Plaaswerker vas vir moord op Smithfield-boervrou

Arthur en Poenkie Bissett (Foto: Facebook)

ʼn 43-jarige man wat saam met twee ander verdagtes Maandagaand in verband met die moord op Poenkie Bisset (73) van Smithfield in die Vrystaat in hegtenis geneem is, was ’n voormalige plaaswerker van die gesin.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het bevestig die plaasweker is laataand by sy huis in Greenfields in Smithfield vasgetrek. Hy was in besit van items wat moontlik aan Poenkie behoort het.

“Oorbelle, ’n trouring en kontant is in die verdagte se besit gevind,” het Makhele vroeër gesê.

Die ander twee verdagtes, onderskeidelik 38 en 44 jaar oud, wat ook Maandag in verband met die moord in hegtenis geneem is, sal Donderdag saam met dié plaaswerker in die Smithfield-landdroshof verskyn op aanklagtes van roof met verswarende omstandighede, moord en diefstal.

Soos vroeër berig is Arthur Bisset Maandagoggend omstreeks 07:30 uit die plaashuis om na nabygeleë krale te gaan en sy daaglikse take te verrig. Poenkie het glo vir hom gesê dat sy eers die wasgoed gaan klaarmaak waarna sy dorp toe gaan.

Arthur het omstreeks 11:30 na die plaashuis teruggekeer en Poenkie langs haar motor op die grond aangetref. Die motor was langs die huis geparkeer. Sy was net op pad dorp toe.

Die huis was gesluit en die voertuig se sleutels, die huissleutels en haar selfoon is by haar gevind waar sy op haar maag op die grond gelê het.

Dit lyk asof Poenkie met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek is. ʼn Nadoodse ondersoek moet egter nog die presiese oorsaak van dood bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maggies ·

So sal huishulpe en tuinwerker aangaan tot niemand meer iemand in diens sal neem nie. Dan krepeer die goeies omdat die slegtes ons te bang maak om te vertrou.

Samuel ·

Arthur, sterkte in hierdie donker uur. Mag geregtigheid gou geskied.

Anel ·

En steeds is die regering stil. Want dit is mos ie ‘n virusverwante siekte nue. Baie stetkte aan die familie. So onnodig.

Blomme ·

So tragies dat mens se lewens niks meer werd is in hierdie land. Mag die skuldiges verrot in die tronk.

Coolbanana ·

Boere, wees gewapen ten alle tye. Die wat jy vertrou is juis wie jou sal doodmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.