Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 30 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem.
“Babanto Chauke (38) en die twee mans het glo in ‘n onderonsie betrokke geraak waarna die twee Chauke glo met lemoene bestook het tot hy dood is.”
Chauke en die twee mans het saam op die plaas Lakota gewerk.
Die twee verdagtes sal Woensdag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.
Tzaneen? Nie Owamboland waar daar nie ñ klip in sig is nie?
wow die storie betwyfel ek, seker ‘n ton lemoene!
…met lemoene…dis ‘n nuwe een…