Plaaswerker sit lank ná verkragting, moord

James Olyn tydens vonnisoplegging op 25 November 2014 in die Noord-Kaapse hooggeregshof Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD in die Noord-Kaap

James Olyn tydens vonnisoplegging op 25 November 2014 in die Noord-Kaapse hooggeregshof Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD in die Noord-Kaap

James Olyn (24) is Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting en moord.

“Olyn is ook ʼn bykomende agt jaar tronkstraf opgelê vir diefstal,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die 21-jarige vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is verlede jaar op 7 November van haar selfoon beroof voordat sy verkrag en vermoor is.

ʼn Visserman het haar halfnaakte liggaam die volgende dag in ʼn rivier naby Hopetown opgespoor waar dit gedryf het. Haar enkels is met haar swart spanbroek vasgebind.

Olyn is op 18 Oktober by sy werk op ʼn plaas naby Upington in hegtenis geneem. Hy het die slagoffer se selfoon in sy besit gehad. Sy borgtog is teengestaan en hy was sedertdien nog in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.