Plaaswerker glo oor trekker doodgeskiet

[OPVOLG] Die man wat in verband met dié skietvoorval in hegtenis geneem is, was nié die oorledene se werkgewer soos deur amptelike bronne beweer is nie, maar ʼn veiligheidswag. Lees die opvolgberig hier.

Dié foto van die werker se bebloede liggaam wat bo-op die trekker lê is Maandag op sosiale media gedeel. Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. Foto: Facebook

ʼn Plaaswerker is Saterdag na bewering in die Tarlton-omgewing buite Krugersdorp doodgeskiet toe hy glo ʼn trekker sonder toestemming gebruik het.

Skokfoto’s is Maandag op sosiale media gedeel van die werker se bebloede liggaam wat bo-op die trekker lê. By die foto’s word daar beweer die werker is deur die plaaseienaar doodgeskiet omdat hy ʼn trekker oor middagete gebruik het om huis toe te ry om iets te kry om te eet.

Konst. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het egter in ʼn verklaring gesê die werker is na bewering deur ʼn veiligheidsbeampte doodgeskiet. Hy het bevestig ʼn 46-jarige man is in verband met die werker se dood in hegtenis geneem.

“Die moord het Saterdag omstreeks 11:00 by die Matshelapad-informele nedersetting plaasgevind. Daar word beweer die slagoffer het met ʼn trekker vanaf sy werkplek na sy huis in Matshelapad gery toe hy deur veiligheidsbeamptes gevolg is wat beweer het die slagoffer het die trekker gesteel,” het Matome gesê.

“Die slagoffer is glo tot by Matshelapad gevolg waar hy deur ʼn veiligheidsbeampte in die kop geskiet is. Die skietery het in ʼn oop veld naby Matshelapad plaasgevind.”

Matome het gesê die polisie is na die toneel ontbied en het by hul aankoms gevind dat die veiligheidsbeamptes deur lede van die plaaslike gemeenskap aangeval is. Die veiligheidsbeamptes se voertuig is erg beskadig, maar die beamptes is nie beseer nie.

Matome het in die verklaring gesê die verdagte sou Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Matome kon nie Maandag telefonies bereik word om terugvoer oor die hofverskyning te gee nie.

Lebogang Maile, die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en landelike ontwikkeling, het die voorval ten sterkste veroordeel. Maile het in ʼn verklaring beweer die plaaswerker is ten aanskoue van sy familie doodgeskiet omdat hy die trekker gebruik het om kos by die huis te gaan haal. Maile het ook gesê “getuies na aan die ondersoek” beweer die werker is deur die plaaseienaar doodgeskiet.

“Ons hoop dat die reg sy gang sal gaan en dat ʼn swaar vonnis aan die beweerde oortreder opgelê sal word, het Maile gesê.

Maile het gesê die situasie in die omgewing is tans steeds gespanne en rassespanning in die gebied is baie hoog. Hy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kalm te bly en nie reg in eie hande te neem nie en om wetstoepassers toe te laat om hul werk te doen sonder enige inmenging.

ʼn Senior afvaardiging van die departement van landbou en landelike ontwikkeling is ontplooi om die oorledene se familie by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

NinaSm ·

Wie het die werker nou geskiet? Plaaseienaar of veligheidsbeamtpe?

Se Net ·

Die artikel op News 24 se die boer het hom geskiet en het homself oorgegee.

Eish ·

Genadiglik is n boer nie betrokke nie. Hier kom groot moles!

Chris ·

Wat is die verskil tussen plaaseienaar, boer en ‘n plaasboer?

Duitser ·

Baie swart mense verwys na wit mense as boere en dit is waar die meeste misverstande inkom

Gesiggie ·

Nee regtig…. hoe wreed kan n mens wees? hierdie man is regtig nie baie lekker nie? maar sal vir sy dade boet”’ waar gaan die lewe heen… waar is die menslikheid, die omgee ..ons hoop net nie dat mense die gereg in hul eie hande gaan neem… Mnr die moordenaar jy sal moet lig loop. jammer aan die Familie.

WREED ·

Hoop net die moordenaars van boere BOET ook vir hulle dade. Jy ken nie die storie nie, hierdie “trekker geleen om vir hom kos te gaan haal” klink vir my na ‘n opgemaakte storie. Julle libs sal ook nooit die waarheid sien vir wat dit is nie .. daar sal altyd ‘n verskoning wees, Gesiggie ek sien nie jou GESIGGIE by die moer wat wreed vermoor is se kommentaar nie . EK WAG VIR JOU DAAR! Mense die reg in eie hande neem? Regtig, so plaaswerkers mag reg in eie hande neem maar nie BOERE en hulle gesinne nie? O nee jy is ‘nie lekker nie’ soos jy ander beskryf.

