Plaaswerker kom op jong vrou se liggaam af

Die polisie op die toneel. Die foto is digitaal gemanipuleer om die liggaam te verbloem. Foto: Verskaf

ʼn Plaaswerker het Maandag op die liggaam van ʼn jong vrou afgekom langs ʼn pad in die Heidelberg-omgewing in Gauteng.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die vrou, tussen 25 en 35 jaar oud, se liggaam is langs die R550 in die Rooikraal-plaasgebied aangetref.

“ʼn Plaaswerker het omstreeks 07:00 op haar liggaam afgekom en dadelik die polisie ontbied. Die vrou se liggaam het kneusplekke regoor oor die lyf gehad en haar gesig was geswel,” het Tshilate gesê.

Die polisie vermoed die vrou is elders aangerand en vermoor, waarna haar liggaam langs die pad gestort is.

Sy het geen bewys van identiteit aan haar gehad nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom om te help om haar uit te ken.

“Die vrou het ʼn ligte gelaatskleur en is omstreeks 1,6 meter lank. Sy het lang hare en is middelmatig gebou. Sy het ʼn swart bloes aangehad met groen, geel en pienk blommetjies op. Sy het pienk onderklere aangehad.”

Enigiemand wat moontlik weet wie die vrou is of wat meer inligting oor haar moord het, word versoek om die naaste polisiestasie of Crime Stop by 0861 10111 te bel.

Die polisie op die toneel. Die foto is digitaal gemanipuleer om die liggaam te verbloem. Foto: Verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

AL ·

Ai terwyl numba 1 net belangstel in sy eie bas en sy maatjies, moet die landsburgers maar krepeer onder wetteloosheid, armoede en hoë werkloosheid. Ag mag ons maar verlos word….

Rika ·

Ek kan nie verstaan hoekom Maroela dit nodig ag om die vrou se kleur van haar onderklere ook te noem nie. Sy is vermoor en langs n pad gegooi, betoon bietjie respek aan haar. Dis nie asof iemand haar aan haar pienk onderklere gaan uitken nie.

ES ·

Rika, enige inligting kan help met identifikasie. Ek beskou dit nie as onsensitief nie.

aijai jai ·

Uit ‘n ondersoek punt, is dit uiters belangrik om soveel detail deur te gee. Daar is geen naam of vermiste, so asb wees rustig. Dalk weet haar man watter kleur onderklere en die bloes .

sylvia ·

Plaas noem hulle haar vel kleur, wit, swart of bruin. Ligte gelaatskleur beteken vir my niks.

CR ·

Ek stem met Es saam. Onthou, hoe meer inligting hoe beter. Ek ervaar dit nie as oneerbiedwaardig nie

Kosie ·

Dis nie asof sy net nog haar onderklere aan het nie. Die persoon wat kwansuis sou weet watter onderklere sy aanhet sou ook weet watter bloes sy aangehad het. Elke tweede vrou dra in elk geval pienk onderklere.

Blom ·

Kleur van hare sou nog meer help. Julle sê ligte gelaatskleur en langhare..

not in wonderland ·

Foeitog. Dis so treurig, so tussen die kosmosse ook nog.

Marie ·

Hoekom se hulle nie swart, wit, indier of kleurling of wat ook al nie. Die beskrywing is verwarrend. Hoe moet mens nou weet of dit iemand is wat jy ken met daai beskrywing.

Anel ·

Marie, ek syem saam met jou. Maar nou moet ons mos “polities korek” wees.

danie ·

Ai mense, die paar goed wat hulle noem sal help om haar te identifiseer , as jy iemand vermis dan sal die kenmerke sin maak, as dit nie sin maak nie dan ken jy 10 teen 1 nie die persoon nie dan hou jy maar verby. Dis mos nou eenvoudig is dit nie

Estelle ·

Maar die kleur van hara onderkleure word as belangrik geag….. Gaan mens se verstand te bowe.

trevor ·

hulle neem afdrukke maar doen niks daarmee nie omdat teveel vlugtigling hier woon wat nie passport en ID het nie…….. al wat hulle se hoe lyk sy gesig , is die person lank of kort , is die person vet of maer, watter kleur klere dra hulle. dit wat hulle se.

Spook ·

Dankie Danie, dit is eenvoudig soos dit. Vrouebs loop in bikini’s rond. Wat is die probleem tog mwt onderkleure. As haar man haar vermis sal dit sin maak.. Die pienk onderkleure en swart bloes… Nee mense kom by daars erger euwels daar buite as pienk onderkleure.

Elma ·

Bly in aftree oord om veiliger te wees dan sien mens sulke berigte al meer en meer. Ai!

trevor ·

aftree oord is nie veilig nie. daar was nuus onlangs paar dae terug dat die ou mense vermoor in aftree oord

Chris ·

Beskrywing is eintlik vaag. Gladnie onsensitief nie. Seeker verkeerd om te se of die vrou blank of swart is?!

oumie ·

Vingerafdrukke enige bewyse soos sigaret stompies enige DNA onder vingernaels of sy dalk verkrag is sorry ek try net weer die sapd help ons almal weet hoe goed ( sleg ) is hulle om n volledige ondersoek te doen direkte ras sou ook gehelp het hoop nie sy was n prostetuut nie sulke gevalle is baie moeilik want families weet gewoontlik nie waar hul kinders is nie hopenlik is daar alklaar iemand wat n vermiste persoon aangemeld het RIP dame

Joe ·

Daai dinge vat tyd. Forensies is 3 maande agter. Moet haar geliefdes so lank wag vir feite as leidrade nou die probleem kan oplos?

Joe ·

Glo my die s.a.p.d sal verseker na al die leidrade op en om die liggaam kyk. Stem saam met almal dat ligte gelaats kleur nie veel beteken nie. Klere is belangrik. Hulle noem die onderklere omrede sy dalk net n bloes en onderklere aangehad het toe hulle die ligaam gekry het. Maar waar gaan ons land heen. Elke dag net moord en doodslag.

Jordaan ·

Totaal belaglik dat ras of etnisiteit nie genoem word nie. Beskrywings van slagoffers en misdadigers beteken niks.

EvW ·

Weet nou nog nie of sy wit swart of watter groep sy is nie……

Carina ·

Almal gaan so aan omdat hulle nie se wit, swart, kleurling of wat ook al se ras nie, maar net noudie dag het mense n eier te le gehad toe hulle wel se dat die liggaam van n wit man gekry is, toe wou almal weet hoekom daar nou juis gese is dis n wit man!!!! Mense weet ook nie wat hulle soek nie. RIV jong vrou.

Amandie vd Merwe ·

Afhangend van hoe lank die persoon dood is, kan die gelaatskleur verander agv ontbinding en kan n wit mens maklik Indies lyk. Of n swart mens kan ligter wees.

Tian ·

Kleur hare? Kleur oë? Broek aangehad? Kleur vd broek? Skoene? Hulle kan maar sê dis ‘n wit vrou…

Mark ·

hoe meer en voledig inligting is … wel dink vir jouself hoe beter helooo

Deon ·

Om nou te bang te wees om te sê blank of swart is belaglik!! Ligte gelaat sê niks, en lang hare ook nie!! Wat sou lang plastiese hare genoem word???

PI ·

Sy was heel moontlik van Alberton. Ek het Sondag oggend so ‘n wit meisie saam met ‘n swart man naby die taxi staanplek, onder in Alberton, Ringpad-Wes sien loop. Moontlik dwelms en/of prostitusie betrokke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.