Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die werker was omstreeks 12:50 besig om met ʼn trekker en grassnyer gras te sny toe hy deur ʼn swerm bye aangeval is.
“Hy het van die trekker afgespring en probeer weghardloop. Die trekker het ʼn implement wat die gras sny gesleep en die man het gestruikel en onder dié implement beland,” het Mathe gesê.
Paramedici is na die toneel geroep, maar die man was reeds dood. Die naam van die oorledene kon nog nie bekendgemaak word nie.
Dit is baie tragies. Die aanvalle van bye (“killer bees”) vind deesdae al meer plaas. Dit is kommerwekkend.
As ek John Deere was het ek n saak gemaak,elke berig van een of ander ongeluk wys hul die fabrikaat naam op daai ou trekker
John Deere is tops, juis die dat die prentjie gebruik word :) sodat ons in die dorpe beter verstaan, want kom trekkers nie net in groen nie :)