Ek vra maar net... ·

Gesiggie?? wat praat jy? Van watter man praat jy nou eintlik wat regtig nie baie lekker is nie?
Die veiligheidsbeampte? Die boer? (wat volgens latere berigte toe nou NIE die skietwerk gedoen het nie? Of die oorle werker wat buite sy reg opgetree het? Ek vra maar net

Rian Malan ·

Gesiggie,jy moet wakker word,jy weet duidelik nie wat in die land aangaan nie

johan ·

weet ek wil net weet hoekom glo hulle altyd net die een storie …. daar is 2 kante en die waaarheid ……

bruno ·

Ek praat onder korreksie maar ek het nog nie voorheen van n Senior afvaardiging van landbou gehoor wat blanke boere besoek het na n grusame plaasmoord nie.Tel n wit lewe dan nie veral as dit n Afrikaner is of pas dit nie in om Polities Korrek te wees se siening nie.

Leo ·

Het hulle ook die boere wat vermoor en vermink is, se familie bygestaan? Omdat n sekere aantal inwoners se die plaas eienaar het hom geskiet is dit nou weer n rasse kwessie. Wil ook weet wie het hom geskiet. Jy is reg Eish hier kom groot moles, vernaam as daar blankes betrokke was.

LC ·

Ja nou vra hulle vir geregtigheid daar is blykbaar baie getuienis. Hierdie sal mos voorblad muus wees. Hoeveel plaasmoorde was daar al laas jaar die beskuldigdes is met die besittings gevang en daar was getuienis by party, maar nee daar sake sloer mos vir ewig en 80 % van die tyd kom die beskuldigdes los oor te min bewyse of whatever. Dis net sekere BEE sake wat as voorkeur behandel word, die WIT BOERE word afgemaai en die regering draai hulle rug op hulle, skandelik.

Mossie ·

En @LC wat doen jy omtrent dit? NIKS. Julle almal sit en lewer kommentaar, moan en en en, maar wat doen julle om te help? NIKS. Trek n swart hempie aan en gaan staan met n karton bordjie.

Moeg ·

Mossie wat doen jy om die boere te help ten minste het n swart hempie wn karton bordjie aandag gevestig op n saak…….wanneer jy gaan slaap probeer jouself in n boer se skowne sit…daars altyd 3 kante van n storie die boer se weergawe die slagoffer sin en dan die waarheid…..en in die geval was n boer nie eers betrokke nie dit was security firma maar sulke hoof skrifte verkoop nie koerante nie so kom ons se sommer n boer….hulle se ook nie is dit n wit sekuriteits beampte of swart nie maar..maar die woord boer wat met witman geassoseer word word orals gebruik….

SICK ·

Nou is die plaaswerker klaar onskuldig bevind en die sekuriteitsmaatskappy word aangeval. WIE WEET DIE WAARHEID? Die ou wat die trekker ‘geleen’ het om kos mee te gaan kry .. is nou dood . WIE se enigsins dit was die waarheid? Dit is nou hierdie GRU MOORD maar die moorde op boere is maar net gewone misdaad? WIE SE HY HET GAAN KOS KRY mense? IS ons so gullible dat ons al hierdie stories glo? Soos die een net sonneblomme geleen het en die ander een net koperkabels geleen het . so word die stories gewoonlik aangepas om die oortreders te laat wegkom terwyl diegene wat diefstal probeer verhoed gevang en in die tronk gestop word. BOERE word ook voor hulle families DOODGESKIET en doodgesteek en doodgeslaan . GLAD nie meer so grusaam soos wat julle DIE moord wil afmaak nie. HULLE lieg klaar deur te se die EIENaar het hom geskiet en daarna die sekuriteitsbeampte? Arme eienaar word nou weer heel voor in die ry ingedruk om WRAAK teen hom te neem.

Pop ·

En al daardie mense wat nou aandring daarop dat dit die plaaseienaar is weet baie goed dit is nie hy nie. Maar om haat aan te vuur sal daar nou gese word dit is hy. Van wanneer af kan mens in ieder geval werksplekke se eiendom net sonder toestemming gebruik???

Zoro ·

Wragtig! As die jaar so begin wil ek nie die einde sien nie.

