Plaaswerker sterf op plaas

Argieffoto: Maroela Media

ʼn 32-jarige plaaswerker is Woensdagmiddag op ʼn plaas dood nadat hy verskeie beserings in ʼn beweerde fratsongeluk opgedoen het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op ʼn plaas in die Kamberg-omgewing in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel was die pasiënt ʼn plaaswerker. Hy het glo in die bakgedeelte van ʼn stootskraper gery toe hy per ongeluk uitgeval en direk in die pad van die bewegende voertuig geval het,” het Dollman gesê.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man vir hartstilstand behandel. Noodhulp is op hom toegepas en hy is aan ʼn ventilator gekoppel.

“Ongelukkig was alle pogings onsuksesvol en is die man op die toneel dood verklaar.”

Die polisie was op die toneel en het bystanders en die bestuurder van die stootskraper ondervra. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

Stootskraper = “bulldozer”Klink eerder na n laaigraaf of heel moontlik n “TLB”(TRACTOR LOADER BACKHOE).

Paul ·

Ja nee. ‘n Stootskraper het nie ‘n bak waarin iemand kan ry nie. Dit het ‘n plat, vertikale “lem” waarmee dinge gestoot kan word of waarmee grond platgestoot of geskraap kan word. Dit is gewoonlik ‘n kruiptrekker en ry nie op wiele nie.
‘n Laaigraaf is soortgelyk, maar het ‘n bak waarmee dinge opgetel kan word of gate meer gegrawe kan word, soms met ‘n groot, breë bak voor en ‘n kleiner een agter wat meer kan artikuleer. Dit is gewoonlik ‘n voertuig wat op gewone rubberbande ry.

Neels ·

Hy was nie die eerste een wat daar in gery het nie en sal ook nie die laaste en wees nie.Mens sien daagliks hoe werkers onverantwoordelik met sulke tipe voertuie en toerusting optree ten spyte van werkgewers se daaglikse inligting sessie i.v.m met veiligehantering van masjinerie en toerusting. Die dag as iets ernstigs gebeur is dit die werkgewer se skuld en moet hy pa staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.