Plaaswerker beseer toe arm in voerband vashaak

Foto: Netcare 911

ʼn 39-jarige man is Saterdagoggend beseer toe sy arm in ʼn voerband vasgehaak het op ʼn plaas in Centurion.

“Paramedici is omstreeks 07:45 na die toneel ontbied,” het Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Ander werkers moes die toerusting oopbreek om sy arm te bevry.”

Die voerband is gebruik om kompos te verskuif.

“Hy was in ʼn ernstige toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy regterarm het ernstige beserings opgedoen. Sy bloeding is gekontroleer en hy is vinnig na ʼn trauma-eenheid in Johannesburg geneem vir ʼn dringende operasie.”

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Konsentrasie ·

Net ‘n oomblik om nie te konsentreer en daardie masjinerie vernietig jou. Onthou dat daardie apparaat het nie verstand en jy moet jou eie gebruik. Sterkte aan die werker en mag ons ander hieruit leer. Onthou: “You won’t be the first one but you could be the next one”.

Denise ·

Een plaaswerker kry seer en hy haal die nuus ek weet van meer as ses mense wat by een Firma erg seer gekry het en hulle word nie eens genoem nie ?????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.