Vixie ·

Hoekom kan hulle nou so vinnig ‘n senior afvaardiging ontplooi om hierdie oorledene se familie by te staan? Dit gebeur nie wanneer ander mense doodgemaak word nie? En ek praat nie net van plaasmoorde nie. Daar is huisrooftogte, motorkapings en hope ander gevalle waar mense hulle lewens verloor deur geweld en kriminele gedrag en dan hoor jy niks van iemand wat gestuur word om daardie families by te staan nie

Neels ·

S o waar. Boere en hul families word gemartel en vermoor vit selfone en televises en geen haan kraai daarna nie.

Vol vrae ·

Daar is baie vrae rondom die insident.
As die plaaseienaar geskiet het hoekom val die gemeenskap die veiligheidsbeamptes aan?
Wat my opval is dat ‘n Snr afvaardiging ontplooi is om die familie by te staan. Na ‘n plaasaanval of kaping of moord in die stad moet die naasbestaandes maar self klaarkom.

Antoinette de Greeff ·

Ag nee dis te erg. Hoe vinnig ry n trekker dan vandag.

AG ASB ·

Nou word daar n senior afvaardiging gestuur. Voor sy familie vermoor. Dit gebeur daagliks met boere wie gee om.

millie ·

Hoekom word daar nooit “‘n senior afvaardiging” gestuur om die vermoorde wit boere se mense by te staan nie?????

O Wee... ·

O Wee…. al het die man dan nou die trekker gevat sonder om te vra, is dit ook nou nie dat hy sou kon weg jaag van iemand af nie. Dit was dus glad nie nodig om “trigger happy” te raak en te skiet nie

Alida ·

Lees tog die berig asb. Die veiligheidsbeampte het hom geskiet !!!!

CS ·

Op ‘n ander aanlyn nuus platform: “Johannesburg – A 32-year-old farm worker was shot and killed, allegedly by his employer, on a farm in Tarlton, outside Krugersdorp, over the weekend.
Details of the alleged murder were still vague.
However, police spokesperson Captain Kay Makhubela confirmed to News24 that the incident happened on January 6.
“The farmer phoned the police and told them that he shot a farm worker who stole his tractor. The police went to the farm and found the farm worker,” Makhubela said.
Before police arrived, some of the farm workers attacked the farmer and also damaged his vehicle, Makhubela added.
The farmer fled the scene, but handed himself over to the police later on Saturday.

As die woordvoerder van die polisie gese het dit was wel nie die Boer self nie, (en dit word bewys as veiligheidsbeampte) is bo-aanstande die verspreiding van vals nuus en doelgerig daarop toegespits om rassehaat aan te moedig.

Dis dan ook twee heeltemal verskillende woordvoerders??? Gin wonder storie stem nie ooreen.

Hoe dit ook al sy, skade reeds gedoen en my hart sak in my skoene in om te dink aan al die Boere in ons land wat nou ‘n GROTER teiken op hul het.

Sê maar net 1 ·

Jul gaan al meer sulke teenstrydende berigte lees. Net nog ‘n taktiek om boere by te kom en van hul plase af te kry. Wens die ‘trekkerdief’ het nog geleef, dan het die waarheid dalk geseëvier. En vir die polisiewoorvoerder: die probleem is as jy lieg moet jy onthou wat jy gelieg het en sommige het die geheue van ‘n goudvis.

Griki ·

Waarom word daar nooit iemand van Dept Landbou en Landelike Ontwikkeling ontplooi om vermoorde boere se families of boere wat aangerand is by te staan nie?

Sjoe ·

Sjoe ek dink almal moet maar net kalm raak, gee kans dat mens eers die hele prentjie kry. Ek kan nie glo dat iemand sommer net ‘n persoon sal doodskiet nie. Indien wel moet hul maar vat wat vir hul kom. Daar is ‘n paar dinge wat nie klop nie, so kom ons wag maar geduldig en my hare staan ook regop as ‘n Snr bestuurder die familie wil besoek, daar is net te veel misdaad en almal moet dieselfde hanteer word, dit sluit nie net wit boere in nie, ook hul werkers, dit is vir my net so erg as hul ook vermoor word vir ‘n foon of byna niks.

Muffin ·

Kan etenstyd 11.00 wees in die Tarlton omgewing. Wat my aan betref is dit te laat vir ontbyt en te vroeg vir middagete. Die storie dat hy kos wou gaan haal het maak nie sin nie. Diefstal

judycupcake ·

Die berig is swak geskryf en die man het nie meer op die plaas eers gewerk nie! Kry feite reg!

Dissie ·

Judycupcake, lyk my jy het die ware feite. Miskien kan jy uithelp?

