Plaaswerker in huis aangeval

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in die Vrystaat is op die spoor van twee verdagtes nadat ’n plaaswerker vroeër vandeesweek op ’n plaas in die omgewing van Virginia oorval en aangerand is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê Fred Kutewesa, ’n Malawiese burger, het Maandag omstreeks 19:20 aandete op die plaas Thornriver geëet toe hy die honde hoor blaf het.

Volgens Makhele het Kutewesa ondersoek ingestel en opgemerk dat twee mans besig was om die huis se deur af te breek. “Hy het die eienaar van die plaas gebel en hom daarvan ingelig dat hy aangeval word.”

Luidens die verklaring kon die verdagtes daarin slaag om tot in die huis te kom waarna hulle Kutewesa met ’n stok op die voorkop geslaan het.

“Hy kon daarin slaag om weg te hardloop en weg te kruip totdat die eienaar van die plaas en ander boere [op die toneel] aangekom het om hom by te staan.”

Volgens Makhele is Kutewesa se selfoon, klere, kruideniersware en paspoort gedurende die voorval gesteel.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die voorval by kapt. Amos Mlangeni by 065 808 1202 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Excalibur ·

‘n Bewys dat daar darem nog pligsgetroue en lojale plaasarbeiders is wat nie in die politieke polterspook van die verlede vasgevang is nie maar net sy eerlike brood & botter wil verdien en ‘n positiewe bydrae tot voedselsekerheid in ‘n vredeliewende Afrika gemeenskap wil maak…net jammer dit is nie ‘n Suid- Afrikaanse Burger nie maar ‘n buitelander wat die voorbeeld stel. My verskoning vir ‘n gedeelte van ons Suid-Afrikaanse volk wat nie respek vir die samelewing het nie maar WELGEDAAN met jou optrede Fred en ek hoop en bid vir beterskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.