselfde nie, mar ek haal my hoed af vir die tannie

Chris Ws ·

Meeste mense onderskat die nut van ‘n buurtwag radio langs jou bed.In ons omgewing naby Koster is daar 12 groepe wat gereeld roep (ek hoor die meeste mense antwoord op elke groep soggens en saans) so daar is BAIE mense wat iemand gaan hoor wat om hulp roep.My radio is ook aan 24/7.
Nogtans haal ek my hoed af vir die’ brawe vrou.Sy’t ‘n plan gehad.Ongelukkig moes sy dadelik telefonies hulp ombied het terwyl hulle nog by die agterdeur besig was.
Ons is self pensioenarisse maar ek dra my vuurwapen aan my 24/7 en sluit heeltyd deure waardeur ek na buite gaan.Geen deur word ongesluit of oop gelos nie dag of nag.

Live by faith not fear ·

Ware woorde daardie.
FEAR is the opposite of FAITH.
Outoriteit word vir ons gegee, keuse of ons dit gaan gebruik of nie.
Sy Woord word vir ons gegee, eie keuse of ons dit gaan glo of nie.
Deuteronomy 31:6
6 Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.”

humor ·

Hierdie vrou het durf en benader sake reg. Ek weet sy sal die gate in haar verkomingsmaatreels identifiseer en beter voorbereiding doen. Goed om steeds by ander raat te vra. Sterkte vorentoe. hulle sal seker weer kom, naar dit moet ons nie moedeloos maak nie.

Mari Barends ·

Ek wonder baie as ek die goed lees van mense wat oorval word en niemand is gevrywaar ni…sal ons mensdom dink om meer voorberei te wees want soos di vrou se syt dit gesien kom. Die mag is in die getalle en di donker van nag. Ek vra die Liewe Vader hoekom hierdie dinge gebeur dit krap mens se gemoed om elke keer en wonder waar le ons mense se genade…dit kan mos ni so wees ni die werklike evil wat mens in die gesig staar elke dag dis angswekkend.

bren ·

Alarmstelsel etc etc is vrekduur. Daar is mense wat dit nie kan bekostig nie; hoekom gee die korupte regering nie bietjie geld at boere en plot mense hulself kan beveilig nie? net behoorlike diefwering kos n fortuin. Om jouself te beveilig is duur!!

Phillip vd Merwe ·

Hoekom het die tannie nie die vuurwapens in die kluise gebruik nie?

Jerry ·

Mense vra asseblief vir julle bure of vir GPF om te help om julle te beveilig as julle dit nie meer self kan doen nie. Mense moet ook daarop ingestel raak om mense te help met beveiliging wanneer julle sien dat dit nie in plek is nie. Die oumense is maklike teikens, veral om vuurwapens by hulle af te neem en daarmee meer parate boere te gaan aanval. Help ander as julle kan en sorg dat julself reg is vir wanneer die rowers in getalle van 5 en selfs meer kom, want kom gaan hulle kom, dis Virseker. Julle het nou reeds talle kere gesien dat julle nie op AfriForum kan staatmaak vir beveiliging nie, maak eerder staat op geloof en help mekaar!

Alida ·

Ek hoop jy is lid van Afriforum. Elke bydrae help om meer lede te help. Die mediese fonds gaan nie vir jou betaal as jy nie lid is nie
Sit dit in jou pyp en rook dit

Nel ·

Mooi so tannie! Ons voorgeslagte is nie verniet kaalvoet die Drakensberge oor nie.

Robert ·

Ek is bly die Tannie het dit gemaak. Ek wil net graag weet of die vrouens hul bereid verklaar het om kaalvoet oor die berge te loop. En of hulle dit wel gedoen het?

Hannes ·

Gelukkig was intensie nie om te moor!Dapper vrou,gaan vir berading.Soos humor se,ons glo sy sal gate in haar sekuriteit identifiseer.Bren,sekuriteits-maatreels kom wel teen n koste soos jy se maar……watse premie kan n mens plaas op n lewe!!??.Bele hierin!,bele in jouself!,maak dit prioriteit!-jou lewe is kosbaar!Phillip,goeie vraag tensy die wapens(heelwaarskynlik)in n ander gedeelte van die huis(wat sy deel)was.Sooo jammer vuurwapens is gebuit-waarmee misdrywe nou gepleeg gaan word….!WENK-waar moontlik bele in n tweede VERSTEEKTE kluis.Kluis no.1 moet net die “nodige” het(paar randjies/bv.kostuum juweliere/bv.defekte selfone ens.)

The Boxer ·

Ons mense is voos geslaan in hierdie land. Elke dag moet ons houe en aanslae afweer. Ons gaan opstaan en ons gaan binnekort die finale hou plant, want die poppe gaan dans……

GP ·

Mens kry security apps wat mens verniet op selfoon kan aflaai. As mens panic button druk kan dit baie mense gelyktydig laat weet daar is moeilikheid.

Manne ·

Wat het ek……Niks…..om myself te beskerm…ma eerste Sal seker my kinders wees..wa is ons verlore mans?…….manner tree aan

Diefie ·

Net jammer sy het nie ‘n vuurwapen gehad nie. Bly u het niks oorgekom nie, maar die skade van die gereedskap is groot.

Arno ·

Welgedaan Vicky. Jy is vraag en wys dat om paraat en gereed te wees help. Sterkte vorentoe.

Erika ·

Dan ontken sekeres daars Plaas Aanvalle…Sterkte Tannie Vickey

VANESSA MOORE ·

Dis skokkend dat ons nie meer vryheid het om met oop deure en vensters te slaap nie. Ons moet onsself nou al in die nag in ons eie kamers toesluit. As die son ondergaan moet ons in ons huise wees, agter tralies, alarms en “beams” aan en soos die tannie met wapens by ons om ons teen die wetters te beskerm. Mens slaap so met die een oog oop. Die misdadigers regeer Suid-Afrika. Jy is nêrens veilig nie en durf jy jouself beskerm en optee teen hulle is jou dae getel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.