Vlooi ·

Mense is tog so vinnig om opinies te lug. Die volle verhaal is nog nie vertel nie, en almal speel speurder, advokaat en politikus. Lees vir artikel, veiligheidswag was verantwoordelik!!!!!! Sover my kennis strek, is veiligheidswagte daar om n spesifieke doel te dien, en dis nie om tee te maak nie.

Hans ·

Wel as een van myfamilie vermoor word en die grote afvaardiging daagop dan draai ek persoonlik hulle nekke om. Soek hul en die kamstige simpatie nie by my nie. Dit is net poletieke speletjies vir hulle gaan nie oor die persoon wat vermoor is of die family wat agter bly nie. Enige moord is grusaam en onnodig.

Kobus ·

Ongelukkig gaan ek nou ook geslag word deur my mede kommentators….maar ons as Blankes moet ook nie net die wet in eie hande neem…of dit die eienaar van die trekker is…of n veiligheidsbeampte…hoe vinnig kan n trekker wegry…vind eers uit wat die rede is…ek se glad nie die plaaswerker was reg…daar kon menige redes wees waarom hy daardie trekker sonder toestemming geneem…daar word gemeld dat hy kos wou gaan haal…dan weet daardie eienaar waarheen hy oppad sou wees….stop en vra die redes…moenie blindelings begin skiet…tot nadeel van jouself,familie en mede Boere…waar in die land ookal….

Boerseun ·

As ek aan geval word deur 6 betreders op my plaas sal Ek hul eers vra wat die rede is voor Ek myself verdedig. Goeie idee

Vermeende ·

Die groot les wat elke wapen eienaar moet leer, as jy die sneler getrek het dan kan jy nie meer van plan verander nie.
Geen boer sal n werker toestemming gee om met n trekker lokasie toe te ry om sy kos te gaan haal nie want trekkers is oor die algemeen nie padvaardige voertuie nie, en het die werker nie geweet hy moes die dag werk en sy kos saambring nie?
Lees mooi, die veiligheidswag het agter hom aan gery maar die insedent het in die oop veld gebeur, die wetter het natuurlik probeer wegry in die veld!

humor ·

Hierdie storie van kos gaan haal en ander dat die vermoorde maar net sy loon gaan vra het is tipies om simpatie te wek en om n boer in die gevangenis te kry, en later kom die eis dat sy grond onteien moet word. Ek glo dit net mooi niks nie!!!!!

Jaco ·

Eerstens, as die eienaar wel die man vertrou het met n voertuig om kos te gaan haal, glo ek nie hy sou die trekker gee. 20km pad met n trekker sal meer as n uur wees. Diesel alby kante toe is ook n R 100 met die trekker. Hy , die drywerr het op die N14 gery. Sou die eienaar nie maar n voertuig gegee het wat makliker kon beweeg op die N14. Hoekom het die drywer even met die trailer gery.

Wynand ·

Het al meer as een trekker verloor deur plaas werker. in die 90’s meer as 50000 skade op een slag. sou ek hom kry sou ek ook skiet. Eiendoms reg is ook ;n reg

Riette van der Merwe ·

Hier is die waarheid :
The farm worker arrived at his previous work place earlier the day, after he had absconded the week before. He was requested to leave the premises after which he became aggressive and got into an altercation with his colleagues. Shortly thereafter the previously employed farm worker claimed that he was the legit tractor driver stole the tractor with a trailer and left from Muldersdrift area to Tarlton, more than 20 kilometres away, where he eventually was shot. He was riding recklessly on the N14, a very busy National Road.

The farm Management requested their security company to trace the tractor after it was learnt that it had been stolen. The security company eventually came upon the tractor and trailer close to the Matshelapad Settlement. After numerous attempts to stop and encourage the illegal driver to pull over by the security company, the driver succumbed to his wounds. The un informed local black Community turned on the security officer because he was white, over turned his vehicle, turned the incident into a racial incident and threatened him.
The former employee illegally took the tractor (without permission) road it recklessly 20 kms on a national road, and refused to stop. The Farmer Owner was not present at any stage, their security company was summoned to retrieve their vehicle. It is a sad day in that irresponsible reporting has fuelled this into a racial incident.

Mariné Lourens ·

Dagsê Riette

Dankie vir jou kommentaar. Lees gerus Maroela Media se opvolgberig oor die voorval hier.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Andre Traut ·

Op een van die ander nuus toepassings het die polisie bevestig dit was n sekuriteits beampte wat hom geskiet het. Ek kan egter by my werk nie net een van die voertuie vat, wat nie myne is nie, en huistoe ry om te gaan kos haal nie. Waarom.nie soggens n kosblik pak nie. En om die gebrek aan besef van geld se waarde te demonstreer, weet hulle nie wat kos n trekker nie??????

