Plaaswerker erken hy het boer vermoor

Dries (70) en Mariaan Schoeman (68). Foto: Verskaf

Die 23-jarige plaaswerker wat in Junie verlede jaar vir Dries (70) en Mariaan (68) Schoeman op ʼn plaas buite Machadodorp, Mpumalanga, oorval en só erg aangerand het dat Dries later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het, het erken hy het sy werkgewer met ʼn hoekyster doodgeslaan.

Arcolane Doce het Dinsdag in die hooggeregshof in Nelspruit skuld erken op al die aanklagte teen hom. Monica Nyuswa, woordvoerder van die provinsiale direkteur van openbare vervolging, het Doce se skulderkenning aan Maroela Media bevestig.

Volgens Nyuswa het Doce skuld erken op ʼn aanklag van moord, ʼn aanklag van poging tot moord, twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede en ʼn aanklag van diefstal.

Maroela Media het vroeër berig die Schoeman-egpaar is op 21 Junie 2017 op hul plaas, Schoongezicht, oorval. Pieter Schoeman, die egpaar se seun, het destyds aan Maroela Media vertel sy ma het omstreeks 16:00 by die huis gestop toe vier mans haar van agter oorval en met ʼn skerp voorwerp aangerand het.

Hulle het haar daarna met staaldraad vasgebind. Volgens Pieter het sy pa byna ʼn uur later by die hek gestop, waar hy sy vrou – wat deurdrenk met bloed was – gesien het. Hy het haar probeer losmaak, maar is ook deur die aanvallers van agter oorval.

Dries is herhaaldelik met ʼn hoekyster oor sy kop geslaan voordat hy ook vasgebind is en die aanvallers die egpaar in ʼn bos in gesleep en daar gelos het. Mariaan kon die volgende oggend daarin slaag om haarself los te maak en hulp deur die bure te ontbied.

Dries het onder meer ʼn skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen en het net meer as twee weke later in die hospitaal gesterf. Mariaan is ook baie ernstig beseer en het ook bloeding op die brein opgedoen, maar het die aanval oorleef.

Doce, ʼn Mosambiekse burger wat voorheen vir die egpaar gewerk het, is ʼn paar dae ná die aanval in hegtenis geneem.

Volgens Nyuswa is die saak tot 25 September uitgestel wanneer vonnisverrigtinge sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Ek sal so graag Doce se gedagtes wil lees, om te weet wat was die ware rede vir sy optrede.

Estie ·

‘n Uitspraak wat ‘n Regter nou onlangs gemaak het was die beste: Onbepaalde tronkstraf – probeer maar weer in 2043 vir borg.

Emma ·

Waar kom die mense aan sulke wreedheid, om iemand dood te slaan is afgryslik. Bere hom vir 200 jaar.

Verskooning ·

Hy gaan sê die wergewer het hom geld geskuld. Hy het toe baie kwaad geword en hom toe doodgemaak oor hy vernederd gevoel het.

Afrikaanse Knaap ·

Nou moet ons R12000 ‘n maand betaal om die knaap gehuisves, opgepas en gevoer te hou. Hy is ook nie eers ‘n burger nie.
Teen so 8 % jaarlikse inflasie vir 25 jaar is dit so R10 miljoen. Tel by al die belasting geld wat die staat nou verloor agv die boer se dood, dan is ons seker maklik op R 20 miljoen.
Kon baie huise gebou en plase oorgedra het met daai geld.
Plaas het ons ‘n nasionale dialoog oor die dood straf, nou mors ons al ons energie op die vat van plase.

bgj van der westhuizen ·

plaas werkers ja die boer sal hom nou weer eits gedeon et daar om het hy hom vermoor en sal net n paar jaar kry as hy dit gaan kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.