Plaaswerker met lemoene doodgegooi

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n werker met lemoene doodgegooi het op ‘n plaas buite Tzaneen in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 30 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem.

“Babanto Chauke (38) en die twee mans het glo in ‘n onderonsie betrokke geraak waarna die twee Chauke glo met lemoene bestook het tot hy dood is.”

Chauke en die twee mans het saam op die plaas Lakota gewerk.

Die twee verdagtes sal Woensdag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.