Leeu ·

Dis die mindset, as dit daar staan, word dit myne. Kan mos enige iets doen en net sê “ek’s honger” , doodskiet is dalk bietjie ver gevat, maar hy’t die besluit gemaak om n trekker wat nie syne was nie, net te VAT. Dalk leer sy maatjies uit hom uit.

Werner ·

Dalk het die skelm nie gestop toe die manne hom wou aftrek nie en ander mense se lewens bedreig deur roekeloos met die trekker te jaag n trekker kan ook as wapen gebruik word om mense te beseer of te dood

Harry ·

Jy skiet nie na iemand wat van jou af wegvlug nie, want dan moet jy maar die gevolge van ons regstelsel aanvaar en jou pakslae vat. Diefstal regverdig ook nie die doodmaak van die dief nie en geen hof ter wereld sal enige simpatie teenoor so ‘n oordadige mentaliteit van “selfregverding ter beskerming van eiendom” toon nie. Behou jou vuurwapenslisensies ten alle tye deur nie onnodig na ander mense te rig en skiet nie, maar gebruik jou vuurwapen oordeelkundig, sodat jy nie in die moeilikheid kan beland nie. Alle vuurwapens op hierdie plaas is nou heelwaarskynlik deur die polisie gekonfiskeer en die gesinslede is nou weerloos ten opsigte van enige toekomstige wraakaanvalle.

Rediculous ·

Ja wat ons sal maar sit en toekyk hoe hulle al ons eiendom vat, vernietig, uitbrand, ons aanval, ons diere verming en vernietig, met die geweer in die hand. Al hoe jy jou lisensie gaan behou is om niemand te skiet nie. Jy sal dit maar uiteindelik op jouself moet gebruik. Dan kan hulle maar die wapen konfiskeer.

anton ·

Harry……………….waar in die wereld val jy uit???
So bv. as n misdadigers iemand in my huis dood skiet en dan op die vlug slaan, mag ek hom nie skiet om hom te keer van ontsapping nie???
En duidelik weet jy nie wat howe in ander lande doen t.o.v diefstal en of misdaad nie.
Net omrede s.a die skelms beskerm en hulle hier meer regte het as die gehoorsame burgers, beteken dit nie die res van die wereld doen dit ook nie!!!

Mike Kaapstad ·

Voertuig gebruik sonder die eienaar se toestemming………………diesel is vrek duur,,,,,,,,,,,

Bekommerd ·

Ek het nie alles gelees nie maar wat my bekommerd maak, is dat volgens MSN NEWS the Govt sends condolences to the family. Nou wonder ek waarom….ek het nog nooit raakgelees dat die Govt condolence aan die baie vermoorde Boere families gegee het nie. Wie is die rassiste hier?

Piet ·

Dit herinner baie aan is situasie van n paar jaar gelede toe n persoon by n bekende myn ook n trekker “geleen” het. Nadat hy deur veskeie heinings gejaag het kon ek hom buite aksie stel met n klip. Hy het my egter eers probeer dood ry. Die myn het nie die publisiteit gesoek nie en het geen klag gele nie. Ek het ook nie juis n goue medalje gekry nie.

Deon ·

Skade is klaar gedoen!! Weereens dink sommiges dit is die Boer wat verantwoordelik is!

Haasdas ·

Hier is die hele storie, uit die perd se bek “Die eienaar van die plaas en die trekker drywer werk al jare saam. Die eienaar het toestemming aan die trekker drywer gegee om op gerëelde basisse na sy huis te gaan vir middag ete aangesien hy nie ver van die plaas af woon nie. Toe die drywer by die hek uitgaan het die nuutaangestelde sekuriteits bestuurder hom verbied en gesê dat hy nou die nuwe sekuriteit bestuurder is en dat die werker nie die trekker mag neem nie. Die trekker drywer het toe vir die sekuriteits beampte gesê dat hy dit met die plaas eienaar moet uitklaar maar hy gaan nou met ete. Met die het die sekuriteits bestuurder die trekker drywer agterna gesit in sy eie voertuig. Die sekuriteits bestuurder het nie die trekker drywer van die pad af probeer dwing nie hy het hom net koelbloedig agter die kop geskiet”. Soms moet mens maar eers agter die kap van die byl kom voor ‘n mens aantuigings maak. En voor al die “Plaasmoord-Aanhangers” my stenig. Ek is ook ‘n Afrikaner, plaasmoorde lê my ook na aan die hart maar hierdie insident het geensins iets te doen met boere nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.